Slag/Verwerkings pryse

Post Reply
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Slag/Verwerkings pryse

Post by Heinds »

Hallo Manne

Wat sou julle se is 'n billike prys vir verwerking van bokke?

Kan julle vir my 'n per/kg prys gee en per bok prys en as dit moontlik is vir bv: (Droewors en biltong) (Net vleis) (Mince)

Springbok/Rooibok
Kudu
Gemsbok

Groete en dankie!
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by FCLoretz »

Al jou slaghuise werk op per kilogram en almal verskil afhangend van hoe jy die vleis wil laat verwerk. Hulle weeg die karkas as jy aflaai en dan werk hulle van daar af.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Jakes73 »

Hein,

Ek betaal R7 p/kg (karkas gewig) vir die verwerking en dan is alle spices, casings/derms en ekstra vleis wat by wors gesit word ekstra.

Het bv R850 die laaste keer betaal vir 2 rooibokke (50kg karkas gewig) en het braaiwors, droewors, biltong, chillie bites, skenkel kookvleis, gerookte fillets en 'n paar sirloin steaks laat maak. Moet byse die derms vir die braai en droe wors was omtrent R350 van die R850.

Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by FCLoretz »

Jaco, waar laat jy jou vleis werk.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Jakes73 »

Hi FC,

Het by Kings Meat Deli ingegee. Hulle het 2 takke, een by Castle Walk winkelsentrum in Elarduspark en 'n nuwe tak in dieselfde sentrum as S&O. Soos ek op 'n vorige post gese het, hulle is nie noodwendig die goedkoopste nie maar hulle werk is uitstekend.

Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by tokjak »

jis,ek vra R8/kg + wat ek insit dws R8/kg vir die arbeid
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by vlakvark1 »

Slaghuis hier by ons vra R8.50/ kg verwerking dan kom die speserye, derms, vet, beesvleis nog by. Koedoe het uitgeslag 178kg en R4390 verder kry jy eers jou produk[ biltong en droewors] :o :o. Is dit duur of wat se julle ??? ???
Last edited by vlakvark1 on Sat Jun 30, 2012 11:42 pm, edited 1 time in total.
vlakvark en bosvark Bvk
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by junglejulian »

dink ons is baie bederf in bloemfontein.ek betaal R3,50/kg vir biltong maalvleis en bene opsny.die vet en spice is dan ekstra.werk my gewoonlik R12/kg uit dan is die totale karkas verwerk in kookvleis braai/droewors en biltong mooi in sakkies verpak.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Vlakvark »

+1000 Oom Pine
Dan is dit lekker gesels tyd, en die jag word oor en oor bespreek
Ek is gelukkig my vrou en een dogter jag saam. Die ander twee dogters wil nie jag nie. Maar help vleis werk.

Soos Oom Pine se dis nie te moeilik nie. In Suid Afrika het ek ook altyd my vleis in gegee om bewerk te word Hier in AUS sal geen slaghuis dit in vat nie. En moes ek vinnig leer self doen
Ek het maar 'n paar videos op you Tube gekyk en 'n 9 uur lange stel DVD Vanaf slag tot verwerk en selfs wors maak en rook van vleis gekoop en daarmee my self geleer
Dit is lekker, jy weet wat is in jou vleis en jy maak dit soos jy wil
Vat volgende jag net een karkas verkieslik klein. Springbok of rooibok huis toe en werk hom dit vat nogal 'n tydjie die eerste keer veral as jy met DVD werk jy rewind nogal baie. play, rewind. play, rewind was nogal sports die eerste keer.
Jy kan ook baie doen sonder 'n saag. dit is nie nodig dat jy 'n saag moet he nie jy sal net bietjie extra tyd vat om al die bene skoon te sny Maar beslis het jy nie 'n bandsaag nodig nie as jy dan wil kan jy 'n handsaag gebruik. Ek het wel nog nooit 'n band of handsaag gebruik nie
Ek het wel nou 'n bandsaag gekoop om dat ek nou ook my eie skaap vleis wil begin verwerk hier kan jy nog 'n groot besparing te werk bring en dalk al daai extra geld wat jy bespaar om jou eie vleis te verwerk spandeer om 'n extra bok te skiet
Image
Image
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by spekieries »

More manne

Ek het laas week 'n rooibok ooitjie geskiet wat ek braaiwors van gemaak het.

-Crown Safari boerewors speserye ? R50 1Kg - genoeg vir 20kg vleis
- Derms het ek lank terug gekoop, kan nie die prys onthou nie.
- Vark trimmings by Meatworld- Dit was 'n skok vir my gewees ( R35/kg)x 10= R350
- Plastiese sakkies (25x40) 250 sakkies by Plastic World (R50)
- Rooibokkie by my neef R400.
- Bruin asyn = R7-50 (gebruik net 'n koppie vol)

Ja dit is nie goedkoop braaiwors nie, maar ek verseker julle dit is baie lekker. Dit was my  eertste poging met my tweedehandse meatmaster, springbok (ek weet nie)

Alhoewel dit relatief duur is weet ek al my vleis is in die wors in en ek weet ook presies watse vleis daar in gegaan het.

Groete 
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Christo »

Mooketsi omgewing @R 5.00/kg en jy betaal ekstra vir spice, vett en derms.

Ek doen meeste van die tyd als self en die gesin help waar kan. Baie lekkerder en jy weet wat is in jou wors.

