Etiese jag??

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Etiese jag??

Post by Cobus(Cobb) »

Nee, relax, dis nie weer die bakkiejagters of "204 op eland" of bok op 600m of so iets nie...

Hier is die scenario....

As my plaas so l? dat die naaste, beste plek vir 'n hide of soutlek of water, van so aard is dat ek my buurman/staats plaas/ of die pad of dalk Internasionale grensdraad, van daar af kan sien, en ek 1)sien of 2) glo dat die wild oor of onderdeur die draad kom, is dit dan nog eties om te skiet??

As jy wild in die pad kry oppad jagplaas toe...mag jy skiet? as wie s'n tel dit?...as jy hom met die kar trap, mag jy die Rowlandward horings vat??

'n Wildsplaas word terug geneem deur 'n grondeis en na 'n jaar of twee is daar nokkol oor behalwe wild,.... huise en als weggedra, brandpaaie toegegroei en grensdrade op plekke verwyder vir "scrapmettal"...mag jy/sal jy deur die bietjie bestaande draad jou droom Koedoe skiet?...of dalk die wild oorlok met soutlek/water/lusern, en dan skiet??

Ek luister graag
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Etiese jag??

Post by Sarel »

'n Grensdraad bepaal meestal jou verhouding met jou buurman. (Ek glo so).

Goeie grensdraad  = goeie verhouding

Slegte grensdraad = slegte verhouding

Ek sal aanneem daar is nie water op die buurplaas waar "nokkel" aangaan nie. So ek sal nie skuldig voel om hulle te lok nie.

Om te skiet?  Nee

Dis maar my persoonlike opinie
Last edited by Sarel on Mon Sep 10, 2012 1:56 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Etiese jag??

Post by Cobus(Cobb) »

Sarel, ek sien die manne is skrikkerig om saam te gesels...dalk 'n paar gewetes wat pla?? ;D

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Etiese jag??

Post by tau »

Om te steel van 'n dief/luiaard/useless suurstofdief  bly steeds steel.

As dit jou diere is wat deur gegaan het lok hulle terug. As dit nie jou diere is nie los uit die blinde sambok slaan hard.

Langkamp jag werk lekker tot daai trigger happy Reservis met die LM5 in jou pad staan met sy vrinne.

Cobb ek was al by dat 'n 50' Kudu die draad voor ons spring en toe op die buurplaas staan. Die boer het mal geraak en wou so graag die bok skiet en duur sleep, maar hy het besef dit sal nie lekker wees as hy opdaag en sy buurman daar vind besig om 'n bok duur te sleep nie. Ons het al Leeus gespoor en waar hulle toe oor 'n rivier is en doodgerus aan die anderkant in 'n ander land vir ons le en lag en was daar ook BITTER getemptuur. Albei keer was daar oomblike wat die skote amper geloop het ek erken, maar mens moet altyd aan jou eie respek en beeld dink.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Etiese jag??

Post by Francois Briedenhann »

Ek moet se ek het al n paar kudu's geskiet wat ek ook "gelok" het van die buure se grond en eks eerik. Maar as dit ander soorte wild is wat aan hom behoort dink ek is dit n ander saak.As die man nie warry oor sy wild nie en daars nie water nie sal ek iets da aan doen...

Groete FB
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Etiese jag??

Post by Eugene »

Cobb, ek was die naweek saam met 'n vriend na sy plaas in die Oos Kaap. Daar is net takbokke op die plaas en dis gewone beesdraad, nie wildsheining nie. Daar is nie tans werklik bedrywighede op die plaas nie, want dis 'n boedel ding en alles is nog nie behoorlik afgehandel nie, daar is net een werker (wat voor die groot vloed gebore is...) wat maar probeer om 'n ogie te hou...

Nou ons het verskeie vars en ou spore gesien van die bure (en ander mense...) wat sleg daar poach. Sit Vrydagaand by die vuur en sien ligte op die plaas, ongelukkig (of gelukkig...) ry ons met die ligte aan en die mense sien ons en ry vinnig weg, knip net die ketting by die hek en ry weg....!!! :o :o :o

Nou wil ek weet: Wat is die verskil tussen 'n takbok/springbok/rooibok/koedoe poach by 'n wildboer en om 'n skaap of 'n bees by 'n veeboer te steel?

