Ek soek beproefde laai data vir my 7x57 BRNO. Ek het PMP doppe en 175 gr spitzer en 190 gr RN Claws van Andre in OosLondon
Ek is vernoem na Vic Toweel , SA se eerste , wereld bokskampioen , daar verklap ek amper my ouderdom.
Ek is `n jong biltongjagter en het die 7x57 uit die boedel van my skoonseun gekry. Het met 170 gr Proamm gejag en suksesvol gejag , tot groot koedoe bulle.
Een geweer lei tot volgende een , en het ek onlangs `n Oberndorf 8x57 JS (1932) oorgeneem van iemand wat oorsee is. Ek het beproefde ladings met Claws daarvoor van Andre Fouche gekry en daarom doen ek nou navraag vir die 7x57
7x57 herlaai data
- Victor
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Thu Jul 19, 2012 9:33 am
7x57 herlaai data
Last edited by Victor on Fri Jul 20, 2012 8:04 am, edited 1 time in total.
8x57 JS Oberndorf 1932
7x57 Brno
12 boor Ivor Johnnson 1920
BSA windbuks 1907
7x57 Brno
12 boor Ivor Johnnson 1920
BSA windbuks 1907
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: 7x57 herlaai data
Victor.
Eerstens baie welkom maar asb gaan na die NUWE LEDE hofie en stel jouself bietjie voor aan die manne en ek glo vas sodra jy bietjie meer vertroud is met die stelsel sal jy sommer maklik jou vrae en dinge onder die regte afdelings plaas en hiers baie slim en ervare manne wat jou sommer gou gaan bystaan en hulp verleen.
Nogmaals welkom op die forum,
Groetnis
Eerstens baie welkom maar asb gaan na die NUWE LEDE hofie en stel jouself bietjie voor aan die manne en ek glo vas sodra jy bietjie meer vertroud is met die stelsel sal jy sommer maklik jou vrae en dinge onder die regte afdelings plaas en hiers baie slim en ervare manne wat jou sommer gou gaan bystaan en hulp verleen.
Nogmaals welkom op die forum,
Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Sarge
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Jul 17, 2012 2:45 pm
Re: 7x57 herlaai data
Hi daar, ek skiet self 7x57 - Schultz & Larson vir die afgelope 20 jaar en het nog net plesier gehad met S365 kruit (43gr) agter 'n 152 gr Hornady punt. Het hierdie jaar ook ge-eksperimenteer met allerhande dinge soos 175 gr punte (dis blykbaar die oorspronklike Mauser punt) en 163 gr punte. Groot fout, alles was deurmekaar en my vertroue het 'n knou gekry. Terug op my beproefde lading en nou skiet ek weer duim groeperings op 150 tree. Goed genoeg vir my. Herlaai is so persoonlike ding, kry wat vir jou werk en bly daarby. Met 150 gr punte skiet jy enigiets dood in jou geweer se vermoe. Kom ons hoor wat s? die ander manne. Groete. Sarge.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: 7x57 herlaai data
Victor hi baie welkom bly om kennis te maak - weet ons gaan dit saam geniet.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
