Fabrieksfoute by "outa".

Post Reply
tafjak

Fabrieksfoute by "outa".

Post by tafjak »

Johan

Ek hoor darem dat daar 'n fabrieksfoutjie by Nikko Stirling ingesluip het, hou darie scope as jy een van daai batch het. Die Somchem-storie van Raynie, wat hou dit vir ons in. Gaan ons nog van die goed kry, of as ons dit gaan kry of dit ok gaan wees. Help, julle is die ouens vir die poeiers en goed. Waar is Dirk, wat se sy Oom onder in die Wiileweste.

Hier raak dit by die dag lekkerder.

Taffie
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Fabrieksfoute by "outa".

Post by raychell »

Lyk my ons jakkals jagters het regtig die oor op die grond,daar was geen antwoord op enige van Somchem se fone nie Koos het toe PMP geskakel hulle het nie eers geweet dat hul kruit produsent verkoop is nie!!! PMP het wel vir ons ?n privaat sel nommer verskaf. Rheinmetal van Duitsland het 51% aandele van Somchem gekoop .Huidiglik gaan besigheid voort soos gewoonlik en het ons niks om oor te bekommer nie ?klink soos ESCOM?.Blykbaar het Rheinmetal belange in militere mortiere en vuurpyl sisteme soos Somchem ook, so dinge lyk darem nie te sleg nie. Ek hoop!
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Fabrieksfoute by "outa".

Post by johan »

Seg maar dankie dis die Germane en nie die een of ander fillestyne wat die plek oorgeneem het nie.

Vra maar net, het die B profeet nie geseg dat die Germane aan ons kant sal wees nie?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: Fabrieksfoute by "outa".

Post by Kruger »

Juis gisteraand daai stukkie gelees waarvan jy nou praat. Van die ander dinge begin ook gebeur soos die groot finansieele krisis. Laat mens dink...
Winners never quit - Quitters never win.
Post Reply