Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dai Winchester gunne is flippen smart! Baie mooi geweer, lekker dik loop wat die roer so bietjie swaarder maak en dan natuurlik die lekker reguit kolf wat alles lekker help met die recoil. Die mauser-tipe control-feed aksie spreek vir homself.
Daar is basies geen verskil tussen die twee gewere nie. Albei besit die eienskappe wat ek nou genoem het. By ons kos albei roere R18 000. Die verskil is wel soos jy genoem het, die CZ kom klaar in die Lott en die Win kom net in die WinMag.
As jy n 458Lott soek sou ek se koop die CZ. Al rede is jy gaan R8000 spaar want dis min of meer wat dit jou gaan kos om die ombouing te doen op die Winchester, mits jy n reamer geleen kry.
Nog n ding, die CZ vat verseker 5x Lott rondtes onder in die magasyn. Van die Win70 is ek nie doodseker nie en ek kry dit ook nie op hulle website nie...
Die Winchester is verseker n looker en hy werk 101% sonder enige enige probleme. Die CZ is n meer plain geweer, maar ek moet se jy kry defnitief meer "Bang for your Buck" as jy die CZ koop. My beskeie opinie....
Velskoen, soos jy noem.
Terwyl jy groot roer soek, hoekom bou jy nie een van daai om in n 450 Rigby?
So effens meer oemf as n Lott
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
Stefan: Die Winchester vat verseker net 3 in die magasyn, dit is 'n feit en natuurlik 'n oorweging. Ek verstaan dat die ombouing nie 'n groot een is nie. Het julle smid daar nie 'n reamer nie? Ek het gedink om by julle te koop en sommer die ombouing te doen voordat ek die lisensie aansoek indien. My vraag was meer gemik op betroubaarheid van die ombouing, maar jy se hy werk 101%. Soos ek se, al my roere is model 70's, ek sal maar eers die CZ gaan toetsbestuur voor ek behoorlik kan besluit.
Vince, man jy maak my kop nou deurmekaar! Of 'n 458 3" Express? Waar trek ek die lyn? 700 Nitro?
Ek droom lekker, maar die projek sal moet oorstaan tot die nuwe jaar. Ek het 'n gesin wat eers vir 'n maand by die see wil gaan rondle en pa moet betaal.