Effek van gras?

Post Reply
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Effek van gras?

Post by muismaree »

Hi Manne

Help my want ek wonder. Wat is die effek van grashalms, soos rooigras in die Vrystaat, op 'n ligte vinnige koe?l soos 'n 130 grein uit 'n 270? Sal ek 'n blesbok heel in sy kanon in kwes as daar 'n paar grassies in die pad is? Dit is nou as ek vir die blad skiet en nie vir die kop nie. Rede hoekom ek vra, as ek plat op my gat sit met die bipod, is daar altyd 'n paar bleddie grassies in die pad as mens deur die scope kyk. Die bokke staan nie te ver nie, omtrent so 150m.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Effek van gras?

Post by Dawid »

Muis,

Uit my ondervinding is ek nie bang vir grasse nie solank dit nie n dik besigheid is nie.

Steeds kies jou skote sorgvuldig.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Effek van gras?

Post by tripodmvr »

Ek is maar baie versigtig. Het ' een skoot met my 243 gemis en ek verkwalik die lang gras. Re?n het 'n effek op koe?ls so ek vermy skote deur grashalms.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Effek van gras?

Post by BLOK »

Ek sal se dit hang alles af van hoe ver die bok agter die gras staan. As die bok naby die gras staan se n meter kan dit die koel se pad nie te veel uitgooi nie maar as daai gras se hier by die jagter is en die bok 150meter verder kan daai klein versteuring n groot verskil daar voor maak.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Effek van gras?

Post by FHM »

BLOK wrote: Ek sal se dit hang alles af van hoe ver die bok agter die gras staan. As die bok naby die gras staan se n meter kan dit die koel se pad nie te veel uitgooi nie maar as daai gras se hier by die jagter is en die bok 150meter verder kan daai klein versteuring n groot verskil daar voor maak.
Ek stem Blok ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Effek van gras?

Post by Johnnie De Wet »

BLOK wrote: Ek sal se dit hang alles af van hoe ver die bok agter die gras staan. As die bok naby die gras staan se n meter kan dit die koel se pad nie te veel uitgooi nie maar as daai gras se hier by die jagter is en die bok 150meter verder kan daai klein versteuring n groot verskil daar voor maak.
Volpunte, ek gee jou die dag af...
Johnnie
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Effek van gras?

Post by muismaree »

Dankie, die kundiges se raad word altyd waardeer.  ;) ek sal maar versigtig handel.
KC

Re: Effek van gras?

Post by KC »

BLOK wrote: Ek sal se dit hang alles af van hoe ver die bok agter die gras staan. As die bok naby die gras staan se n meter kan dit die koel se pad nie te veel uitgooi nie maar as daai gras se hier by die jagter is en die bok 150meter verder kan daai klein versteuring n groot verskil daar voor maak.
Stem saam.

Het n Rooibok op 70m heeltemal gemis toe ek deur grashalms geskiet het.

Ek vermy hulle van toe af heeltemal.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Effek van gras?

Post by BLOK »

KC wrote: Stem saam.

Het n Rooibok op 70m heeltemal gemis toe ek deur grashalms geskiet het.

Ek vermy hulle van toe af heeltemal.
Die rooibokke of die gras ha haha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Danie Lombard .243

Re: Effek van gras?

Post by Danie Lombard .243 »

Muis

Jy kan met 'n geruste hart gaan jag met jou .270 gelaai met 130gr koeels in die VS tussen die rooigras. Veral vanjaar sal dit nie 'n probleem wees nie omrede die gras die winter aan die kort kant is. Met die jag van vlakte wild met medium kaliber is gras wat lank is gewoontlik nie 'n probleem nie juis omdat die meeste kere die vitale area van vlakte wild duidelik sigbaar is bo oor die gras. Soms waneer die VS lekker reen kry, meer as normaal soos in 2009, 2010 en 2011 groei die gras werklik baie hoog. Soveel so dat springbokke se nekke en koppe al is wat sogbaar is bo die gras saad.

Die probleem met lang dik gras kom voor met die jag van ongediertes met ligte kaliber met ligte koeels bv 222  223  22-250  204 ens ens. Dit is iets om te hoor wanneer 'n koeel deur lang gras gaan, dit klink amper soos papier wat skeur.

.270 met 130gr is 'n ram kaliber vir die VS vlaktes.
KC

Re: Effek van gras?

Post by KC »

KC wrote:
BLOK wrote: Ek sal se dit hang alles af van hoe ver die bok agter die gras staan. As die bok naby die gras staan se n meter kan dit die koel se pad nie te veel uitgooi nie maar as daai gras se hier by die jagter is en die bok 150meter verder kan daai klein versteuring n groot verskil daar voor maak.
Stem saam.

Het n Rooibok op 70m heeltemal gemis toe ek deur grashalms geskiet het.

Ek vermy hulle van toe af heeltemal.
Nee darem nie die bokke nie  ;D

Ek laaik mos a rooibok erg.

Vir 'n arm ou soos ek kan ek darem biedjie meer jag as wanneer ek n koedoe moet skiet  :laugh:
Post Reply