Blok se Blesbokke
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Blok se Blesbokke
Na aanleiding van Blok se advertensie hier op die forum, het ek 'n skietsessie by hom bespreek . Sat 30 Junie
Dit was lekker om die man uiteindelik te ontmoet ,nadat ek al so baie van sy threads hier gelees het, en soos ek al gese het : Dit was 'n aangename ontmoeting.
Vir die wat hom nog nie ontmoet het nie, wel: Blok is 'n plat op die aarde, no nonsense, "what you see is what you get" ou, wat hou van "sports". Natuurlik die soort wat met gewere gepaard gaan.
Na 'n laat aand sessie (jakkals skiet) saam met my neef op Viljoenskroon die vorige aand, het ek 20min laat op gedaag, en daar gekom, het daar al klaar een Rooibok gele.
Blok het hom geskiet met sy 204 en toe ons hom gaan oplaai,aangesien ek net na sy skoot by die hek was, het ons hom "ge range" 285m.Die skoot is net onder die ore deur, en ek was natuurlik beeindruk met Blok en sy 204.
Die res van die dag het taamlik glad verloop, en ek kon my ver skiet gewere 25-06,en 270 WSM lekker beproef.
Ek wou ook graag my 300win mag(TRG) bietjie toets, maar toe ek op die bakkie klim,sien ek dat die picatiny rail heel los is, en moes toe maar verder aangaan met old faithfull (25-06)
Blok was so gaaf om my ,sy kwota vir sy slagter, ook te laat skiet, en kon ek dus 13 blesbokke en 5 rooibokke vir die dag skiet.
Behalwe vir die laaste bok van die dag,wat ek effe ver voor geskiet het,op 110m, het dinge betreklik goed verloop en het al die bokke darem van een skoot elk geval.
Oor die afstande gaan ek nie te veel se nie, Blok kan maar, aangesien baie mense maar snaaks vir 'n ou kyk as jy dit noem, maar ek kan vir julle se ,as jy lekker lang skote wil skiet en jou gunne op die proef stel, is Blok se plek die regte plek, aangesien hy dit ook geniet, jou nie aanjaag nie en die plaas redelik oop is en dit nie te moeilik is om 'n bok te kry as daar iets skeef loop nie.
Die slag geriewe was eerste klas, en ook dit het mooi glad verloop. Glo my dis nie noodwendig die geval op alle "skietplekke" nie
Dankie Blok, dit was een van my hoogte punte vir die jaar!
Ek hoop ons kan dit volgende jaar weer doen, en dan kom ek sommer vir die naweek en kuier lekker in daai mooi chalets ook.
Groete

Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Blok se Blesbokke
Oom Blok jou yster 
Beretta
Beretta
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Blok se Blesbokke
Soos my advertensie gese het, was hierdie n wild oes van die bakkie af en nie n jag nie. Ek probeer soveel moontlik bokke in so kort moontlike tyd uitskiet.
Man kom ek nou eers vir julle vertel ek het nou al in my lewe van alle jagters gehad, min dinge wat my nog kan verbaasEen man kom hier aan en vertel jou hy skiet net kopskote en niks nader as 400meter nie dan sukkel jy jou agterkant af agter sy kwes bokke ander ou se weer niks en skiet jou soos hy is, stil.
Nou toe Ronald my bel en vra of hy ook kan kom skiet aangesien die plaas klein is en hy baie graag ver skote wou skiet sal dit moontlik wees het ek maar gedink dit is seker weer een van daai eerste ouens wat ver wil skiet want hulle het al gaan rondkyk op longrangehunting.com.
Was ek verkeerd, kyk Ronald is nou n baie aangename mens niks snaaks nie net soos die meeste jagters plat op die aarde. Maar laat ek julle vertel die man mag maar skiet en daai 25-06 van hom ken hy. Wat ek ook van hom hou is hy het geen fieterjasies nie het geduld en skiet nie net want die bok staan nie, hy skiet want die bok staan reg en sy kanse vir n goeie skoot is so te se volmaak. Ek wens almal wat kom skiet ken hulle gewere en trajekte so goed soos hy.
Maar laat ek julle vertel hoe skiet die man. Met die naaste skoot seker hier by 80meter, n baie mooi kopskoot wat klaar bo die algemene jagter se vermoens is en die gemiddelde skoot hier in die orde van 300-350meter steeds kop en nekskote waarvan meeste ander jagters nie eers droom nie.
Maar Ai!!, die skoot van die dag een wat nie ek of hy seker in ons lewens sal vergeet nie. Elkgeval die verste raak skoot wat ek nog gesien het en dan nie eers op die lyf nie was daai een van 570meter. Mense weet julle hoe ver is dit, ek dink nie eers my 204 met al sy spoed kan so ver skiet nie, wat nog te se van kil.
Newat al Ronald se skote was mooi gedoen selfs daai laaste bok wat ons nog n skoot moes gee, een uit 19 is glad nie sleg nie.
Ronald jy is welkom om volgende jaar weer te kom wild oes as daar is.

