'n Kollega wat mede-eienaar is van 'n plaas naby Lindley in die Vrystaat, nooi my toe uit om 'n Blesbok te kom jag. Aangesien my Ruger 25-06 VT met Leupold VX 3 8.5 - 25 x 50 LR Target teleskoop nog net diens gedoen het tydens SA Jagters skietdae en kompetisies, besluit ek toe om hierdie geweer jagveld toe te vat. Ek het goeie resultate behaal met 100 gr Sierra Matchking koeels, dus besluit ek toe op 100 gr Barnes TTSX koeels vir die jag. Ek laai die Sierra's met 52 gr
S 365 in Winchester doppe en CCI BR2 primers, en besluit toe om net so vir die Barnes koeels ook te laai. Ek het onder die topic "Herlaai data 25-06 Remington" gelees dat SS goeie resultate met dieselfde kombinasie behaal het, met die koeels teen so 3300 vt/s. Dankie vir die info SS!
Eerste stop was toe by Irene Skietbaan waar ek die onderstaande groep geskiet het:
https://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/100grBarnesTTSX25-06.jpg
Tweede stop was Blue Gum Valley Skietbaan se 300 m baan om die trajek op 200 m en 300 m te bepaal. Die oefening het bevestig dat die target turret 8 klieks opgestel moet word vir 'n 200 m zero, en 'n verdere 6 klieks vir 'n 300 m zero.
Derde stop was die plaas Patrollievlei, Saterdag 28 Julie '12. Die plaas het golwende terrein met 2 mooi spruite met 2 mooi watervalle, en water wat nog loop laat in die winter. My kollega het aangedring dat die jag op die voet plaasvind, waarmee ek nie 'n probleem gehad het nie. Na ongeveer 3 1/2 ure in die veld, het 'n ram 'n skoot gebied op 'n geskatte 200 m: die ram het weggekyk van ons, dus sou die skoot in die lies, deur die pens geskiet moes word met die anderkantste blad as mikpunt. Die tref van die koeel was duidelik hoorbaar en die ram het nie verder as 'n geskatte 30 m gegaan voordat hy geval het nie. Daar was geen uitgangs wond nie, en die koeel kon net onder die vel op die blad gesien en gevoel word.
Hier is foto's van die herwonne koeel en 'n koeel uit die boks:
https://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/IMG_7865.jpg
https://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/IMG_7867.jpg
Die koeel het van 'n 6,49 mm diameter omgeklink na 13,27 mm gemeet op die breedste diameter.
Aangesien ek nog heelwat patrone oorgehad het, het ek besluit om die Barnes koeels te skiet tydens Oosrand Tak van SA Jagters se skietdag wat op Saterdag 4 Augustus '12 op Rooikraal Skietbaan gehou is. My telling op die springbok ( 300 m en 200 m) was 230/270, en my telling op die jakkals (300 m) was 120/150. 80 % was en is vir my nog altyd goed genoeg.
Die Barnes 100 gr TTSX koeels het hul kant gebring in die jagveld en op die skietbaan.
Groete
Joe
Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Last edited by JoevR on Tue May 07, 2019 8:42 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- Topcat
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Naand Joe.Baie lekker om te lees van so storie en al die volledige detail.Ek verstaan net nie lekker die verstelling op jou turrets nie.Moet die 8 klieks na 200 en 6 klieks na 300 nie dalk omruil nie?Jy moet mos meer stel van 200 na 300 as van 100 na 200?
Ns: Baie mooi groep daai
Groete TC
Ns: Baie mooi groep daai
Groete TC
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
TC
Die oefening het bevestig dat die target turret 8 klieks opgestel moet word vir 'n 200 m zero, en 'n verdere 6 klieks vir 'n 300 m zero.
Ek dink jou antwoord is daar. As ek reg verstaan is die totaal vir 300m dan 14 clicks. Maar laat Joe bevestig.
Stem, baie baie mooi groep daar Joe.
Beste
Kalahari
Die oefening het bevestig dat die target turret 8 klieks opgestel moet word vir 'n 200 m zero, en 'n verdere 6 klieks vir 'n 300 m zero.
Ek dink jou antwoord is daar. As ek reg verstaan is die totaal vir 300m dan 14 clicks. Maar laat Joe bevestig.
Stem, baie baie mooi groep daar Joe.
