honde en hardlywigheid

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

honde en hardlywigheid

Post by Christo »

Help.

My vrou se labbie is hardlywig en ek het die skuld met al die lekker bene van ons jagtery. Wat sal help. Vir die hond bedoel ek natuurlik.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by vlakvark1 »

Is die hond hardlywig of verstop van die bene. As hy bene ingekry het en verstop is daarvan moet jy hom maar gou by veearts kry
Buurman se hond hier naby my was verstop met bene en het gevrek
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: honde en hardlywigheid

Post by grumpy »

Bietjie liquid parafirn.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by Spanner »

Sommer gewone skoon sonneblomolie het vir my brak gewerk, met groterige inspuiting direk in die bek gespuit terwyl hy sluk.  Ek het 5ml elke 4 ure gegee en daai prop is geskiedenis.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: honde en hardlywigheid

Post by Vlakvark »

Daai sonneblomolie met Grumpy se hosepipe, wat noem hulle dit nou weer ;D Enim, Enim, Enim of so iets vra vir Doc Neels hy ken die mediese terme. Dis nou olie nie mondelings toe gedien Enima daars hy nou. Moet net nie my hulp vra nie, ek is nou nie bang vir 'n hond nie, maar ek is besig  ;D ;D ;D ;D
Image
Image
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by FHM »

So Christo, is die 'prop' toe weg / uit / nogsteeds?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by Christo »

FHM wrote: So Christo, is die 'prop' toe weg / uit / nogsteeds?
Ma het haar veearts toe en oornag nou daar, as alles wat hulle ingegee het nie vanag help nie opereer hulle.


@ R2000+ gewoonlik koop ek maliker 'n nuwe hond, maar sy sal my met 'n pan oor die kop neuk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by Hugo »

Half liter kookmolie. My hond het aan dadel pitte verstopping gely! Konnie loop nie, half liter olie  met n insouiting, volgende oggend so paar strepe op die gras, maar hy was 100 na dit!
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by FHM »

Ek weetie manne - kan wees dat die hond groot stukke bene ook gesluk het en die olie sal nie daar help nie.

Christo,
het die x-strale niks gewys nie? Eish maat ja dis n taai bedrag om flaffie se exhaust oop te kry, maar soos jy se - DIS MA SE FLAF en geld is dan irrelevant....soos met alle ander dinge wat ons skoner geslag hulle harte en ons kredietkaarte op sit....

Sterkte maat!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by Christo »

Nog in "hospitaal". Die xtrale het kolletjie gewys. Nous daar niks. Sal seker more hoo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by FHM »

Christo wat was die verdict toe - die brakkie nou weer n 'freefloat'?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by Christo »

FHM wrote: Christo wat was die verdict toe - die brakkie nou weer n 'freefloat'?
Francios, ek sal 'n bietjie langer moet wag om daai hond te kan vervang. Veearts like my vrou meer as vir my.

Die vet bitch is dood dollies, en ma is baie bly.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: honde en hardlywigheid

Post by FHM »

;D ;D ;D ;D

Bly om te hoor....hou maar die VET dop ou swaer.... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Fanie

Re: honde en hardlywigheid

Post by Fanie »

Christo wrote: Help.

My vrou se labbie is hardlywig en ek het die skuld met al die lekker bene van ons jagtery. Wat sal help. Vir die hond bedoel ek natuurlik.
Weerhouding ;D

Dit of sny die bene kort genoeg dat hy nie kan dwars draai en die uitvoer blok nie.  Ek dag julle boere wat met water tenks en damme en sulke goeters werk weet sulke dinge... ;)
Post Reply