Ek wonder of sal dieselfde manne wat so lekker poach en dit as "sports" sien, nog so lekker sal lag as ek so 5 van sy skape kom haal, ook vir die "sports".... 8)

En verder, as ek jou lammers op die "langplaas" laai, is dit nog "almal s'n as hulle in die pad loop" of is daar 'n verskil tussen wild en vee?

Dis maar my 2c...

Ek het goedkoop skaaptjops, as iemand belangstel.... ;) 
Aim small, miss small
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Etiese jag??

Post by Cobus(Cobb) »

Eugene wrote: Ek het goedkoop skaaptjops, as iemand belangstel.... ;)
Wat jy waar kry? ;)

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Etiese jag??

Post by tau »

Cobb wrote:
Eugene wrote: Ek het goedkoop skaaptjops, as iemand belangstel.... ;)
Wat jy waar kry? ;)

Cheers
Ek eet nooit weer gesteelde skaap nie vreeslik sooibrand gekry laas.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Etiese jag??

Post by Eugene »

Cobb wrote:
Eugene wrote: Ek het goedkoop skaaptjops, as iemand belangstel.... ;)
Wat jy waar kry? ;)

Cheers
Langplaas.... Net daar rondgeloop en verlore gelyk en toe self agter in my bakkie geklim 8)
Aim small, miss small
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Etiese jag??

Post by Cobus(Cobb) »

Eugene, ek hoor jou.....

Laaste dag van jou jag, jy het alles behalwe daai trofee koedoe waarvoor jy heel jaar spaar...daar wragtag loop hy....net duskant die draad op die "grondeis" plaas waarop daar 'n jaar laas menslike lewe te siene was.....jy ontlaai en gaan huistoe??... :angel:

Ek dink om jou bure se wild te poach is baie boos en jy hoort 7 houe oor die niere met 'n stomp graaf te kry...skaap, wild, bees dit bly steel, maar is daar nie dalk bietjie meriette in om daai koedoe (wat elkgeval elke dag tussen die 2 plase rondloop) te skiet nie?? .....minute later spring hy oor....dan skiet jy??

Wat s? julle manne?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Etiese jag??

Post by Eugene »

Cobb wrote: Eugene, ek hoor jou.....

Laaste dag van jou jag, jy het alles behalwe daai trofee koedoe waarvoor jy heel jaar spaar...daar wragtag loop hy....net duskant die draad op die "grondeis" plaas waarop daar 'n jaar laas menslike lewe te siene was.....jy ontlaai en gaan huistoe??... :angel:

Ek dink om jou bure se wild te poach is baie boos en jy hoort 7 houe oor die niere met 'n stomp graaf te kry...skaap, wild, bees dit bly steel, maar is daar nie dalk bietjie meriette in om daai koedoe (wat elkgeval elke dag tussen die 2 plase rondloop) te skiet nie?? .....minute later spring hy oor....dan skiet jy??

Wat s? julle manne?
Ek weet nie Cobus, hier agter die rekenaar gaan ek s?: Dis verkeerd en oneties en hoe gaan jy met jou gewete saamleef!!! :police:

Maar daar in die veld, laaste middag van die jag, almal het geskiet en jy is nog leeg... Dan gaan ek s?: Dis beter om na die tyd verskoning te vra, as om voor die tyd toestemming te kry.... :angel:

Moelike vragie.... Hoop maar dit gebeur nie met my nie...

Groete
Aim small, miss small
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Etiese jag??

Post by Sarel »

Cobb wrote:
.....minute later spring hy oor....dan skiet jy??

Wat s? julle manne?
Wag dan 'n paar minute dat hy spring?  ;)
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Etiese jag??

Post by Francois Briedenhann »

Ek gaan weereens eerlik wees....Ek sal skiet!!Weet hier is nou weer paar manne wat n prob gaan gooi op die een.Ek weet dis nie reg nie maar daai KUDU BUL is niemand se bok nie?Behalwe as hy toe gekamp is.Ja maar hy staan in die buure se grond wat n jaar laas op sy plaas was....Skoot sal loop.Ai dis n moeilike een om te antw.Net gou een vraag wat van die jakkals wat in die buure se grond staan en vir jou kyk?gaan jy maar vuilig maak en vir hom kyk soos hy vir jou kyk?

