Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Sommer so iets oor bok vang na skoot en keel afsny.
Met die dat die bok gevang is en keel afgesny is was beslis die regte ding om te doen maar op 'n totaal gevaarliek wyse. 'n Koeel is baie goedkoper as truama hospitaal rekening sou die blesbok nukkerig was ten tye van die keel afsny. Jagters, wees asb meer versigtig in die toekoms as jul so 'n bok wil keel afsny. Glo maar vir my, 'n bok kan jou goed opneuk en jou in die hospitaal laat beland of selfs dood in so 'n geval. 'n Brein skoot op kort afstand is 'n beter keuse. Dink dit sal ged wees as James Wilson vir ons weer 'n foto plaas van hoe lyk 'n hand as 'n mes bly met keel afsny.
Oor die vraag van is dit 'n kwes bok deel ek graag my ondervinding met julle. Met die energie waarmee die koeel die horing tref is daar altyd blywende skade aan die bok se kop en neurologiese organe. Sou die bok nie neerval en probeer opstaan nie, net normaal weg hadloop asof niks gebeer het nie kan mens altyd aflei dat die koeel die horing net skrams gevang het. Wanner die bok wel val met 'n horing skoot kan jy maar weet daar is probleme, selfs nog erger as die bok val, opstaan en weer val. Dan is dit beslis 'n kwes skoot. Die bok moet dan liefs so gou moontlik gedood word.
Wanneer 'n koeel die horing naby die kop tref kan daar baie skade aan die kopbeen, harsings en oe wees. Soms is 'n bok blind na so 'n horing skoot. Die skedel kraak meeste van die keer met 'n lae naby die basis horing skoot. Meeste van die kere kry die breinvleis baie skade en van die harde skokgolf van die koeel wat die horing basis tref vind daar kneusing van die brein plaas. So 'n bok herstel nooit nie en vrek meeste van die kere. Ek het ondervinding van horing skote by bles en springbokke. Dit is naar om so 'n bok te sien rond drentel en sukkel om te leef. Die kop stink 'n vrot reuk en die bok lyk glad nie goed nie. Ek het al by springbokke gesien dat selfs 'n oog bars van so 'n laag hroing skoot.
Ek sou se dat dit 'n kwes skoot is en sal onmiddelik sorg dat die betrokke bok so gou moontlik gedood word.
As 'n skoot geklap het op 'n bok is die skoot raak en moet die skoot opgevolg word so gou moontlik.
Ek het ook al gaan help om ?n kwesbok te gaan soek wat so laag geskiet is dat die derms by die pens begin uitsak het as die bok hardloop. Dit het kompleet gelyk of die pensvel met ?n mes oopgesny was. Geen bloed is gevind nie, slegs ?n klompie hare en helder buik vloeistof (ons het gedink dis dalk speeksel of urine). Die skut het hewig baklei om nie te betaal nie. Hy was ook oortuig dat slegs bloed ? en niks anders as bloed- op ?n kwesskoot kan dui nie. Die wetter wou ook nie help soek nie. ?n Halfuur later is die bok doodgeskiet en moes die knaap sy woorde sluk.
Enige weefsel (bloed, hare, tande, been, pensmis, stuk horing) of sigbare skade dui dat ek die bok wel gekwes het. Dit is dalk nie noodlottig nie, maar ek het gekwes. selfs al slaan die bok neer, spring op en verdwyn sonder om enige weefsel of bloed te los, het ek dit steeds gekwes, en ek betaal. Selfs as die bok na die skoot mank begin loop, sonder enige sigbare bloed, bly dit ?n kwes en ek sal betaal. As hy nie voor die tyd mank was nie het ek moes iets gedoen om dit te veroorsaak en is hy dan nou gekwes. Ek het al ?n vlakvark skrams teen die boud geskiet wat reguit weg van my geldraf het. Die koeel het slegs die vel oopgekloof dat ons die wit streep teen die boud kon sien. Ek het die vark weer twee keer die volgende dag gesien sonder om 'n skoot te kon kry, en besef die kwesskoot sal nooit noodlottig wees nie, maar ek het betaal vir daai vark sodat ek ?n les kon leer : maak doodseker van my skote, en ek sal geen berou h? nie.
Kwes is soos swangerskap : Of jy is swanger, of jy is nie. Jy kan nie net ?effens? of ?bietjie? of "nie te ernstig" swanger wees nie. Enige kwesbok is betaalbok ? finish en klaar. My keuse, my skoot, my verantwoordelikheid.
Sit jouself altyd in die boer se skoene ? as dit jou bokke was, jou familie se lewensmiddele en jou inkomste, hoe sou jy opgetree het as ek jou begin opstry oor die kwes skoot ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Danie dankie maat - dit was nou baie interressant - ek het dit nie geweet nie en sal dit onthou vorentoe.
Jy klink soos n bok-kop-dokter - is jy n VET?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Maar as die boer se as daar bloed is dan betaal jy nie enige ander vloeistof nie hulle moet dit ook insit anders sou ek ook nie betaal nie of hoe
Beretta