Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post Reply
Fritz de Jager 3
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Fri Aug 10, 2012 4:16 pm

Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Fritz de Jager 3 »

Middag Almal
Ek stel belang om vir my een van die .260 Tikka te koop maar is nie seker watter een om voor te gaan nie. Ek wil die geweer gebruik vir veldskiet sowel as om aan kompetisies deel te neem.Sal julle vir my asb julle mening gee rond om dit.

Baie dankie

Groete
300 WSM
6.5 CREEDMOOR
.22 BRNO
.38 Special
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by 243Songdaug »

Eland, vir die Veldskiet en ook baanskiet sal die Supervarmint na my mening die beter opsie wees.  Ek verkies stainless Steel enige dag bo molychroom lope.
Dont tell me, show me......
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Drenalinjunkie »

Die aksie en loop is dieselfde in terme van groote ens. Materiale verskil soos julle weet. Die sporter het wel n baie beter kolf!!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Arnold »

Ek sou die super varmint vat sonder twyfel!

Hierdie is die akkurate spoed wat jy min of meer behoort te kry met die geweer:
107/8gr @ 3100 fps
123gr @ 2820 fps
140gr @ 2740 fps
Fritz de Jager 3
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Fri Aug 10, 2012 4:16 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Fritz de Jager 3 »

Baie dankie Songdaug,Drenalinjunkie en Arnold vir die terug voer. Ek hou self baie van die Sporter se kolf. Arnold dink jy ek is op die regte pad om die .260 roete te gaan ? Dankie vir die inligting oor die spoed van die verskillende punte. Ek wil die rigting van die 140 g gaan want wil graag met die geweer oor langer afstande ook skiet tot en met selfs 800 meter. Is daar nog redes hoekom julle die varmint bo die Sporter sal verkies of is dit maar net te doen met die materiaal van die lope ?
300 WSM
6.5 CREEDMOOR
.22 BRNO
.38 Special
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Arnold »

Die varminter het n swarloop teenoor die sporter profiel ban die hunter.

Vir die langer afstande is die 140gr definitief die regte keuse.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Geno »

Arnold wrote: Die varminter het n swarloop teenoor die sporter profiel ban die hunter.
Arnold,
Ek dink jy misgis die Sporter met die Hunter.....

Hunter:
[img width=560 height=157]http://www.tikka.fi/images/t3/hunter.jpg[/img]

Specs: http://www.tikka.fi/pdf/specs/Hunter.pdf

Sporter:
[img width=560 height=157]http://www.tikka.fi/images/t3/sporter.jpg[/img]

Specs: http://www.tikka.fi/pdf/specs/T3_Sporter.pdf
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by BLOK »

OOOoo!! dis mooi, wat is daai cheetah se looplengte.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Arnold »

Sorry, jy is reg en my kop is deurmekaar.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Geno »

BLOK wrote: OOOoo!! dis mooi, wat is daai cheetah se looplengte.
In die spec sheet wat ek aangeheg het dui hulle dit aan as 20", en 24".
Kalibers: 222 REM, 223 REM, 6.5x55 SE, 260 REM, 308 WIN
Goed, beter, 6millimeter!
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Drenalinjunkie »

Ek het die eerste sporter wat in SA ingevoer was. Dis n 6.5x55 en dis n besondere geweer. Skiet enige lading onder n duim op 100m.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Arnold »

Ek sou die 6.5x55 vat in plaas van die 260 Rem!

Hierdie is die akkurate spoed wat jy min of meer behoort te kry met die 6.5x55:
107/8gr @ 3150 fps
123gr @ 2930 fps
130gr @ 2890 fps
140gr @ 2840 fps

Die super varmint kry steeds my stem. Die sporter lyk regtig nice.
Die rede hoekom ek die 6.5x55 kies is as volg: Die Tikka het 'n standaard lengte aksie, hoekom wil jy hom nou beperk tot 'n ronde wat in 'n kort aksie pas. Dan is die performance op die 6.5x55 effens beter terwyl loop leeftyd seker baie eenders gaan wees.
Fritz de Jager 3
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Fri Aug 10, 2012 4:16 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Fritz de Jager 3 »

Arnold ek sien jy kry die .260 sowel as 6.5x55 in n Super Varmint sowel as in die Sporter model.Ek het self nou begin op lees op die 6.5x55 en almal praat net goed van die geweer. Ek sien jy beveel die 6.5x55 aan bo die .260 oor die langer kamer lengte. Dit maak vir my heel te mal sin want ek het dit gesien by n vriend van my se geweer wat skiet met n 6.5x57.
300 WSM
6.5 CREEDMOOR
.22 BRNO
.38 Special
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Arnold »

Ek het self 'n 260 Ackley wat omtrent dieslefde dopkapasitiet/performance as die 6.5x55 het. Baie nice!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Tikka T3 Sporter .260 VS Tikka Super Varmint .260

Post by Piet Breedt »

Manne, as jy nog nie met daardie Tikka T3 Sporter kolf geskiet het nie, het jy nog nie met die "ultimate" baanskiet kolf geskiet nie. Drie van my pelle het sulke gewere in .260 Rem, en ek moet s?, ek het nog nooit met n groot geweer geskiet wat se kolf my so goed pas vir skiet uit verskillende skietposisies nie.

Hy is gemaak om op n baan te skiet.
Post Reply