Goeiedag almal
Ek wil net weet of daar al enige vordering gemaak is ten opsigte van die minimum kriteria waaraan jou toerusting moet voldoen as jy bv. 'n kameelperd of 'n seekoei wil skiet. Die Minister wil mos he jou boog moet ten minste 80 of 90 pond trekkrag he. Wanneer beoog ons wetgewer om die voorgestelde wetgewing in te stel? Ek het aanvanklik gedink om 'n kameelperd met die geweer te jag, maar die boogjag klink al hoe meer moranties vir my. Ek het al die voorreg gehad om 'n nyala te 'spot and stalk' asook om in Januarie verlede jaar regdeur 'n elandkoei te skiet met 'n perfekte hartskoot. My x-force het 70 pond limbs en 'n plankdwars skoot kan nogal 'n uitdaging raak met 'n kameelperd, want as jy been tref gaan my pyl soos 'n muskietbyt voel. Kan iemand my 'n bietjie raad gee asb' tipe jagpyl, tipe jagpunt. Ek sal dit baie waardeer.
wetgewing minimum kriteria vir boogjag
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
-
Herman Venter
- Hero Member

- Posts: 645
- Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Eerste wat ek hiervan hoor! Sal die post dophou!!
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
30.06
.243
REFUSE TO FOLLOW
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Herman
In die een Africa's Bowhunter het hulle die een maand 'n afskrif van die groenskrif vir die beoogde kriteria geplaas. Miskien moet ons hulle vra wat deesdae aangaan.
Lekker aand
Morne
In die een Africa's Bowhunter het hulle die een maand 'n afskrif van die groenskrif vir die beoogde kriteria geplaas. Miskien moet ons hulle vra wat deesdae aangaan.
Lekker aand
Morne
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
n 70# boog is bietjie lig in die broek vir n kameelperd.
Jy moet n pyl hier in die omgewing van 750gr en swaarder skiet.
Jy moet kyk om die beste vaste lem soos n German Kinetic te gebruik.
n Kameelperd sal jou verseker die plaas wys as jou uitrusting nie op standaard is nie en jou n klomp geld kos.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Hartskoot Hennie
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Hallo Morne.
Maak seker jy het 'n permit in plek voor jy 'n Kameelperd met die boog gaan jag... Die PH op die plaas of die ondernemer sal jou meer inligting kan gee oor die saak. Hulle moet ook vrystelling he vir Kameelperde. (Die wette kan verskil van provinsie tot provinsie.)
En ongelukkig mag mens nie in Suid Afrika 'n Seekoei met die boog aanpak nie... Dit is iets wat ek ook al wou doen, maar ongelukkig word dit nie toegelaat nie. (Tensy dit onlangs verander het dat ek nie daarvan bewus is nie!)
Soos Gerhard genoem het moet mens kyk na 'n 750gr plus pyl en 'n premium broadhead soos 'n German Kinetic of een van Grizzly stick broadheads. Jy kyk na so om en by R900 vir 3 broadheads, moenie huiwer om dit te betaal nie. JY wil seker wees jy het die sterkste en skerpste broadhead voor aan jou pyl! Ek sal se jou minimum wat jy moet kan bereik is om 'n 750gr pyl teen 'n minimum van 230 fps te kan gooi... Dan sal jy min of meer voldoen aan die minimum kriteria.
Skoot plasing is die groot, groot ding waarop jy moet konsentreer... Die perfekte en gewenste situasie om 'n skoot van voor af te kan kry. As jy van die kant af gaan, maak seker jy gaan in die middel op met die voorbeen en jy pyl tref in die middel of effe vorentoe van die knop op sy bors...
Hier is so foto of twee om min of meer te wys waar jy moet mik...
[img width=319 height=480]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... 34296e.jpg[/img]
[img width=320 height=480]http://i996.photobucket.com/albums/af81 ... affe12.jpg[/img]
Of hier 'n 'n Video wat mooi wys van die kant af...
http://youtu.be/uqWhv2yKndY
Maar al die dinge hang af van jou treklengte en jou boog setup. Wat mens ook moet in ag neem is jou pyle se FOC waarde, wat jou penetrasie kan beinvloed.
Ek stel voor jy gaan maak 'n draai by Redge en sy span by Archer's Edge, vat jou boog saam en laat hulle jou van die begin af reg help. (Dit is nou as jy in die Pretoria area is...)
Anders stel ek voor jy gee bietjie meer info oor jou boog setup, dan kan ons jou 'n paar riglyne gee.
Groete,
Hennie

9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X

Zack Benade
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Morne
Ek dink jy moet meer kyk na Foot Pond energie as wat jy na draw weight kyk. As ek reg onthou is jou draw ook 28".
Ek stem saam jou 70 pond 'n bietjie aan die min kant is. Ek weet die X -force het baie energie per pond maar jaag dit op.
"n Swaar pyl is 'n moet met 'n stywe spine. Bele ook in baie goeie 2 lem broadheads. Kyk 'n bietjie na die German Kenitics.
Skreeu as jy 80 pond limb soek. By my moet nog miskien 'n stelletjie wees.
Doen jou huiswerk goed. in die Bowhunter was daar al kameelperd jag bespreek.
Groete
Zack

- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Ek stem saam, 70pond kan dit doen, maar dis nie gewens nie. As jy die ponde bietjie hoor kan opstoot sal dit goed wees.
Pyl moet 750gr+ wees en soos Hennie se, minimum spoed is 230fps. Jy kan swaarder gaan, maar dan gaan jou spoed afneem. Beste is om met verskillende gewigte pyle te speel en oor 'n chrony te skiet, jy soek na Momentum. Onthou, hoe swaarder jou pyl, hoe beter en langer gaan hy penetreer.
Jy kry nou ook Viking BH's op die mark in 100, 125, 150, 180 en 200gr. Jy kan net 'n BH koop of 2 of 3, hulle kom apart. So as jy net 1 skoot wil skiet is dit nie nodig om 'n pak van 3 te koop nie. Ek het onlangs 'n review geskryf waar ek deur n BWB been geskiet het met hulle en hy is reg om weer te jag. Baie sterk BH. Jy kan G-force hier op die forum kontak, hy sal jou kan voorsien

ek soek nog wapens...
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: wetgewing minimum kriteria vir boogjag
Baie dankie aan julle almal.
Dit moet seker lekker wees om so slim te wees soos julle!
Ek neem al jul advies en raad ter harte.
Wat is die Amerikaanse Indiane se definisie van 'n vegetarier? VERY, VERY BAD HUNTER!
Groete (vegetariers ook)