Watter maak 25.06?

Post Reply
rooiduin
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Oct 06, 2011 7:21 am

Watter maak 25.06?

Post by rooiduin »

Goeie dag mense

Ek wil graag n 25.06 koop vir n tweede geweer.  Die probleem is dat ek nie weet watter maak om na te kyk nie.  Die geweer wat ek tans het is n Musgrave.  Ek weet nie hoe die nuwe Musgrave is nie.  S&O het Tikka en Savage.  Die geweer wat ek wil koop moet n betroubare maak wees en ek wil he hy moet die hout kolf en swart staal he.  Moet ek kyk na n dik loop?  Watter lengte loop?  Hoop die manne met meer ondervinding kan help.
Last edited by rooiduin on Wed Aug 08, 2012 5:08 pm, edited 1 time in total.
Musgrave 30.06
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter maak 25.06?

Post by tripodmvr »

My raad sou wees om in die geweerwinkels die verskillende make te gaan beloer. 'n Mens koop nie net met tegniese gegewens as riglyn nie. Die oog moet ook saampraat.

Ek het self nie 25-06 nie, maar weet dat hy redelike groot hoeveelheid kruit moet brand en daarom sal 26 duim loop 'n goeie spoed gee. As jou skiet meer vanuit voorsit of vanaf bakkie gaan wees is die langer loop nie 'n probleem nie. Kyk hoe hanteer die verskillende looplengtes. Howa, Marlin, Remington, Weatherby en Savage het almal nou winskoop gewere op die mark wat reeds bewys het dat hulle kan skiet. CZ, Winchester en Tikka is van die beter make wat effens duurder is. Ho?r op is Sako, Sauer, Musgrave, Mauser, Blaser ens.

Kyk na jou begroting en hou in gedagte dat die 25-06 'n vlaktegeweer is en dat goeie glas bo-op moet kom vir daai v?r kyk. Meet ook jou koop aan jou behoeftes. Dit sal bepaal of jy swaar loop of dunner profiel sal verkies. Moet jou ook nie blind staar teen die sintetiese kolwe nie. Dit is maklik om houtkolf in te voer wat 95% reg is en slegs geringe afwerking nodig het. Grade van kwaliteit is daar ook wat gekies kan word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: Watter maak 25.06?

Post by JoevR »

Rooiduin, kyk gerus ook na die Ruger VT in kaliber 25-06. Die geweer het nou wel 'n gelamineerde kolf en stainless (blink) afwerking op die metaal, maar myne skiet baie mooi uit die boks vanaf dag 1.

Ek het onlangs goeie werk met myne gedoen in die jagveld en op die skietbaan met Barnes 100 gr TTSX koeels. Die blesbok het geval na 'n hartskoot, ek het die koeel herwin en sal later die details post. Die naweek daarna het ek met dieselfde koeels 'n telling van 230/270 op die springbok (300m en 200m) en 120/150 op die jakkals (300m)  op Oosrand Tak van SA Jagters se maandelikse skietdag op Rooikraal Skietbaan geskiet. Vir my was en is 80 % nog altyd goed genoeg.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
rooiduin
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Thu Oct 06, 2011 7:21 am

Re: Watter maak 25.06?

Post by rooiduin »

Daar is iemand hier in Malmesbury wat een wil verkoop.  Baie mooi geweer, maar dan moes altwee my gewere stainles gewees het. Ek hou van die Musgrave wat ek gesien het by JJ Firearms.  Is die nuwe Musgrave soos die ouer modelle.  Dit sal my pas om by Musgrave te bly.  Watter wapen handelaars sal jy aan beveel in die Wes Kaap.
Musgrave 30.06
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Watter maak 25.06?

Post by tripodmvr »

rooiduin wrote: Daar is iemand hier in Malmesbury wat een wil verkoop.  Baie mooi geweer, maar dan moes altwee my gewere stainles gewees het. Ek hou van die Musgrave wat ek gesien het by JJ Firearms.  Is die nuwe Musgrave soos die ouer modelle.  Dit sal my pas om by Musgrave te bly.  Watter wapen handelaars sal jy aan beveel in die Wes Kaap.
Safari & Outdoor (kyk na webtuiste) en daar was 'n ko-operasie wat op Huntex verskeie winskope gehad het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Watter maak 25.06?

Post by Johan22 »

Tri Jy moet by Stellenbosch se S&O gaan kyk hoor

Johan
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield) 
.357 (S/Weston) 
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
Post Reply