water druk

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

water druk

Post by Francois Briedenhann »

Manne ek soek raad of enige iets.

Ek is moeg om te stort in n stort met die water wat ytkom soos water uit n kar se ytlaatpyp!!!!Ek woon op n plaas die water "tenks" is so 6 tot 7 meter in die lig omtrent 20 meter van my af nou die probleem is my huis se water is reg maar my stort is NIE REG NIE!!!!Enige raad asb?Ek het n pomp maar ek wil nie heeltyd die motor hoor as ek stort nie!

Hoor graag van julle manne

Groete FB
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: water druk

Post by Beretta »

Is die kraan groot oop  ;D ;D ;D sorry ek moes net
Beretta
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: water druk

Post by Cobus(Cobb) »

6m hoog....nee, daar moet 'n blokasie wees, plumbing tape, hemp....jy moet maar kyk...

is dit warm of koue water wat sleg loop??
mixer tap of twee apparte krane?

Ek weet daar is party tipe(cheepies) krane wat "oopmaak" maar nie oopmaak nie...net klein verstelling binne in nodig.Ek maak my buurvrou se plumbing gereeld oop...

Laat weet

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: water druk

Post by Geno »

Cobb wrote:Ek maak my buurvrou se plumbing gereeld oop...
Ou hings!!!!!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: water druk

Post by JuanPaul »

Francios
Kry vir jou 'n drukpomp, met dik pype sal jou vloei goed wees maar met min druk, jou pyp van jou tenks is seker een en 'n half duim maar in jou huis het jy meestal half en driekwart duim koper pyp wat jou vloei en water druk bale verminder. Ek het 'n drukpomp by my tenk by my oiutflow pyp en het 2.4 bar druk in my huis wat lekker hoog is( meer druk as meeste munisipaliteite). Die pompe is so R2500.kyk ook waar die stort kop vas draai aan die pyp daar is partykeer 'n siffie wat stop met klippies en sand uit die boorgate - Doen dit eerste voor jy krane en ander goed begin oopmaak want boorgat water het gewoonlik ook baie kalk wat stort koppe en die siffies stop, as jy die stortkop af het kyk of die water sterk vloei uit die pyp sonder die stortkop.

Groete
Juan.
Last edited by JuanPaul on Mon Aug 27, 2012 7:52 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: water druk

Post by Cobus(Cobb) »

Geno wrote:
Cobb wrote:Ek maak my buurvrou se plumbing gereeld oop...
Ou hings!!!!!
hey, gedra jou.....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: water druk

Post by Cobus(Cobb) »

Francois Briedenhann wrote: die probleem is my huis se water is reg maar my stort is NIE REG NIE!!!!
Juan....
Ja maar hoekom is al die ander pype (1/2 duim of nie) in die huis reg?
Dik pyp, ho? druk, lae spoed
Dun pyp, lae druk, ho? spoed...

Klink my syne druppel net uit....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: water druk

Post by JuanPaul »

Cobb wrote:
Francois Briedenhann wrote: die probleem is my huis se water is reg maar my stort is NIE REG NIE!!!!
Juan....
Ja maar hoekom is al die ander pype (1/2 duim of nie) in die huis reg?
Dik pyp, ho? druk, lae spoed
Dun pyp, lae druk, ho? spoed...

Klink my syne druppel net uit....

Cheers
Cobb kyk gou ek het my post ge edit, maar 'n drukpomp is maar lekker.

Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: water druk

Post by tripodmvr »

In die winter kry ek dat die verkalking in die pyp loskom wanneer die pype naby vriespunt kom en dan beweeg die steentjies tot in die stortkop. Haal hom af en kyk of dit nie is wat die water blokkeer nie. Die wastertjies wat as seels dien kan ook verskuif en die toevoer afsny.

Julle kan seker sien dat ek gereeld my buurvou se water toets.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: water druk

Post by Cobus(Cobb) »

tripodmvr wrote:
Cobb wrote:
Geno wrote: Ou hings!!!!!
hey, gedra jou.....
Julle kan seker sien dat ek gereeld my buurvou se water toets.
Trip, ons moet oppas....die forum manne gaan ons skeef kyk ;) ;)
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
bex
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm

Re: water druk

Post by bex »

Ek sit met presies dieselfde situasie by my behalwe dat my tenke net 5-6m hoog is. Ek het my water vloei probleem opgelos deur al die eenrigting kleppe en ander goed wat aan die toevoer kant van die elektriese water verwarmer (geyser) af te haal en alles vryvloei te maak.
Water kan nou van die verwarmer terugstoot tenk se kant toe is dit wil , maar dit gebeur nie.

