standarisering van jagplases
- BenG
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm
standarisering van jagplases
Dagse Jagters,
'n Saak waaroor ek al lankal verstom staan is die losse basis waarop die jagbedryf funksioneer. Of dan soms disfunksioneer. As ek hier op die forum lees, dan is dit juis hierdie losse basis wat onsekerheid en klagtes by jagters veroorsaak. Goed soos standaard trofee grotes, pryse op mis skote, jagplase met duur verblyf koste en min wild ens ens Dan goed soos aanvaarde jagreels waaroor daar ookal boekdele geskryf is op die forum en elders; bakkie jag of nie, minimum kalibers ens
Die jagters is georganiseerd in verenigings en klubs en gevolglik verbaas dit my dat jagplase nie ook in een of ander liggaam georganiseerd is nie. Mens sou wou sien dat jagplase gegradeer word, dan weet die jagter wat om te verwag. Persoonlik sou ek ook wou sien dat wild pryse tot 'n mate gestandariseer word, dit kan so jagplaas vereniging sekerlik reg kry.
Vir die jagplase is daar beslis ook voordele in met o.a. gesamentlike bemarking en eenvormige reels wat die jagter verstaan voor sy aankoms wat moontlike probleme en verskille uit die weg ruim.
Droom ek, of soek ek iets wat onnodig is?

Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: standarisering van jagplases
Ben
Daar is 'n rede hoekom boere boer. Hulle hou daarvan om 'n ding op hul manier te doen. Hulle hou nie daarvan om voorgeskryf te word nie en hulle hou ook nie daarvan oor "dieselfde kam" geskeer te word nie.
Daar is verenigings tov die jagbedryf waaraan sommige boere behoort maar hulle is nog besig om hul voete te vind. Baie van die boere behoort egter aan batter verenigings en vind dus leiding van daar.
Ek dink ons ons het nog 'n entjie om te gaan, maar ons kom daar.

Dont tell me, show me......
-
Fanie
Re: standarisering van jagplases
Sommige plekke is dit gewens om te loop, ander is dit effe moeilik en wil jy maar die bakkie of kwad-bike ding doen, tensy jy die 30+ km eerder wil stap.
Ek is nie 'n voorstaander van vreeslike "moet" reels nie, gun iemand anders die vryheid om oor sy eie te besluit. Te veel mense wil voorskriftelik wees en reels en regulasies instel en hulle self is gewoonlik die een wat eerste klae daaroor.
Meeste reels en regulasies word ingestel omdat daar een of ander swaap voorheen gaan droogmaak het - nou word almal met daardie sweep geslaan. Sorteer eerder die droogmakers uit en soos ek gese het geniet eerder die bietjie vryhede wat ons nog het.
Dink bietjie hoe belaglik kan dit word - jy mag net met die' kaliber jag, net daardie tipe skoene en net daardie tipe klere word toegelaat. Jy mag net soveel water saam met jou he, jy mag nie vinniger as sis en so loop nie, jy mag net soveel koele in jou besit he, net die' punte en daai ladings word toegelaat, die scope mag net die of daai wees, bles ouens word nie toegelaat nie, geen plastiek verpakking in jou besit nie, toilette is slegs tussen die en daai tyd oop vir gebruik, ligte af so en so tyd...
Ons is almal grootmense, as jy jou soos een gedra sal jy soos een behandel word. As jy soos 'n kind behandel wil word se dan vir die boer so dan is ek seker hy sal nie omgee om jou so te behandel nie.

More Fanie
Ek wou eers se dat by nou die dam onder die eend uitruk, maar ek besef dat verseker kan gebeur.
Beste raad: doen jou navorsing goed, vra vrae en vra die regte vrae. Hou geskiedenis van Jou jagte en maak aantekeninge van goed wat pla. Volgende keer vra jy voor die tyd.

Jy hoef maar net te luister na wat van die boere vertel wat jafels al daar aangevang het om jou mond te laat oophang.
Ten spyte daarvan het meeste boere basiese reels en ander is steeds redelik gemaklik. Hulle besef dat daar net 'n paar droogmakers is en die ouens sal nie weer soontoe kom nie.
Ek is net 'n biltong jagter, maar ek wil graag 'n reputasie he van dat die boer bly sal wees as ek by hom wil gaan skiet omdat hy weet dit gaan vir almal 'n aangename ondervinding wees. Meeste van alles is dit vir my belangrik dat hy my moet kan vertrou.
Phillip het by een boer so 'n reputasie. As hy daar aankom se die oom hy kan maar aangaan, hy hoef nie eers 'n gids saam te neem wat hom oppas nie. As dit eers so' word dan word dit lekker vir almal, en dit word dan ook belangrik dat die vertrouens posisie nie geskaad word nie.
Ek dink maar altyd jy moet 'n ander se goed respekteer soveel of meer as wat jy jou eie sal respekteer. Jy weet nie hoe hard het die boer gewerk en hoeveel hy moes deurmaak om te he wat hy het nie. Geld koop nie respek nie, en totdat ons die vermoee bekom om wat dood is weer lewendig te kan maak moet mens respek he daarvoor.

