Eerste maal

Post Reply
Fanie

Eerste maal

Post by Fanie »

Ek het vandag my nuwe pistooltjie en die 357 rollie gaan toets en so bietjie geskiet.


Die pistooltjie is die CZ75-07 9 x 19mm Duty, 16 rondtes in die magasyn.  Die CZ is dubbel en enkel aksie en die haan het 'n lae posisie en 'n vol terug posisie.

Die ammunisie wat ek gelaai het is 115gr Frontier ronde neus punte net vir oefen skiet en die dryfmiddel is MP200 teen 4.7gr.

EK het nog nooit met hierdie spesifieke pistool geskiet nie, en ek is aangenaam verras.  Die sneller is relatief lig selfs met die eerste skoot wat dubbel aksie is.  Wat ek veral geniet het is dat ek die gevoel gekry het dat jy magasyn na magasyn na magasyn kan inprop en die CZ sal met almal klaarspeel.

Toe ek die outjie gaan koop het het ek gekyk na Glock en Walther se pistole ook.  Die Glock se sneller meganisme het my so bietjie afgesit en tesame met die Walther  was die pryse in my opinie hopeloos te wild.  Die CZ se prys was minder as die helfte en die oorsigte wat ek van die CZ op die internet gekry het was almal uitstekend, om die waarheid te se ek kon nie een negatief oor hulle raakloop nie.  He he he...  buitendien wil ek nie te' sensitief voorkom deur met 'n GLOCK gesien te word nie :P

Tevredenheid hoog, ek voel ek het 'n duursame produk wat die houe kan vat.


Die 357 Astra 6" is ek vertroud mee, ek het my eerste een gekoop toe ek so 20 jaar oud was.  As daar nou een rollie is wat jy nie sal op skiet nie dan is dit die 357.  Die modelle wat vir altyd hou se rol en die raam het nie 'n gleuf tussen in aan die voorkant nie.  Die later modelle het, dus moet die loop deur die raam na agter uitsteek en daar kan krake in die loop ontstaan.  Hierdie een sal jy nooit op skiet nie.  Akkuraatheid was ook na wense, dis nou net die operateur wat weer meer in vorm moet kom.

Die rondtes het ek gelaai met 8gr MP200 en 158gr punte, nie te wild nie en skiet heerlik gematig sonder om pap in die boud te voel.  Die 357 moet mos so betjie woema he.  My pel het natuurlik weer 'n paar wille gekoopte patrone daar gehad waarvan die skokgolwe op twee meter weg so aan jou klere ruk... as daar muskiete was was hulle vlerke afgeruk, iets om te onthou vir somer braai.


Ek moet net die' vertel.  My pel dag dis 'n goeie idee om die nuwe toilet sitplek se boks (het natuurlik gou-gou 'n ander naam gekry;)) vol koerante te pak, so 50mm dik, om te sien wat doen die verskillende punte.  Nie werklik goed genoeg om die punte te stop nie maar hy wou sien.  Resultaat as volg -
Die 9mm ronde punte, klein in klein uit
Die 9mm hol punte, klein in groot uit, en die swaar 147 grein hol punte nog groter uit (Lyk goed vir 9mm!)
Die 357 disintegreer die boks, en koerant en boks stukke spat sulke flarde in die lug...
Gevolgtrekking -
Die ka... en meen toilet sitplekk boks het nie een maal aan die brand geslaan nie.  Mens kan daaruit aflei dat die boks papier van 'n nie-vlambare karton gemaak is :D
Last edited by Fanie on Sun Sep 09, 2012 7:34 pm, edited 1 time in total.
Post Reply