Nog iets wat tot jou probleem kan bydra is n lugborrel iewers in die pype waar hulle op hul hooste punt is. dit gebeur soms met my , en ek stel dit reg deur meeste krane in die huis in n sekere volgorde oop te maak. Dit gebeur baie min, gewoonlik net as die tenk leeg raak vir een of ander rede.

Wees versigtig om sommer net drukpomp op te sit , jy kan dalk lekke in mure en dak waar daar nooit lekke was nie.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: water druk

Post by G-force »

Jy vra n vraag wat n paar moontlke antwoorde het.
As jy tien meter head het,MAW jou tenk is tien meter bokant die uitlate van jou huis se krane dan kry jy net EEN bar.10m=1 BAR druk,maak nie saak of jy 100liter of 100000liter daarbo het,druk bly die selde.Al is dit n tien duim pyp of n qwart duim pyp,as jy n druk meter gaan opsit,gaan hy die selde lees.Pyp deursnee beinvloed vloei,nie drukking nie.
Hoe verder jou tenk is van jou huis hoe meer wrywing word uitgeoefen op die water wat vloei,en as gevolg hoe minder vloei kom by die kraan uit.Vloei word natuurlik ook beinvloed deur deursnee van die pyp wat toevoer gee as gevolg van wryving.Jy sal moet kyk na die stort wat pla se pyp dikte as hy van dag een af minder gegee het as die res van die huis.Is alle pype die selde deursnee?Het hy dalk net onlangs begin pla?Is daar nie klippies in die siwwe in die kraan self nie?Is dit een van daai fency mixers?Die goed verloor geweldig druk en vloei en soek gewoonlik 6 bar plus druk om effektief te kan werk.Doen n toets en haal af die mixer as daar een op is,kyk dan hoe maak sy lewering.
Het jul dalk onlangs n pyp reggemaak wat gelek het?As dit Ja is dan kan daar n swak las wees wat n halwe blokasie maak wat dan vloei gaan beinvloed.
Soms as n systeem oop was,MAW jy het gewerk aan die pype dan vat dit n bloei aksie om al die lug uit te kry uit al die krane uit.As die huis verskillende hoogtes/verdiepings het dan word die druk heel bo sistematies uitgehaal .
Ek hoop jy kry die fout.
Groete
Ge
Last edited by G-force on Mon Aug 27, 2012 10:15 pm, edited 1 time in total.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: water druk

Post by morne smith »

Haai As die siffie in die kraan toegekalk is kan jy dit kook in asyn en dit sal van die kalk ontslae raak.

Groete
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: water druk

Post by grumpy »

Soos Tripod se:


In die winter kry ek dat die verkalking in die pyp loskom wanneer die pype naby vriespunt kom en dan beweeg die steentjies tot in die stortkop. Haal hom af en kyk of dit nie is wat die water blokkeer nie. Die wastertjies wat as seels dien kan ook verskuif en die toevoer afsny.

;D
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: water druk

Post by Carl »

G-force wrote: Al is dit n tien duim pyp of n qwart duim pyp,as jy n druk meter gaan opsit,gaan hy die selde lees.Pyp deursnee beinvloed vloei,nie drukking nie.
Dankie Ge, goeie advies vir die jong manne wat nog nageslag moet maak! ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: water druk

Post by johans »

met daai hoogte tenk behoort jy nie moelikheid met druk te he nie.my tenk is dieselfde hoogte en die stort het goeie druk
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: water druk

Post by Francois Briedenhann »

Naand manne. Ek het nou al rond gekyk en so biekie gekrap maar niks.Is dit nie dalk oor die water eers in die "geyzer" ingaan en dan van daar af stort toe loop nie? My ander kraane is reg dis net my stort wat so biekie vlou loop! Kan my stort kop ook seker wees?Want dis n makoeloe hahaha

Dankie en GRoete FB
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: water druk

Post by wlm »

Daar is verskillende stortkoppe op die mark. Die modernes wat die meeste installeer word het 'n baie klein gaatjie aan die agterkant wat die vloei erg beperk. Daar is outydse stortkoppe beskikbaar wat basies net 'n dop met gaatjies is, soos 'n gieter se kop. Die feit dat jou krane se vloei goed genoeg is vertel vir my jou stortkop is die fout.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: water druk

Post by Christo »

Ek vind ook dat dit soms gebeur en doen dan die volgende, draai die stort se kop af, druk hom toe met jou handpalm en draai die warmwater kraan groot oop, hou stuif toe en draai dan die koue kraan ook oop. As daar 'n airlock iewers tussen die stort en die geyser is sal hy hom terugblaas tot in die geyser wat 'n iarvalve behoort te he. Hou so 'n minuut en draai dan alles toe. Maak nou die warm kraan oop en kyk of die druk nie beter is nie.

