Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by James Wilson »

ek skiet maar my gebruiklikke paar tabelle per jaar maar wil graag meer deelneem. ek het egter nie skietstokke nie en moet altyd iemand se stokke leen. iets wat ek haat om te doen. ek het al in die verlede by n persoon vir my stokke bestel maar dit het nooit gerialiseer nie.  kan julle my aanbeveel na iemand wat n goeie stel kan bou wat binne die reels val. ek weet party manne gebruik verfstokke wat kan stel ander manne gebruik weer hout ens  ens . self is ek te onhandig om so iets aan te pak. ek hoop daar is iemand wat dit kan doen. 

miskien raak dit vir iemand n lekker bron van inkomste
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Eugene »

James, ek weet nou nie van kompetisie skiet nie, maar ek het vir my skietstokke gemaak vir die jag van 2 aluminium gordyn stokke (omtrent 25mm - 30 mm dik) wat ek sommer by Game gekoop het. Jy kry net 'n gemaklike staan, met hulle en merk dan waar die twee stokke bymekaar kom, boor 'n gaatjie deur altwee en sit 'n bout en moertjie deur. As jy regtig fancy wil wees, kan jy by 'n leerplek 'n "slinger" maak wat oor die boonste gedeeltes van die stokke pas en waarin jou geweer kan l? as jy skiet. Jy koop sommer by 'n hardeware winkel 2 rubberproppies wat jy oor die onderste gedeeltes sit en jy het 'n ligte, sterk skietstok vir onder R300.
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Carl »

James,
My 2c. Ek het onlangs vir die plaas gesoek na 'n goedkoop oplossing. Na al die Afrika "shooting sticks" gekyk want dit is wat meeste PH gebruik noord van hier. Staan ek noudie dag by Builders en kyk die dawl stokkie so en sien dat hulle regte hoogte en diktes het. Jy kan kort gaan vir sit en vol lengte vir staan. Binne band reg om al 3 gedraai gee ondersteuning. Glo my dit werk.
So R50-80 oplossing
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by James Wilson »

is altwee die stokke waarna julle verwys binne die reels van SAJWV?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Hugov »

As jy iemand ken wat bamboese op hule grond het gaan sny vir jou  drie wat ewe lank is en bind  bo aanmekaar vas met n ou fiets binneband. Werk baie mooi en kos niks.
Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Eugene »

James wrote: is altwee die stokke waarna julle verwys binne die reels van SAJWV?
Ek weet nie van myne nie, James. Nog nooit 'n kompetisie geskiet nie, gebruik myne net vir jag. Het voorheen ook houtstokke gehad, maar as jy baie loop, raak selfs twee besemstokke swaar, daarom het ek 'n ligter alternatief probeer. Het eers 'n driepoot probeer maak, maar my kop was te plat daarvoor en het volstaan met twee poot. Stabiel genoeg vir my vir jag.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by BRNO (Pierre) »

Die Pta Oos tak van die SAJWV het iemand wat skietstokke maak. Verskeie lengtes, met n bracket aan die een poot wat kan op en af stel. As jy hulle kontak kan hulle jou in die regte man se rigting stuur.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by James Wilson »

Pierre van der Merwe wrote: Die Pta Oos tak van die SAJWV het iemand wat skietstokke maak. Verskeie lengtes, met n bracket aan die een poot wat kan op en af stel. As jy hulle kontak kan hulle jou in die regte man se rigting stuur.
dis die soort wat ek soek. enige iemand hier wat aan daardie tak behoort?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by BRNO (Pierre) »

Hulle besonderhede is:

Tel - Phone (South Africa): 0861 SAHUNT (724 868)
Tel - Phone (International): +27 (0) 12 808-9300
Faks - Fax: +27 (0) 12 808-9344
E-mail: admin@sahunt.co.za

Hunters Shop - Inyathipark Jagterswinkel : +27 (0) 71 692 3132

Postal Address - Pos Adres
P.O. Box 1952
Montana Park
Pretoria
South Africa
0159

Physical Address - Fisiese Adres
Plot 3
Mountain Drive 7
Derdepoort
South Africa


Ek is lid daar, maar nie baie aktief nie. Die dames in die kantoor behoort jou in die regte rigting te kan stuur.
Veiligheid eerste manne!
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Smirre »

James
Ek het by Builders warehouse "extension" gekoop wat hulle in die verfbedryf gebruik
Hulle kos R50 een
Dan sweis jy 3 boute aanmekaar vas(120grade) en daar het jy die 3poot
dan moet jy net diee "rest" maak en aansit

Smirre
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by tripodmvr »

Manne, wat James soek moet voldoen aan sekere vereistes waarvan gewig 'n belangrike een is - carbon fibre = koolstofvesel is dus 'n voortreflike maar duur keuse. Dink tog jy behoort inligting by SAJWV hoofkantoor te kan kry. Gesels met Hercules Louw of Nick Roets.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Carl »

James, ek het gou gaan lees ek is seker die 3 dawls van die regte dikte sal voldoen aan die gewig. LW ek gebruik 3, 2 is nie stabiel nie. Maak net seker wat hulle vereiste van opvoubaar beteken.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by James Wilson »

danki manne
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Cz_apie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Sat Mar 17, 2012 5:51 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Cz_apie »

James wrote: is altwee die stokke waarna julle verwys binne die reels van SAJWV?
Hierdie raak gelees op SAJWV Inligting vir Bosveld Skietoefening - sien nie eintlik iets oor gewig nie

