Is dit 250 kg per voertuig of per persoon

Post Reply
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Is dit 250 kg per voertuig of per persoon

Post by Andre Hepburn »

Dagse dagse manne


Net gou 'n vinnige vraag. Het miskien 'n geleentheid vir 'n jag aan die einde van Julie. Het laas in 2009 in namibia gejag so sien baie uit daarna. Net gou vinnige vraag. Het bietjie gan oplees oor die permitte etc en sien dit 250 kg vir persoonlike gebruik en oor dit beskou hulle dit as kommersieel. Nou my vraag is dit 250 kg per voertuig of per persoon? Ons is van plan om 'n vrieskas trailer sam te vat en dan die karkasse terug te bring RSA en self te verwerk. Is dit toelaatbaar of moet die vleis verwerk wees of hoe? Sal dit baie wardeer as die manne 'n ou raad kan gee. Dis mos altans die beste forum vir jagters ;D


Groete en Mooi bly

Andre
270 Win  (ou staatmaker)

338-06 Mauser

12 boor Beretta Semi Automaties (in wording)

357 Arminius revolver
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Is dit 250 kg per voertuig of per persoon

Post by Louis102 »

Andre Hepburn wrote: ... Ons is van plan om 'n vrieskas trailer sam te vat en dan die karkasse terug te bring RSA en self te verwerk. Is dit toelaatbaar of moet die vleis verwerk wees of hoe? Sal dit baie wardeer as die manne 'n ou raad kan gee. Dis mos altans die beste forum vir jagters ;D ...
Andre, toevallig 'n 2 beamptes van natuurbewaring gister by ons boerevereniging gehad om onduidelikhede uit te klaar.  Die reel volgens hulle is dat jy bokke in die vel - kop en pote af, mag uitvat na RSA.  Jy mag egter nie die velle van afgeslagte karkasse en horings oor die grens vat, sonder die nodige permitte nie.  Velle en horings mag ook blykbaar eers aan die einde van die seisoen uitgaan, al het jy 'n permit.  Dis hoe dit blykbaar by die Ariamsvlei-grenspos werk.

Vleis het dus nie nodig om verwerk te wees nie.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Is dit 250 kg per voertuig of per persoon

Post by gillie »

250kg per persoon, jy kan aansoek doen vir meer. As jy dit laat verwerk (bene uithaal), kan jy dalk meer vleis saambring

http://www.nda.agric.za/vetweb/ImportEx ... %20use.doc
Last edited by gillie on Thu Jun 28, 2012 12:49 pm, edited 1 time in total.
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm

Re: Is dit 250 kg per voertuig of per persoon

Post by 22-250 Sniper »

Ons het Sondag terug gekom van Suid Wes dit is 250kg per persoon met n permit. Maak seker julle jag permitte word voltooi en geteken op die plaas (agter op die wit afskrif) ons was elkeen bederf met n R300.00 boete en hulle is oulik geleer hulle hou jou paspoort todat jy terug kom met die kwitansie van die polisie.
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
Andre Hepburn
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri May 25, 2012 1:23 pm

Re: Is dit 250 kg per voertuig of per persoon

Post by Andre Hepburn »

Dankie vir die hulp ouens

Net gou paar vinnige vrae mannr,22-250, hoop jy sal nie omgee om hulle te beantwoord nie. Wat is die koste van die invoer permitte van die Suid Afrikaanse Veeartseny afdeling asook die tyd wat dit vat vir die uitreik van die dokumente en ook die koste van die uitvoerland (Namibia) se veeartsseny-sertifikaat. Neem aan dit neem redelik vinnig siende dat dit in nambia uitgereik word voordat met die terugkeer na RSA. Beplan om 'n paar gemmies en springbokke te skiet, een van die manne soek graag 'n kudu maar jy ken mos kudu se kind. Weereens dankie vr die hulp en hoop om gou te hoor of die man se die jag gan nou gebeur. By voorbaat dank


Mooibly
270 Win  (ou staatmaker)

338-06 Mauser

12 boor Beretta Semi Automaties (in wording)

357 Arminius revolver
Post Reply