Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
More Almal,
Ek het nou lank gedink oor die een en nou maar dit goed gedink om dit te post en te hoor wat se die ander. Ek was ongelukkig om twee naweke terug ?n Kudu Koei te kwes. Wat gebeur het is as volg:
Die oggend begin stap en teen so 09:30 se kant sien ons ?n trop Kudus wat teen die grens draad staan. Het nader beweeg van bos tot bos en op 248m gerange toe is die trop baie bewus van ons en ek kon nie nader nie.
Die koei het plank dwars gestaan en kyk vir my. EK het my tyd gevat en seker gemaak van my skoot op die blad. Die oomblik toe ek die sneller trek, toe besluit die koei sy draai om, om weg te hardloop. Nou ja, daar sit ek toe met ?n kwes skoot. As sy stil gestaan het is ek 100% seker ons sou haar net daar opgetel het, maar mens kan nou nie sulke goed voorspel nie. Sy het so hand vol bloed gegooi vir omtrent so 2 kampe en toe begin dit net mider word totdat daar niks meer bloed was nie.
Nou my vraag is, as ek die koei met ?n non bonded punt geskiet het, soos SST of Balistic Tip bv, sou ek nie ?n beter kans gehad het om haar te kry en die punte sou mos baie meer skade gemaak het? Hoeveel keer skiet mens werlik so skoot dat jy wel daai Bonded punt benodig?
In total het ek 3 Kudus, 4 Varke en 3 Rooibokke geskiet waarvan die 1 Rooibok net so onder die 26 Duim was, geskiet vir die 4 dae en almal 1 skoot dood skoot, behalwe die 1 blerrie koei.
Groete,
Piet

.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
More Piet,
Ek twyfel of dit veel van 'n verskil sou gemaak het. Omdat die koeie beweeg het. Het ingangs en uitgangs punt verander van die koeel. Asook die feit day die vitals nou heeltemal mis geskiet was?
Ek mag dalk verkeerd wees. Maar ek dink nie enige punt sou 'n verskil gemaak het nie.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
My beskeie opinie; sst of balistic tip is nie regtig gemaak vir groot wild nie, breek soms op voor dit die hart-long kan beskadig veral as bok nie plank-dwars staan nie. Jy se ook nie wat se kaliber - gr-punt jy gebruik het nie.
Baie geluk met ander skote, dit wil voorkom asof jy wel die regte ammo gebruik het want die ander bokke kon jy neersit met 1 skoot!

LAAT-LOOP
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Oh gats ja. Vergeet om te se. Ek het .270 geskiet met 140gr Accubond. Ek het nog nooit probleme gehad en moet byse die Kudu was maar die 2de bok wat ek gekwes het in my hele lewe, so dit is n teur punt vir my.
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Hallo
Ek dink jou keuse om n goeie koeel te gebruik is n prysenswardige een. ELKE LIEWE jagter gaan iewers kwes - dit is jammer, maar gewis. n Skoot wat swak tref gaan selfs n 105 recoilless laat kwes. Ek dink jy het alles gedoen wat n verantwoordelike jagter moes doen. Baie geluk met die wat geval het.
Mossie

as jy mis, probeer net weer!!!!!!
-
Biltongjagter
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Piet, wat is die tromp snelheid van daardie 140 gr Accubond uit jou .270?
Groete,
Koos.
Groete,
Koos.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Hi Koos,
Daai spoed is gem 2880fps. Ek het 22" loop
Groete
Piet
Daai spoed is gem 2880fps. Ek het 22" loop
Groete
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
Biltongjagter
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Piet, dit neem daardie koe?l van jou mooi net ? 0.28 sekondes om tot by daardie koedoe koei oor 248m uit te kom en te tref.
In daardie rapsie meer as 'n kwart sekonde se tyd, kon sy w?l redelik beweeg het, maar verseker nie baie v?r weg vanwaar jy jou skoot oorspronklik sou plaas nie.
S?, moet jouself nie te veel straf met die kwes skoot nie! Ek dink dit is eerder die koe?l wat met die geringe verandering in impak punt, nie na wense presteer het nie.
Sou jy byvoorbeeld 'n koe?l gebruik het wat teen tromp snelheid van ? 3384vps uit jou 22" loop gevlieg het, sou dit die koedoe koei na ? 0.24 sekondes bereik het - 0.04 sekondes gouer - en minder weg gewees het van jou aanvanklike trefpunt. Dus groter kans om die koedoe koei te kon kry.
Boonop kon beter koe?l konstruksie van hierdie vinniger koe?l + die geringe wysiging van impak punt, jou bok steeds binne meters laat dood neerval het.
S? maar net!

