Hi almal
Vrydag aand kuier ek saam my maat wat se ouers boer hier teen die vaalrivier buite Vanderbijlpark. Daar was altyd baie takbokke maar hulle is weg en ek vra hom toe waar is hulle? Hy vertel dat die kragstasie Lethabo blykbaar 400 laat skiet het wat hier rond trek. Weet iemand van dit?
Ek self bly op Viljoensdrif en hier was dit nie vreemd om een in die tuin te sien nie en as mens in die aand ry ook nie maar ek het baie lank laas een gesien.
Weet iemand of daar regtig so baie geskiet was op bevel van die Lethabo kragstasie?
Groete
Jurgens
400 takbokke uit geskiet?
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
400 takbokke uit geskiet?
'Hunting is a bush walk with a purpose"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Die bokke binne in die myngebied van New Vaal het 'n probleem geword en dit is moontlik waar hulle uitgeskiet is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Boogjagter
- Full Member

- Posts: 113
- Joined: Sat Jan 14, 2012 2:56 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Ja, Tripod, New Vaal laat takbokke by tye uitdun. Ek was betrokke waar een jaar 200 en drie jaar later 70 uitgeskiet is, alles binne myngrond en met medewete van Natuurbewaring. Ek verstaan Nico Roux het onlangs 'n klomp takbokke by die myn gaan vang, maar het dit nie eerstehands van iemand op die myn kon bevestig nie. In die verlede was Lethabo se bestuur gekant teen die uitskiet van wild, so ek sal nogal verbaas wees as hulle nou van opinie sou verander. Die takbokke breek nogal baie die drade en kom dan in die oopgroef waar hulle voor voertuie beland in die aand. Een van die plekke waar hulle die draad gebreek het, het twee waterbokke ook uitgekom wat die myn nooit weer gesien het nie...
Ons het ook by tye jakkies geroep en skiet op die myn en jaarliks die groot Anglo voeljag aangebied. Wonner of dit nog gebeur.
Ons het ook by tye jakkies geroep en skiet op die myn en jaarliks die groot Anglo voeljag aangebied. Wonner of dit nog gebeur.
- Pumba30-06
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Dankie vir die terug kom.
Is noggals n probleem met die karre en ek weet dat die oom wie daar boer bly is want hy kry groot skade onder hulle met gewasse.
Is noggals n probleem met die karre en ek weet dat die oom wie daar boer bly is want hy kry groot skade onder hulle met gewasse.
'Hunting is a bush walk with a purpose"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Sover ek weet mag mens nie meer handel dryf in lewendige takbokke nie, so ek glo daai lot bokke is gecull.
Goed, beter, 6millimeter!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Ons sou die vleis kon gebruik...
Hoekom nie meer nie Geno?
Hoekom nie meer nie Geno?
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Henrie,
Min. v Schalkwyk se Biodiversity act my maat..
Wat die wet s? is dat enige uitheemse bokke slegs 'n plaas dood kan verlaat. Waar's die wildboere? Is die wet al in werking?
Min. v Schalkwyk se Biodiversity act my maat..
Wat die wet s? is dat enige uitheemse bokke slegs 'n plaas dood kan verlaat. Waar's die wildboere? Is die wet al in werking?
Goed, beter, 6millimeter!
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Geno
Sover ek weet het al die artikels van die wet al in werking getre? in 2006. Die toepassing is egter die probleem, daar is nog amok daaroor.Kyk by http://www.info.gov.za/acts/2004/a10-04/index.html, dan kan jy self die wet lees. Art 65 is van toepassing in hierdie geval.

- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Dus so ja. My vriend net buite Stellenbosch sit met 'n helse probleem. Hy mag nie die bokke skyf nie, en hy sit teen die hoofpad oppad na Spier. Hy het nou die dag een geklits toe is die DBV en die koerant daar. Nou kan hy hulle nie skiet of verwyder nie??????? Hulle teel mos aan soos hase. Al my takbokke laasjaar verloor met die eerste koue.Geno wrote: Henrie,
Min. v Schalkwyk se Biodiversity act my maat..
Wat die wet s? is dat enige uitheemse bokke slegs 'n plaas dood kan verlaat. Waar's die wildboere? Is die wet al in werking?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: 400 takbokke uit geskiet?
Tau
Hoekom het jy jou Takbokke met koue verloor ,hulle moet mos die koue kan vat Hier by ons kom hulle in die sneeu gebiede voor. Stanthorpe waar ek jag kan tot -16c daal en dit is hulle tuiste en hulle floreer daar