Moet nie skomgesnyde bene weggooi nie. Kook af, jy sal vebaas wees hoeveel vleis afkom vir 'n lekker pastei.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jakes73
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Jakes73 »

More manne,

Vir die van julle in die Pta omgewing, ek hoor Hokaai slaghuis vra R12/kg die jaar vir wild verwerking en dit sluit alles in. Ek het al vantevore vleis by hulle Centurion tak ingegee en dit het nie te sleg uitgekom nie. Het ook al 'n stel of twee by hulle F/Glen afgetrap so "use it, don't use it".

Groete
Jaco
CZ 550 Lux 30-06
Vektor SP1
Gamo IGT
immelmanw

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by immelmanw »

El laat my vleis by La Rhine Slaghuis tussen Paarl en Malmesbury verwerk. Hulle vra R4.50/kg vir die verwerking. Maar prys is nie alles nie, ek laat dit daar doen omdat hulle die lekkerste wors maak wat ek ng geproe het, alles netjies verpak. Hulle maak ook patties, mince, groot biltong droogkamers ens ens. Die droeewors is ook n wenner. Ek kan enige tydop n Sondag my goed aflaai en niemand se bek is dik nie! praat met Christo Smit.0731824840 Bygese, daar is min plekke in die Stellenbosch, Paarl omgewing waar ek nog nie laat werk het nie, lyk my ek het nou my plek gekry!

As ons in die Noorde jag by Kings, in Kimberley omgewing by n slagter met die naam Gielie.

Anyway, dis my storie....
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by sako 30-06 »

Ek verstaan dis dis slaghuise se besigheid,maar ek is geskok oor hoe duur hulle geword het.
Elke jaar gaan die pryse op en elke jaar is dit dieselfde storie,derms en speserye se pryse het opgegaan.Wel dis n bogstorie ek betaal nou al die laaste twee jaar dieselfde prys vir die derms en die speserye by crown national.Speserye is R35/kg en dis genoeg vir 20kg se vleis,die slaghuis het my laas R160 gevra net vir speserye vir een rooibok.
Hog casings kos my R79/bondel,genoeg vir so 100kg se wors.Die slaghuis het my R20 per derm gevra.
Nou vra ek met trane in my oe hoe kan die manne die pryse regverdig?
Die plaas waar ons die jaar gejag het het al die vleis bewerk en gevacuum pack teen R11/kg.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Hilux01 »

Ons betaal tans so R15 - R17/kg
Daar is plekke wat meer vra maar dis wat dit op uitwerk R7.50/kg verwerking en dan betaal jy die res soos hulle dit gebruik
Hier by ons die skaars en duur items die dun derms vir die droe wors. Dink dfie manne praat van R225/ bondeltjie
Dan is die briskette ook die tyd van die jaar maar aan die duur kant

Weet te min om self te verwerk maar verseker op my "to do"lysie om volgende jaar self te verwerk en gaan n bietjie oplees en "lesse"vra by n ou kenner

Groetnis
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
ablm468

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by ablm468 »

pine wrote: Klink maar effe rof,
Ons wat boere is en die goed skiet om te gebruik, daar is geen manier hoe ek die pryse sal betaal nie. Neem net so n ietste ekstra en bele in n saag en n meul en as jy dan wil n pattiedrukker. Koop so n ekstra vetjie by en doen die ding self. Dit is baie eenvoudiger as herlaai. Jy geniet dit net so veel meer en jy maak jou ou vleisie soos dit jou pas. Ek weier om n bok te skiet en nie self te bewerk nie.Ek weet tyd en werklas en baie meer maak n indruk op almal se lewens. Laat die liefde in jou lewe jou help en doen dit self. Dit is selfs lekkerder as die jag self. Ek het net genoeg goed gesien wat deur slagters gemaak was en vir my as n ou jagter nie aanvaarbaar was nie. As jy kan skiet, kan jy beslis ook die vleisie bewerk. Probeer dit net een maal, jy sal baie beslis tevrede wees.
Geseend vir alle jagters en ook die wat hulle eie vleis bewerk,
Pine
+1000 Oom Pine

Ek het laasjaar vir my 'n nuwe maaler gekoop en ek het hom nou die dag ingewy, het 'n hele swb binne 45 min opgemaal, my eie wors is baie lekker, het altyd my vleis by slaghuis ingegee maar die laaste keer kon ek amper nie daai wors eet nie, hulle het al hulle oou afval vleis daarin gegooi en 'n m..rse lot sout, die hond wou dit nie een eet nie. Laaste 3 jaar werk ek my eie vleis, kry baie komplimente oor hoe lekker dit is. Dis nie oor ek so goed is nie, volg maatr net Crown se reseppie op die pakkie en siedaar... ;)

Stem 100% saam Met Oom Pine, as jy kan herlaai kan jy vleiswerk ook..
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Slag/Verwerkings pryse

Post by Eugene »

Julle pryse klink baie rof! Nou lyk Klerksdorp se pryse nie meer so sleg nie. Hier by ons is die gemiddeld so R 3-50/kg verwerkingskoste en dan betaal jy vir die spices, vet en derms addisioneel. As jy natuurlik nou sosaties en patties ook wil laat maak, dan betaal jy maar ekstra daarvoor.

Ek het ook so 3 jaar terug bel? in 'n ordentlike meule, worsstopper en saag en bewerk maar my eie vleis. Dis nie aardskuddend goedkoper nie, maar ek weet ten minste wat is in die wors en dro?wors en ek geniet dit om die vleis self te werk. Ek koop maar altyd goeie brisketvet in Maart, dan is dit darem nog so R30 - R35 per kg, in die jagseisoen betaal jy maklik R50 - R60 per kg vir brisketvet hier by ons!
Aim small, miss small
Post Reply