Die lang skietstokke kan enige ligte draagbare twee- of driepoot skietstokke wees. Daar
word aanbeveel dat eerder van ?n driepootskietstok gebruik gemaak word want dit sal die
omval en gepaardgaande veiligheidsrisiko uitskakel. 19mm tot 25mm ?dowel? stokke van
1.8m lengte werk baie goed. ?n Toutjie kan tussen die pote gespan word vir stabiliteit, en
kort spykers (maks 50mm) kan in die pote ingeslaan om te verseker dat dit nie gly nie.
Verstelbare skietstokke is ook toelaatbaar. Vanaf 150m kan daar vanuit die knielende
posisie bo-oor die verstelbare skietstokke geskiet word. Dieselfde stel stokke moet egter op
150m en 100m gebruik word, m.a.w. slegs een stel stokke is toelaatbaar vir die oefening.
Hake aan skietstokke is ook toelaatbaar, mits dit die geweer net op een punt voor die aksie
steun. Skietstokke mag nie dikker as 25mm en langer as 1.8m wees nie.
Brno .22
Brno .32
Brno 243
MK4 - 2 303
Atis semi Auto 12Br
Harrington & Richardson 12Br Standard
Star .22 Target Pistol
Tanfoglio 9mm
Uberti Mod 1875 Army 357 Mag
NEF 9 shot .22 Revolver
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Hugov »

As mens dan op die skrywe hierbo moet vat. Koop n Bog Pod.

Hulle is effens duur maar betaal hulself vinnig terug na n paar jagte/ skiet dae.

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... evil_bipod

Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by spekieries »

James
Het jy toe reg gekom met stokke? Ek het ook al 'n paar gemaak vir die skietoefeninge. Jy moet maar praat as ek jou kan help.

Die truuk van die verskuifbare aluminium stokke met die hak op is dat jy in die knielhouding sithouding en selfs die staanhouding die tweede poot kan gebruik as 'n rus wat jou geweer baie meer stabiel maak.

Die driepoot van bv. Vanguard het slegs 'n ruspunt op die mik wat hom nie so stabiel maak nie.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by Gerhard »

Ek het n stel skiet stokke gemaak vir jag met kliente deur die volgende te doen....

Gaan stap n draai in n bloekom bos en soek na die regte dukte opskiet boom loote.

Leatherman saagie sort hulle gou uit.

Trekker binne band word in repe gesny en gebruik om die twee lote aan mekaar te sit.

Die binne band gee vir jou baie beweeging waar jy die stokke kan gebruik in die kniel en selfs sit posisie.

Ek het nooit van die drie poot stokke gehou nie want dit vat te lank om die stokke in aksie te kry in die veld.

As jy die stokke bietjie laat terug leun en jy dan met die geweer teen hulle vas druk sal jy verbaas wees hoe stabiel die twee poot is.

Ek dink baie manne maak die vout deur bloot net die geweer op die stokke te wil laat rus...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by spekieries »

Jy is 100% reg Gerhard

My tweepoot wat sommer van bloekom daklatte gemaak is het 'n skroefie deur en bo het hy nylon webbing. As jy die ogie van die geweer band vorentoe druk op die webbing en die skietstokke agtertoe trek is jy baie meer stabiel.(As ek met gids jag is dit my stokke wat saam gaan)

Maar vir die skyfskiet oefening kry jy baie meer stabiliteit met twee bene. Ek stem ook saam dat die driepoot te stadig is in die veld. Maar as jy hom nie op die skietbaan het nie kan jy nie werklik ernstig kompeteer nie.

Selfs die Jagtersvereniging se tabelle het 'n equipment race geword. In enige sport is dit seker so, sodra die manne begin kompeteer raak die toerusting beter om jou daardie bietjie van 'n voorsprong te gee.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Driepoot skietstokke vir kompetisie skiet.

Post by PJS »

Manne

Ek weet dat James nou klaar geholpe is met n stok, maar ek sit maar die op vir as iemand miskien belangstel. Ek het die fotos vir hom ge-pm en hy het nogal van die stok gehou en een gekoop. Hy kan dalk later self sy ervaring kom deel met ons.
Die 3 poot is van Alum. en het n geweer rus(geel foto 2) wat op en af skuif met die een been. Mens kan l? vir 300 en 200. Sit vir 150 of 100 en staan vir 100 ook bo-oor en nie met die glyrus nie, maar oor die rubbers. Die bene kan  losdraai en verleng word dmv n off centre bush. Die muurbal grip wat julle sien op party fotos is as ons die vlakte tabel skiet op 300. Dan mag jy agter ook rus met die oefening. Die grip help dat ek my hand daar kan vashou.
R700 vir stokke.
Die kurkproppe onder die bene is vir die spykers. Wil nie mamma se rooi mat gate insteek nie.
Laat maar weet as julle belangstel dan kan ek hoor wanneer het die oom weer van die stokke. Hy maak die grootste deel self.
Mooiloop.
PJ
[img width=360 height=480]http://i1238.photobucket.com/albums/ff4 ... G_7551.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1238.photobucket.com/albums/ff4 ... G_7550.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1238.photobucket.com/albums/ff4 ... G_7549.jpg[/img]
[img width=560 height=419]http://i1238.photobucket.com/albums/ff4 ... _75471.jpg[/img]
[img width=560 height=419]http://i1238.photobucket.com/albums/ff4 ... _75461.jpg[/img]
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Post Reply