Groete FB 
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Etiese jag??

Post by matewis »

Ek dink ek sal ook moet bieg en s? dit sal moeilik wees om nie daai kudu te skiet nie... soos Cobb die situasie geskets het. Adrenalien doen snaakse dinge met 'n man in die hitte van die oomblik.

Al gaan die draad nie oor bakkie-skiet of 204's nie, is die beginsels vir my dieselfde. Neem 'n besluit en plaas jou in die ander man/kamp se skoene. Indien jy nie sal wil h? iemand moet dit op jou grond doen nie het jy jou antwoord. Ongelukkig het almal nie dieselfde beginsels nie en sekere dinge is vir party mense taboe wat vir ander net onskuldige pret is.

Solank ek die aand my koppie kan neerle en met lekker herinneringe aan die biltong smul is dit genoeg vir my.

Maar daar sal 'n tyd en 'n plek kom wat ons elkeen 'n call moet maak, en moontlik tussen ons beste pelle van baie jare. Om dan op jou beginsels te staan is die ultimate toets. "Wat sal hierdie een ou bokkie nou saakmaak?" Dit kan dalk jou persoonlike ervarings in die jagveld vir die volgende paar jaar versuur.

Lekker draad Cobb, ek is mal oor hierdie goed. Hier leer ons mekaar werklik ken. Amper soos in die konsistorie  ;)
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Etiese jag??

Post by Herman Venter »

Francois Briedenhann wrote: Net gou een vraag wat van die jakkals wat in die buure se grond staan en vir jou kyk?gaan jy maar vuilig maak en vir hom kyk soos hy vir jou kyk?

Groete FB
Natuurlik, dit is dan nie my jakkie nie!! Hehe nee dit is n goeie vraag! En ek glo mense gaan s? dit is iets anders maar as mens mooi dink is dit nie! Dit bly steeds buite jou grond en skiet oor die draad! FB , jy weet ek vind dit ook maar moeilik! Maar kyk ek dink daardie boer van die buur plaas gaan goed die m@#r in wees as hy jou sien 'n kuku onder deur die draad sien sleep!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Etiese jag??

Post by visstok »

So vraagie van my kant af. As jou gekoopte springbokke besluit hulle loop die hele wereld vol, by jou buurman ook en hy skiet ook te lekker onder hulle, is dit nog verkeerd om een in sy veld te skiet? As jy takbokke ingesit het en bure plant groen voer en lok hulle na hulle toe en skiet heel jaar deur onder hulle, is dit nog verkeerd om een in buurman se veld te skiet? Na jou bure so lekker aan jou bokke smul, is dit verkeerd om die ribbok wat natuurlik voorkom in sy kant van die draad te skiet? Hoor graag julle menings!

Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
Zack Benade

Re: Etiese jag??

Post by Zack Benade »

Visstok

Ja ek dink dis verkeerd. 
As jy die takbokke ingesit het, hou hulle op jou grond.  As hulle agter voer aanbeweeg is dit soos trek koedoes en trek springbokke---Niemand sin behalwe die ou wie se grond hulle op die oomblik is.  :police: :police:
Jou buurman stuur immers nie vir jou 'n maandelikse rekening vir die vetmaak van jou takbokke nie.
s dit verkeerd om die ribbok wat natuurlik voorkom in sy kant van die draad te skiet?
Jy weet ek ken hierdie antwoord.  Ja dis verkeerd.  Hoe sal jy voel as almal jou ribboke op jou grond kom skiet, aan jou kant van die draad? Laat weet as ek moet kom kuier. :P :P :P

Alles gaan terug na eerslikheid en respek vir jou bure.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Etiese jag??

Post by Francois Briedenhann »

Zack

Nou wat as jy n jakkels\rooikat in die buure se grond kry?Jy mag hom mos nie skiet nie want dis in jou buure se grond. Ons buure skiet gladnie!NIKS!!! So hy sal nie davan hou as ek die jakkels in sy grond skiet nie maar ek wil nie kyk hoe daai selle dier my skade aandoen nie?Maar ek mag nogsteeds nie skiet in sy grond nie hoe maak mens dan?

