fluitjie

Post Reply
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

fluitjie

Post by cg rossouw »

Hallo manne

Die plastiek gedeelte wat mens in jou mond sit(die los plastiek wat die rekker vashou) watse soort plastiek kan mens gebruik om ander een te maak. Myne maak nou snaakse geluide.

Dankie CG
User avatar
basie
Full Member
Full Member
Posts: 172
Joined: Wed Apr 01, 2009 9:14 pm

Re: fluitjie

Post by basie »

CG
Probeer ou x-strale (plate). Is die fluitjie nie net vuil nie, myne wou noudie dag gladnie werk nie, omdat hy vuil was.

Mooiloop
Basie
Elke Rooihond kry sy dag!!
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: fluitjie

Post by cg rossouw »

Basie nee, jy kry mos so ekstra tong of wat mens dit noem saam as jy n fluitjie koop, een is weg en ander een is klaar. Gaan kyk of ek so iets kan kry. Dankie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: fluitjie

Post by Geno »

Roomys bak se plastiek behoort te werk om nuwe riete te maak vir fluite. Eintlik enige harde plastiek wat redelik buigbaar is.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: fluitjie

Post by Dawid »

Het julle manne geweet.. ;D

Die rekkie wat op die fluitjies gebruik word is die wat n mens gebruik om van n rammetjie n hammeltjie te maak.. ???

NOUJA.... ;D

As jy so gelukkig is om so n rekkie wat afval van die "nuwe hammeltjie" onmiddelik in die hande kan kry het jy klaar een hengse voorsprong op die ander fluitjies.............sit hom net op die fluitjie en siedaar.... ;D

KLAAR N FLUITJIE MET N DISTRESS FEELING IN HOM... 8) 8) 8) :laugh: :laugh:

Soos Geno en Basie se is reg, die materiaal werk....nadat jy nuwe tongetjies geknip het werk dit net mooi glad af en jou fluit kan weer n ruk gaan.
Sonie vat jou girl of vrou uit vir n lekker "Double thick Milkshake" en vat die strooitjies en knip vir jou heerlike weggooibare fluitjies. 8) 8)

Groetnis en lekker fluit
Last edited by Dawid on Tue Jul 24, 2012 5:59 am, edited 1 time in total.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Post Reply