Kry ook vir jou n hardewater stortkop, hy het n veer in wat die binneste gedeelte laat terugspring as die water ophou vloei. So kry die kalk en dinge nie kans om aan te pak in die gaatjies nie.

Hoop jy kom reg, swak druk in n stort is onlekker.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: water druk

Post by JuanPaul »

Francois Briedenhann wrote: Naand manne. Ek het nou al rond gekyk en so biekie gekrap maar niks.Is dit nie dalk oor die water eers in die "geyzer" ingaan en dan van daar af stort toe loop nie? My ander kraane is reg dis net my stort wat so biekie vlou loop! Kan my stort kop ook seker wees?Want dis n makoeloe hahaha

Dankie en GRoete FB
Daar is jou probleem as dit `n groot stort kop is sal jy laer vloei en aanvoelbare druk he want die goed is so ontwerp vir die water om net uit te loop, dis hoekom hulle water ook dan sommer vertikaal reguit afval terwyl die kleiner koppe wat teen druk werk op ongeveer 30 grade van die muur af spuit , as jy die stort harder wil laat spuit sit `n kleiner stort kop op.

Groete
Fanie

Re: water druk

Post by Fanie »

Die druk op 5 / 6 meter moet al baie redelik wees, my verwarmer stelse is gravitasie voer 4m bo die grond op die dak en hy loop heeltemal goed genoeg.  Jou probleem is beslis die toevoer pyp wat te dun is, of daar is iewers 'n vernouing wat die vloei beperk.

Jy kan vloei tempo mos maklik toets as jy 'n pyp van 'n sekere lengte en dikte van die tenk af laat uitloop.  Hoe langer die afstand hoe dikker moet jou pyp ook wees, onthou daar is wrywing tussen die vloeistof en die pyp se binnewand.  Hoeke soos elmboe help ook die water vloei belemmer.

Hou ook in gedagte dat al is jou tenk 5 / 6m bo die grond, die stort kop is 2m hoog en die druk is dan eintlik net 3 / 4m se druk...  Die hoeveelheid water in die tenk speel ook 'n rol, as die tenk 2m hoog is en hy's leeg sal jy net die 3 / 4m se druk he, as hy vol is dan gaan jy 2m se water druk bykry.

Soos Gravitasie gese het, die druk word geheel bepaal deur die water se hoogte, maw die afstand van waar hy uitloop tot die hoogste vlak.  Die beskikbare vloei tempo word egter bepaal deur die dikte van die pyp.

Die bos strorte, daai sak met die stort kop onder die sak loop redelik goed uit, jy hoef hom beslis nie so hoog op te hang om te werk nie, die vloei daaruit het natuurlik min versperrings in.

Moet 'n bogger wees as jy vir die volgende druppel moet wag...



Ek wil by se dat hoe hoeer jou tenk is hoe minder gravitasie krag is daar waarmee die aarde die water aantrek.  Dit kan jy duidelik sien as jy daar bo van daai tenk af voeter, hoe verder jy val hoe vinniger trek jy ondertoe ;D
Last edited by Fanie on Fri Sep 21, 2012 1:43 am, edited 1 time in total.
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: water druk

Post by Herman Venter »

Francios,
Jy het te lanklaas in die dorp gebly! Jy wil nie weet hoe stort ek hier nie! Ek weet ek sal seker nie die sang kompitisie wen nie maar gaan verseker die los dans komp 'n go gee met die gedans in die stort om onder 'n druppel in te kom! Kan nogal heel snaaks raak as die seep op verkeerde plek le!
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
Andrev
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 08, 2011 11:29 am

Re: water druk

Post by Andrev »

Francois, as jy van die ouer tipe gravtiasie geysers het sal die druk op jou stortkop baie min wees. Hierdie geysers het hulle eie tenkie bo-op wat die hoer druk van die tenke  in sy eie kleienr tenk laat loop. die druk word dus gebreek en die druk op hou stortkop is dus nou net die verskil tussen die stortkop en die geyser tenk. enige verdere obstruksies soos toegekalkte stortkoppe ens sal die situasie vererger.
Andre Volschenk
Paarl
Koedoebul
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Tue Jan 15, 2013 3:25 pm

Re: water druk

Post by Koedoebul »

Net gou my 2 sent manne. My vorige huis het n ou laedruk geyser gehad, en selfde daar, kouwater spuit soos n jet washer en warm water kom maar stadig. uur om n bad te tap. Na so 50jaar toe kalf die geyser en vervang hom met die nuwe hoe druk geyser. probleem uit gesort.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: water druk

Post by PWV »

Francois, jy het nou baie raad gekry, maar as al die goeters nie werk nie mag dit wees dat jou stort prostaatmoeilikheid het! ::)
Post Reply