Groete FB
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Etiese jag??

Post by Eugene »

Herman Venter wrote:
Francois Briedenhann wrote: Net gou een vraag wat van die jakkals wat in die buure se grond staan en vir jou kyk?gaan jy maar vuilig maak en vir hom kyk soos hy vir jou kyk?

Groete FB
Natuurlik, dit is dan nie my jakkie nie!! Hehe nee dit is n goeie vraag! En ek glo mense gaan s? dit is iets anders maar as mens mooi dink is dit nie! Dit bly steeds buite jou grond en skiet oor die draad! FB , jy weet ek vind dit ook maar moeilik! Maar kyk ek dink daardie boer van die buur plaas gaan goed die m@#r in wees as hy jou sien 'n kuku onder deur die draad sien sleep!

Groete
Herman
My ondervinding is dat die buurman jou gaan m@%r as jy NIE die jakkals op sy grond skiet nie! Met kudu's is dit bietjie anders.... Darem lanklaas gehoor van 'n kudu wat skaap vang :angel: :angel: :angel:
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Etiese jag??

Post by Zack Benade »

FB
Nou wat as jy n jakkels\rooikat in die buure se grond kry?
Respekteer jou buurman se besluite op sy grond. As hy niks wil skiet nie,dan is dit sy besluit, Dis sy grond.  Hy forseer nie sy besluit op jou grond af nie.  Dis klein dingetjies soos dit wat swak buurmanskap tot gevolg kan h?.  In hierdie tye van Moord en doodslag op plase moet die boere en bure saamstaan en mekaar se besluite eerbiedig.
My ondervinding is dat die buurman jou gaan m@%r as jy NIE die jakkals op sy grond skiet nie! Met kudu's is dit bietjie anders....
Ek ondervind dit ook so.  Deur vooraf te praat oor dinge maak alles net beter.  Praat met jou buurman oor probleme.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Etiese jag??

Post by Francois Briedenhann »

Ek verstaan wat julle manne se. Ek sien dit dalk vekeert ons plant nie lusern nie...Maar se nou ek plant  en die boer langs my boer met skaap en ek skiet die kudu wat my lusern vreet wat nou in sy kant gestaan het en hy skiet die jakkels wat sy skaap vang in my kant? Hoe sien mens dit dan?

Groete FB
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Etiese jag??

Post by Eugene »

Francois Briedenhann wrote: Ek verstaan wat julle manne se. Ek sien dit dalk vekeert ons plant nie lusern nie...Maar se nou ek plant  en die boer langs my boer met skaap en ek skiet die kudu wat my lusern vreet wat nou in sy kant gestaan het en hy skiet die jakkels wat sy skaap vang in my kant? Hoe sien mens dit dan?

Groete FB
FB, jakkals is 'n probleemdier vir 'n ou wat met skape boer. Kudu is nie 'n probleemdier vir 'n ou wat met lusern boer nie.

Maak dit vir jouself baie maklik: As iemand anders dit wat jy nou beplan om te doen, aan jou doen, hoe sal jy daaroor voel? As jy nie daarvan gaan hou nie, moenie dit doen nie! Finish en klaar!
Aim small, miss small
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Etiese jag??

Post by Francois Briedenhann »

Eugene

Ek het nie gese ek beplan om dit te doen nie?? Ek het al gehoor van manne wat lemoen boorde veloor agv van Kudu's ek het nie n prob nie maar wil net weet as die ou n jakkels in my grond skiet oor die jakkels hom skaade aan doen mag ek n Kudu in sy grond skiet wat my skade aan doen? As ek nie mag nie?Help my en se wat is die verskil en wat is die rede? Ek stry nie ek wil net weet wat is die probleem dan as dinge so werk?

Groete FB
Zack Benade

Re: Etiese jag??

Post by Zack Benade »

Dis basiese reel is:

Jy skiet nie op iemand anders se grond sonder toestemming nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Etiese jag??

Post by Cobus(Cobb) »

Jy't bobbejane wat jou plaas verwoes en hulle is slimmer as slim, as hulle jou sien is hulle weg.......al waar julle hulle geskiet kan kry is as hulle stadig die koppie opklim op jou buurplaas se grond, so 100m-300m van die draad af....wat nou??

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply