Ek soek 'n paar idees hoe die manne hulle gewere in die jagbakkies/-voertuig vassit. Ek stel veral belang voor in die voertuig. Daar is allerhande gadgets te koop, maar wat werk vir julle. Boere rate?
Hier is van die goed wat adverteer word......
http://www.cabelas.com/auto-gun-storage.shtml
Gebruik julle dit en werk dit? Indien jy fotos het van jou unieke manier of patent, plaas dit asb.
Dankie
Dawie
Geweer rakke
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Geweer rakke
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: Geweer rakke
Dawie
Ek het van daai clamps gekoop wat teen die ruit vassuig, sommer by Kloppers. Dis die wat Outdoor Edge vervaardig. Ek gebruik dit egter nie in 'n bakkie nie, maar in my trekker. Ek ry altyd ten minste die .22 saam, ek glo aan "deurlopende eliminasie" as dit by vaalmeerkaaie kom. Die clamps werk regtig goed, jy kan maar jaag en deur erdvark gate ry met die trekker, hulle klou soos str@nt aan 'n wolkombers. Mits die ruit skoon is en nie te koud is. Mens moet hulle egter net nie langer as ongeveer 5 dae aaneen aan die ruit los nie, dan verloor die suig cups hul vorm en vermoe. So dis 'n nie permanente rak nie, maar dit werk mooi vir my. As ek Vrydag middag tjaila, haal ek hulle net van die ruit af, hulle rus dan vir die naweek en Maandag mount ek hulle weer teen die ruit. So lyk dit[img width=360 height=480]http://i1073.photobucket.com/albums/w39 ... 1527cc.jpg[/img][img width=360 height=480]http://i1073.photobucket.com/albums/w39 ... 9d188d.jpg[/img]
hier is 'n foto van 'n jong stupid jak wat oor my pad gekom het, dit baat om altyd 'n geweer by jou te he op die plaas.[img width=360 height=480]http://i1073.photobucket.com/albums/w39 ... 1d0858.jpg[/img]
verskoon die swak kwaliteit, is met 'n selfoontjie geneem.

muismaree
Daai is 'n lekker plan vir daai trekker, maar ons almal jag mos nou nie met 'n trekker nie

Lyk my die manne se gewere l? sommer so los voor in die bakkie soos myne op die oomblik, maar dis alewig 'n gesukkel om te keer dat hy nie gly en die scope l? en skuur en kap waar hy nie moet nie. En ek praat nou nie van "diesel stalkers" nie. Ek was betrokke by 'n voorsit jag in die Karoo en het die bokke so bietjie geroer na die jagters toe. Nou ja - as die kans kom, kan mens mos help om die kwota vol te maak. So die geweer moet vinnig bereikbaar wees.
Ek hou glad nie van die klampe waar die geweer onderstebo (met die scope na onder) hang nie. Dit voel net asof daar die heeltyd stremming op die aksie se boute geplaas word.
Waars die praktiese manne?

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Geweer rakke
Ek wou nou net vra, dat jy asb vir ons n paar fotos van die jagvoertuig daar by Tau se onderwerp gaan sit asbmadako wrote:
Daai is 'n lekker plan vir daai trekker, maar ons almal jag mos nou nie met 'n trekker nie![]()
Veiligheid eerste manne!
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: Geweer rakke
Hi Dawie
Het jy dalk Augustus 2011 se Magnum? Dis so groen voorblad met 'n .416 voorop. Kyk op bl 26, daar is 'n foto van Gregor Woods wat in 'n Landrover sit met 'n geweerclamp wat aan die dash vas is. Ek weet nie of so plan sal werk in 'n gewone bakkie nie, maar dis iets om mens aan die dink te sit. As jy nie die uitgawe het nie, laat weet my ek sal probeer om die foto te scan en op te sit.
Dit is seker effe onkonvensioneel om uit 'n trekker te skiet, maar dit werk so lekker! Selle ding met die stroper, veral as jy koring stroop jaag jy allerande goed uit die koring uit. Al 'n paar jakke ook so gekry, jy moet net meer "quick on the draw" wees uit die stroper. My Oom het een van daai pompaksie 223 Vektors wat bitter lekker werk vir jak skiet uit 'n stroper.