Last edited by BLOK on Mon Jul 02, 2012 3:55 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Blok se Blesbokke
Blok lees ek nou reg...
570m kop skoot???
Klink my julle het n goeie oes sessie gehaad.
Ronald mooi geskiet man.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Blok se Blesbokke
Deksels, ek reis nie eers so ver as ek met verlof gaan nie ...
Wel gedaan, mater, dit wil gedoen wees !

Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Blok se Blesbokke
Baie impressive stats daai!So n video sou nou heel nice gewees het.Geluk aan julle twee.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Blok se Blesbokke
Mooi gedoen Kopskoot, wat se lading en koe?ls gebruik jy in jou .25 06, en met wat se scope skiet jy op hom?
As ek so onder jou naam kyk, moes jou naam eintlik SAKO Kopskoot gewees het
As ek so onder jou naam kyk, moes jou naam eintlik SAKO Kopskoot gewees het
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Blok se Blesbokke
Piet
Gebruik 75 gr V max'e -56gr 355, 3660 f/s.
Swarovski Z5 5-25 BRH reticle. Sako Varmint ,23 5/8" loop
Werk goed vir my!
Ek skiet ook 100gr siera match kings, @ 3300, en hulle skiet op presies dieselfde plek op 200m.

Last edited by kopskoot on Tue Apr 14, 2015 8:56 pm, edited 2 times in total.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Blok se Blesbokke
Mooi gemaak manne.Piet Breedt wrote: Mooi gedoen Kopskoot, wat se lading en koe?ls gebruik jy in jou .25 06, en met wat se scope skiet jy op hom?
As ek so onder jou naam kyk, moes jou naam eintlik SAKO Kopskoot gewees het
Piet hierdie een, staan by S & O .
sako 375 Bavarian
My tipe roer die hout net soos goeie koffie ruik soos klas.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Coenie (Swift)
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am
Re: Blok se Blesbokke
Geluk Kopskoot en Blok, klink of julle 2 'n pad gaan saam stap.... Blok is self man vir die lang skote.
Wys maar net ken jou geweer en jy sal suksesvol wees.

.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Blok se Blesbokke
Lekker man, klink of almal gelukkig is

Cash is king

Cash is king
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Zack Benade
Re: Blok se Blesbokke
Blok
Spoed is alles.

Bring my geweer!!!!!!!!!!!!Waar is my 22-250 en 6BR????
Blok, Waar is die manne met hulle overpower guns nou?

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Blok se Blesbokke
Ou Hings!!!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
-
Fanie
Re: Blok se Blesbokke
Blok se Blesbokke kry Kopskoot 
SKITTEREND ! Daai een op 570m is nie hanna-hanna nie, jy moet wragtag weet wat jy doen as jy daar gaan rond kuier. Selfs om kopskote op 300 tot 350m te skiet is nie sommer net nie. Ek weet nie eers of ek so ver kan sien nie
Julle het darrem seker nie nodig gehad om so ver te loop nie...