Last edited by Biltongjagter on Sat Jun 23, 2012 5:47 pm, edited 1 time in total.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
kwes is kwes, afhangende van spesifieke omstandighede kon 'n varmint tipe koeel beter presteer om die dood van 'n gewonde dier te veroorsaak.
monolitiese koeels het min tot geen vragmentasie (as dit 'n woord is) en sou noodgedwonge slegter presteer met dieselfde skoot plasing ... 0.04 sekondes dink ek nie gaan 'n noemenswaardige verskil maak nie.
natuurlik is skoot plasing alles maar hoekom word daar met vamint en sagte lood koeels geoes? (omdat skoot plasing nie altyd 100% is nie)

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Ja nee
Ek het gewag vir daai comment. Pieta soos ek jou gese het al wat gebeur het jyt die koei sleg geskiet en klaar. Die argument van die 0.04s dra gee water nie. In jou onderbewyssyn het jy gesien daai bok begin beweeg en daar het als haywire gegaan. Ek skiet self met daai koele en het al op koedoe op 300m gemaklik deur gehardloop op blad en geen deviasie gehad nie.
Hoe kan jy se die koeel het swak presteer en van rigting verander etc en jyt nie eers die bok gekry nie. Dis blote spekulasie.
Ek wil my doodlag want elke keer met so tipe post moet ou Koos altyd kom en op watse subtiel ook al kom en sy koele kom smous
Op daardie afstand speel wind, regte skatting wat hoogte betref, plus die korreksie reaksie wat jy onbewus probeer toe pas het toe jy die beweging sien baie groter rol as die 0.04 sek iin die skootplasing.
Ek is jammer maar dis pure bog om te se die mono so beter presteer het as jy nie eers weet wat die punt van impak is nie.

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

Danie Lombard .243
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Ek stem saam Neels, skoot plasing tel veel meer punte as koeel punt keuse (koeel punt wel balangrik maar skoot plasing no 1)
Kwes is 'n baie slegte ondervinding, iets waardeer elke jagter seker ten minste eenkeer in sy lewe moet deurgaan. Ek gun dit vir niemand nie.
Kwes is 'n baie slegte ondervinding, iets waardeer elke jagter seker ten minste eenkeer in sy lewe moet deurgaan. Ek gun dit vir niemand nie.
-
Biltongjagter
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Piet skryf -
Met die minimale verskil wat die 0.28sek. sou gemaak het in die finale impak posisie van Piet se skootplasing, is daar net die koe?l wat op impak teenwoordig was en enige noemenswaardige verskil kon maak. Presies net d?t, wat toe juis nie gebeur het nie - swak penetrasie wat kwes skoot tot gevolg gehad het.
Wat die invloed van die 0.04 sek. betref - dit is 'n hele 41 meter verder se trek (anders gestel, 16.5% van die totale afstand tot by impak!), vinniger as die Accubond - dit kon beslis verhoed dat daardie koedoe koei skaars kon roer voordat die monolitiese koe?l haar sou getref het.
Piet, steeds bly dit 'n kwes skoot en mens is jammer daaroor, maar weet voerentoe van beter deur beslis die voordeel van die ho?r spoed en die ver beter konstruksie koe?l met beter terminale vermoe?ns, eerder te benut in jou jagte.
Groete,
Koos.
Daaruit lui mens duidelik af dat hy 100% seker was van sy skootplasing toe hy wel die sneller getrek het.As sy stil gestaan het is ek 100% seker ons sou haar net daar opgetel het, ...
Met die minimale verskil wat die 0.28sek. sou gemaak het in die finale impak posisie van Piet se skootplasing, is daar net die koe?l wat op impak teenwoordig was en enige noemenswaardige verskil kon maak. Presies net d?t, wat toe juis nie gebeur het nie - swak penetrasie wat kwes skoot tot gevolg gehad het.
Arnold, monolitiese koe?ls maak nie staat op fragmentasie om te dood nie, maar wel op behoorlike, reguit lyn penetrasie - ongeag die hoek van impak!monolitiese koeels het min tot geen vragmentasie (as dit 'n woord is) en sou noodgedwonge slegter presteer met dieselfde skoot plasing ... 0.04 sekondes dink ek nie gaan 'n noemenswaardige verskil maak nie.
Wat die invloed van die 0.04 sek. betref - dit is 'n hele 41 meter verder se trek (anders gestel, 16.5% van die totale afstand tot by impak!), vinniger as die Accubond - dit kon beslis verhoed dat daardie koedoe koei skaars kon roer voordat die monolitiese koe?l haar sou getref het.
Piet, steeds bly dit 'n kwes skoot en mens is jammer daaroor, maar weet voerentoe van beter deur beslis die voordeel van die ho?r spoed en die ver beter konstruksie koe?l met beter terminale vermoe?ns, eerder te benut in jou jagte.
Groete,
Koos.
- kierriie
- Full Member

- Posts: 126
- Joined: Sun Jan 29, 2012 2:57 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Jammer om te se maar baie van julle gaan vies wees oor wat ek nou gaan se. Het ook self n 270 maar. Hy bly van nou af in kluis. Skiet nou met my 308, 270 is te klein ,swak, te min slaankrag of wat ook al om groot wild plat te trek. Het ook n maand terug n rooihartebees gekwes met my 270. n week voor my het n pel van my op dieselfde plaas n rooihartebees gekwes met n 270. Ek is klaar met my 270 gaan net springbokke met hom skiet dis al wat hy kan plattrek. Ek kwes elke jaar iets met my 270. Hy begin my geld kos.
.22 Tyrol
223 Howa
308 Remington sps varmint
38 spesial.
223 Howa
308 Remington sps varmint
38 spesial.
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Kierriie
Agt jaar terug jag ek en my pa saam twee ander oom's. Ek en my pa het met sy 270 geskiet, 150gr pmp fabrieks ammo. Ek het n Rooihartebees bul geskiet en my pa n Gemsbok bul. Altwee ons bokke het net daar geval. Een van die oom's wat saam was het met n 308 geskiet. Sy een springbok het ongeveer 300m gehardloop voor hy geval het. Skoot plasing!
Groete Alex

Sak Sarel, pa wil n bok skiet
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Ek stem saam en ons almal weet dit. Ongelukkig werk alles nie altyd uit nie en dinge loop maar vekeerdvisstok wrote: Kierriie
Een van die oom's wat saam was het met n 308 geskiet. Sy een springbok het ongeveer 300m gehardloop voor hy geval het. Skoot plasing!
Die jaar ook gesien, my swaer se 308 skiet nie deer 'n Kudu koei nie, maar die .270 met daai Accubonds het nog altyd deer geskiet. Vir wat dit werd is, my 338 is oppad
Ek stem ook nie altyd met spoed saam nie. Ek kon die koei teen 4000fps geskiet het en ek persoonlik dink sy sal defnitief nogsteeds 'n kwes skoot gewees het met die beweging. Ek vermoed dit was dalk 'n lies skoot op die einde van die dag want daar was baie bloed
In elk geval, my opsomming is skoot plasing is die belangrikste soos ons almal weet en dan ek glo akuraatheid is meer belangriker as spoed. Ek skiet juis die 140gr want hy is akuraater in my geweer as die 130gr
Dankie vir almal se insette. Ek het my antwoord gekry. Dit gebeur maar met almal 1 of ander tyd, maak nie saak hoe voorberei jy is nie, Elke sport het sy besering
Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Kieriie, los maar daai 270 in die kluis vir jou volgende jag. Die knou wat jou vertroue in die geweer gekry het, om watter rede ook, gaan jou volgende jag meer beinvloed as die vermoe van die kaliber.
Daarby, 'n 308 skop gat
Daarby, 'n 308 skop gat
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Die oomblik toe ek die sneller trek, toe besluit die koei sy draai om, om weg te hardloop.
Piet
Dit het al et almal gebeur wat n tyd lank jag. Punt sou min indien geen verskil gemaak het nie.
Ek stem nie heeltemal met Koos saam nie. Spoed is redelik irrelevant vir die situasie en moet die reaksie tyd van die mens ook in ag geneem word.
Soms sien jy die bok beweeg nadat jy vir jou vinger se trek die sneller maar jy kan jou self nie betyds stop nie.
Gaan voort met dit wat jy het. Alles is reg.
frikkie
Frikkie

Cradock
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Jy sou daardie bok verloor het maak nie saak wat jy mee geskiet het nie.
As die Poppo die fan strike die dag dan is dit klaar gedoen, wat wel sou gehelp met die volg van die koei is dalk 'n hond wat spoor kan vat.
Behalwe vir dit hoe lyk die ander bokke met die accubonds maak hulle mooi oop of is hulle hard ?
Moet seker begin dink wat ek my 270 gaan voer as die lisensie hier is.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Hi Frederik, ek het nog nooit n punt gerecover nie. Skiet altyd deer. Ek kan wel se dat die exit wounds defnitief groter is, dus neem ek aan hy maak mooi oop. Ek het noudie dag n vark van voor in die kop geskiet dat daar sommer so snot/harsings streep op sy rug gele het. Rooibok ram het el ook van voor in die nek geskiet. Toe ek daai ram se nek bewerk toe is daai nekwerwels vlenters geskiet. Daai nek was sommer so pap. Ek kry ook vrek goeie akuraatheid met die punte.
Groete
Piet
Groete
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Hierdie is net weereens die rede hoekom ek nie kopskote wil skiet nie !
Piet het die hele vitals van 'n kudu gemis toe sy beweeg het! Dan is daar manne wat op 300+ meter springbokke wil kopskote skiet. Sorry, maar al skiet jy teen 4000fps met "super" koe?ls, vat jy 'n groot kans.
Piet - vat die ondervinding (ons het dit al almal oorgekom!), b?re dit en gaan voort om jou jagte te geniet met jou 270 en Accubonds! Geen ander koe?l teen watse spoed ookal sal 'n ander uitslag gehad het nie.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Oom KoosBiltongjagter wrote:
Wat die invloed van die 0.04 sek. betref - dit is 'n hele 41 meter verder se trek (anders gestel, 16.5% van die totale afstand tot by impak!), vinniger as die Accubond - dit kon beslis verhoed dat daardie koedoe koei skaars kon roer voordat die monolitiese koe?l haar sou getref het.
Jy sal hierdie vir my stadiger moet verduidelik want ek stem nie heeltemaal saam met jou nie....
Groete
Stefan
(PS - eks vir n week in die buiteland, vlieg more ogg 5am maar sien uit na jou antwoord as ek oor n week trug is.)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Skies, laat ek dam net se hoekom ek nie so lekker verstaan nie.
Sou die koedoe teen top snelheid van 60km/h beweeg sal die vergelyking soos volg lyk:
Spoed word bereken v=d/t
60km/h = 16,7meter per sekond.
Dus, afstand word bereken, d = v x t
d= 16,7 x 0.04
= 0.668m indien die koedoe teen 60km/h beweeg het
Op volspoed smaak dit my n man kan n bok meer doeltreffend neersit met n GSC maar ek weti so lekker van uit n stilstaande posisie nie....
Maar soos ek gese het, miskien mis ek iets en dan help n stadige verduideliking gewoonlik
Groete
Stefan
Sou die koedoe teen top snelheid van 60km/h beweeg sal die vergelyking soos volg lyk:
Spoed word bereken v=d/t
60km/h = 16,7meter per sekond.
Dus, afstand word bereken, d = v x t
d= 16,7 x 0.04
= 0.668m indien die koedoe teen 60km/h beweeg het
Op volspoed smaak dit my n man kan n bok meer doeltreffend neersit met n GSC maar ek weti so lekker van uit n stilstaande posisie nie....
Maar soos ek gese het, miskien mis ek iets en dan help n stadige verduideliking gewoonlik
Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Biltongjagter
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Stefan, bogenoemde beteken dat as die Accubond en die GSCHV gelyktydig begin vlieg het na die koedoe koei toe, sou die GSCHV koe?l reeds getref het, terwyl die Accubond nog 41 meter gehad het om te vlieg voordat die teiken bereik sou word.Quote from: Biltongjagter on 23 June 2012, 20:04:59
Wat die invloed van die 0.04 sek. betref - dit is 'n hele 41 meter verder se trek (anders gestel, 16.5% van die totale afstand tot by impak!), vinniger as die Accubond - dit kon beslis verhoed dat daardie koedoe koei skaars kon roer voordat die monolitiese koe?l haar sou getref het.
Wat jou daaropvolgende plasing betref, jammer, maar ek verstaan glad nie wat jy daarmee probeer s? nie.
Jy sal moet baie stadiger as 60km/h verduidelik
Groete,
Koos.
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Demit! en ek dog nou Koos praat van Barnes. mis ek nou weer die punt

-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Bok kwes met Boded vs Non Bonded Punte
Pieta
Ek simpatiseer met jou oor wat gebeur het! Dit is verseker een van die slegste dinge wat n jagter moet deurmaak. Dit is in die mens se natuur om dinge dan te wil bevraagteken in so n geval. Wat Dok vir joe gese het kan jy maar vat. Jammer dat Koos nou weereens iets soos hierdie moet gebruik as n advertensie veldtog!
Pieta wat hier ook al gese word is dit pure spekulasie. Bere dit met die vertroue dat jou koeelkeuse reg is en hierdie dinge maar gebeur. Geluk in elke geval met die res van die diere veral daai spoggerige rooibokram!
Groetnis
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.