Wel Piet, ek hoop nie ek beland ooit op daai plek nie !
Het hy die jagters saans gebad ook ?
Het hy die jagters saans gebad ook ?
- BenG
- Full Member

- Posts: 209
- Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm
Re: standarisering van jagplases
Dit is juis my punt. 'n Gestandariseerde jagindustrie sal hierdie soort van belaglikheid ondervang.
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: standarisering van jagplases
Piet jy is dan in die mag, daai man maak hom mos skuldig aan onwettige besit as hy nie 'n liksens het vir jou kaliber niePiet-Skiet wrote: Ek stem saam tot 'n maate. Ek dink van streek tot streek moet daar seekere reels en standaarde wees. Soms kan reels simpel wees. Ek was al op 'n plaas gewees waar al die jagters hulle rondtes moes ingee en die boer het dan elke dag 10 gegee an elke jagter. Na elke dag moes hulle dit weer terug ingee en verantwoording doen vir die wat nie ingegee was nie.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Fanie
Re: standarisering van jagplases
En as die ou my goed vat teen my wil is dit diefstal ook.
Die ou moet maar vooraf laat weet wat die reels is voor ek enige iets betaal.
As ek daar moet aankom en daar's allerhande stories dan breek hy sy ooreenkoms.
Mens moet onthou daar is baie verskillende omstandighede van plek tot plek. Sodra jy nou weer vaste reels en regulasies wil instel gaan jy of die boer op een of ander manier beperk of tenagekom word. Herder ouens, het ons nie alreeds genoeg twak in ons lewens om dit nou net nog meer gekompliseerd te maak nie ?
Los die wette en reels - laat elke ou volgens sy omstandighede dit bepaal anders sit ons weer met 'n sirkus een van die dae.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: standarisering van jagplases
Menere
Moet nie krap waar dit nie jeuk nie.
Vryemark is n goeie idee.
Niemand gaan vir my vertel teen watter prys ek my koedoe moet verkoop nie. Maak ek hom te duur bly hy op die veld. Is my geriewe swak, gaan mense nie kom en n dagfooi betaal nie. Iewers is al gese word of mouth is die beste advertensie.
Daar is verskeie organisasies vir die geoganiseerde wild bedryf. ECGMA Game Ranchers SA ens. Niemand is verplig om aan hulle te behoort nie, maar niemand is verplig om aas SA Jagters of soorteglyke organisasies te behoort nie.
Daar is onetiese boere en daar is onetiese jagters. Die meeste egter is goeie betroubare mense
Geen organisasie se lidmaatskap gaan dit stop nie.
Frikkie

Cradock
-
Fanie
Re: standarisering van jagplases
Kom ons maak gou-gou 'n lys van reels wat reeds nagekom moet word. Ek is seker daar is reeds genoeg om almal se oe te laat traan...
Moenie in die veld vuur maak nie.
Moenie plastiek sakke en papiere in die veld los nie.
Jy is verantwoordelik vir jou geweer(e) en ammunisie.
Skiet net in op die geallokeerde plek
Moenie onverantwoordelik skiet nie - jy gaan betaal daarvoor.
Vra wat die boer geskiet wil he en wat nie, en hou daarby.
Moenie krane oop los nie.
Maak hekke toe na jy daar deur is.
Geen troeteldiere/honde
Drink matig genoeg dat jy in beheer van jouself kan bly.
Moenie vinnig ry tussen die wild nie
Onthou jou hoed, mes en water.
Neem ten minste 'n basiese eerste hulp stelletjie saam
Raperteer aub alle moontlike probleme aan die boer, hy mag dalk nie daarvan bewus wees nie.
(Bv 'n water pyp wat lek, mank diere ens)
las gerus aan - die is sommer wat ek so vinnig aan dink.

Last edited by Fanie on Tue Jun 19, 2012 12:04 pm, edited 1 time in total.