Beste
Kalahari
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
TC, Kalahari slaan die spyker op die kop. Dit is bietjie onduidelik gestel, maar die rede hiervoor is dat ek die 6 klieks moet onthou terwyl ek op die vlakte jag en by SA Jagters die Springbok (Vlakte Tabel) skiet. Tydens vlakte jag sal ek die turret ge-zero hou op 200m, en dan net 6 klieks opstel vir 'n 300 m skoot. Die Springbok (Vlakte Tabel) word geskiet op 200 m en 300 m, weereens moet 6 klieks op of af gestel word.Kalahari wrote: TC
Die oefening het bevestig dat die target turret 8 klieks opgestel moet word vir 'n 200 m zero, en 'n verdere 6 klieks vir 'n 300 m zero.
Ek dink jou antwoord is daar. As ek reg verstaan is die totaal vir 300m dan 14 clicks. Maar laat Joe bevestig.
TC en Kalahari, dankie vir die kompliment oor die groep, ek wens net ek kon elke dag sulke groepe skiet!
Ek het vergeet om te noem dat die nuwe koeel op die foto's 100,1 gr op my RCBS Chargemaster se elektroniese skaal weeg, en die omgeklinkte koeel weeg 99,4 gr. Die bietjie gewigsverlies is seker maar die blou plastiese tip wat weg is. Die koeel was deur die bokant van die hart.
Een swaeltjie maak nie 'n somer nie, en vanuit 'n statistiese oogpunt sal baie meer bokke met die kombinasie geskiet moet word voordat aanvaar kan word dat die prestasie van die Barnes 100 gr TTSX koeel elke keer goed sal wees. Goeie prestasie in my boek is 'n koeel wat diep en reguit penetreer om die "vitals" te bereik, maar ook omklink sonder om op te breek om die wondkanaal te verbreed.
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Baie netjies Joe lyk soos 'n baie goeie kombinasie. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Give that man a Bells!!
Well done Joe! Mooi groepie geskiet, mooi skoot en mooi kort en kragtige verslag
Barnes - Groete
Stefan
Well done Joe! Mooi groepie geskiet, mooi skoot en mooi kort en kragtige verslag
Barnes - Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Netjiese verslag Joe...
Die 150gr TTSX fluit deur n blesbok wat plank dwars staan op 220 tree en n waterbok bul se nek op 130 tree...
Ek kry dalk n kaans om n blesbok vanvoor in die kuiltjie te skiet.
Ek dink dis al hoe ek dalk n punt gaan herwin.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Frederik, Stefan en Gerhard, manne dankie vir die komplimente.
Gerhard, ja dit is maar selde dat 'n bok 'n Barnes X koeel vashou, maar 'n graspens trek in baie gevalle 'n koeel se handrem op.
Sit ek nou so en kyk na Barnes se 2012 brosjure ... Die volgende Barnes koeel wat ek lus het om te probeer is die 160 gr TTSX in 8 x 68 ... Dit behoort 'n lekker platskieter te wees ...
Ek sien van die manne op die forum verkies die TSX bo die TTSX. Persoonlik lyk daai blou plastiek tip vir my nogals mooi, al is dit nie 'n skoonheidskompetisie nie!
Groete
Joe
Gerhard, ja dit is maar selde dat 'n bok 'n Barnes X koeel vashou, maar 'n graspens trek in baie gevalle 'n koeel se handrem op.
Sit ek nou so en kyk na Barnes se 2012 brosjure ... Die volgende Barnes koeel wat ek lus het om te probeer is die 160 gr TTSX in 8 x 68 ... Dit behoort 'n lekker platskieter te wees ...
Ek sien van die manne op die forum verkies die TSX bo die TTSX. Persoonlik lyk daai blou plastiek tip vir my nogals mooi, al is dit nie 'n skoonheidskompetisie nie!
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
SS
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Wed Jan 26, 2011 2:25 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Hey Joe
Bly om te hoor daai roer van jou skiet ook mooi met die barnes. Bly jy kon die info gebruik. Hier is n link na n post wat ekke vroer opgesit het.
http://jaracal.com/index.php/topic,1210 ... #msg157468
Dit was ook die eerste wat ekke n punt kon vang uit my 25-06. Na die SWB het daar 2 blesbokke ook geval met die Barnes. Ekke jag net met Barnes.

Stefan Swarts
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
Glock 26 9mm, CZ .22LR, Tikka T3 Varmint 25-06 Rem, Tikka T3 Hunter 308win, Howa 1500 375 Ruger, Sako 85 375 H&H
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
SS, ek het geloer op daardie link, jy het goed gedoen daar!
Ek gebruik ander koeels ook vir jag, maar Barnes se produkte is verseker topklas. Duur hier in SA, maar ek betaal dit met 'n "smile".