.270 win 110gr vs 130gr punte

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

Re: .270 win 110gr vs 130gr punte

Post by Eras »

More Laurence,

My ondervinding is dat die 110 V-Max baie akkuraat is en vinnig geskiet kan word en het dus 'n redelike plat trajek tot ongeveer op 300 meter en daarna raak sy asem vinnig op. Omdat jy noem dat jy graag kompetisies wil skiet sou my raad wees om na die Sierra Match King 135 grein te kyk om rede die koeel 'n hoer BC het en die wind beter sal ry as die 110 V-MAX. Omdat dit makliker is om afstand te skat (bly konstante gegewe) as om wind te skat (wat voortdurend verander) kan die hoer BC dalk net handig te pas kom.

Ek skiet die 110 V-MAX so teen 3 300 fps en gebruik Winchester doppe (58.0 gr S365) - MAAR ASB : WERK ASB VANAF die MIN LADINGS OP en bepaal jou eie maks volgens jou geweer se spesifikasies.

Sterkte en laat weet ons hoe dit gaan.

Groete
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: .270 win 110gr vs 130gr punte

Post by FHM »

Laurence,

daar is spesefieke plekke hier op die forum waar die tipe vrae gepos en bespreek word. Ky Jag Algemeen of Vuurwapens Algemeen en pos jou navraag daarso. Hier waar jy dit nou gepos het is vir nuwe aansluitings waar nuwe lede hulle voorstel aan aalmal.

Wlkom by ons en geniet die forum ;)

Groete
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply