Hoeveel eties is dit?

Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Hoeveel eties is dit?

Post by Herman Venter »

Naand manne,
Ek wil n vraag aan julle vra, ek kan verkeerd wees maar dit voel vir my verkeerd!

Ek het die 16de gaan jag, bokke was baie wild al geskiet van al die jagters wat al daar gejag het! Die oom wie se plaas dit is jag net te voet en dit pla my glad nie! Die probleem kom nou dat teen die tyd wat ons naby genoeg aan die bok gekom het was ek al heel uit asem uit deur die draf stapie wat die oom aangesit het om nader te kom, wel die bok het agter n bos gestaan en net sy kop het uitgesteek en die oom het gese om te skiet! Ek kyk hom toe so snaaks aan want die skoot moes toe uit die vuis uit geskiet word! Nou manne ek het die geweer opgelig en daardie kruishaar wou oorals wees behalwe op daardie bok.. Ek glo vas dit was mis en daar was ook geen bloed spoor nie, die oom s? die skoot het getref en ek moes die bok betaal! Bok is oor die heining en dit is laaste wat ek hom gesien het!

Hoeveel s? het ek as jagter of dit raak of mis was (die oom het nie daai van betaal vir mis skote nie)

My vraag nou eintelik, hoe eties is dit nou eintelik om so gejaagd te jag? Dit gaan mos daaroor om die dier so vinnig as moontelik dood te kry sonder leiding maar in daardie geval wat jy so uit asem is weet ek darm nie!

Groete
Herman
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
22-250 Sniper
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by 22-250 Sniper »

As ek betaal sal ek besluit wanneer ek daai skoot gaan vat. Daar is sekerlik niks so verstreerend soos iemand wat op my hand praat as ek besluit of ek gaan skiet of nie. Uit ondervinding het ek geleer dat akkommodasie goedkoper is as wild wat jy moet betaal wat jy nie het nie. Dit is een van die redes hoekom ek glad nie op jag plase gaan jag waar oorsee se jagters jag nie want dit is net GELD en jy as biltong jagter moet oor die vingers getik word.
GUNS DON'T KILL, PEOPLE KILL
ablm468

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by ablm468 »

Ja nee ek het ook al ip plase gejag waar die bier vir jou brsluit wanneer jy moet skiet, niu onlans weer op Heilbron saam met kollegas gaan skiet, die boer het so op hulle senuwees gewerk dat die manne 2x bokke gekwes het. Ek besluit wanneer ek gemaklik is met die skoot. Ek betaal immers vir die bok. As dit nie werk nie gaan ek maar lee hande huis toe.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by VdWalt »

Ek het nou die dag vir die gids gevra of hy vir die bok
gaan betaal as ek kwes toe hy op 313meter die stokke
opstel.

As hy vinniger as ek wil loop gaan staan ek tot hy weer
terug kom. Dis my jag en ek hou van stadig, rustig stap.
Dis om in die bos wees - dis nie net om die bok te skiet nie.
Ek wil vir die vo?ls en goggas ook kyk en jy mis daai
goed as jy so rond storm in die veld. 
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Gerhard »

As jy die skoot vat vat jy as jagter verantwoordelikheid om die bok te betaal as jy hom kwes.

Niemand anders behalwe die jagter kan jou maak die sneller druk nie...

Dit is die jagter se keuse oor hoe hy wil jag niemand anders nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by sako 30-06 »

Dis hoekom ek die jaar so lekker gejag het,nie die gids of die ph het eenkeer druk op enige een in ons groep gesit nie.Die gids het selfs tweekeer wat ek wou skiet my gestop en gese ons kan nader kom en dis toe presies wat gebeur het.Ons het vir hulle gese wat ons wou skiet en dis wat ons geskiet het,ek was al op plase waar ek se ek soek n vlakkie en dan stop die gids en wil he ek moet n koedoe skiet.
Ek het selfs die jaar voor geloop toe my pa sy BWB gesoek het,net omdat dit vir ons altwee spesiaal was aangesien dit sy eerste BWB wees.die gids het wel saam geloop net om n ogie te hou.
N mens wil ontspan as jy jag en die natuur geniet,dis tog waaroor dit gaan.
Enige bokke wat val is n bonus.
Herman Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 645
Joined: Sun May 08, 2011 5:29 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Herman Venter »

Hansman ,vdwalt
Ek voel net soos julle! Daardie man het gemaak dat ek in my kar wil klim en huis toe te gaan so onsmaaklik het hy dit vir my gemaak!

Gerhard,
Ek verstaan wat jy ook s? en dit is so dat jy as jagter volle verantwoordelikheid dra! My probleem is en ek kom dit met alles oor! Die mense en ook daardie oom sien my as n kind, ja ek is nog n kind maar ek is tog sy klient so hy hoef my nie soos n kind te hanteer asof ek nog nooit gejag het of in die bos was nie! Dit plaas mens onder baie druk en maak dit onsmaaklik!
Bowtech Assassin Black Ops
30.06
.243

REFUSE TO FOLLOW
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Gerhard »

Herra01 wrote: Hansman ,vdwalt
Ek voel net soos julle! Daardie man het gemaak dat ek in my kar wil klim en huis toe te gaan so onsmaaklik het hy dit vir my gemaak!

Gerhard,
Ek verstaan wat jy ook s? en dit is so dat jy as jagter volle verantwoordelikheid dra! My probleem is en ek kom dit met alles oor! Die mense en ook daardie oom sien my as n kind, ja ek is nog n kind maar ek is tog sy klient so hy hoef my nie soos n kind te hanteer asof ek nog nooit gejag het of in die bos was nie! Dit plaas mens onder baie druk en maak dit onsmaaklik!
Noem dit maar dan n lessie geleer...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by molopohunter »

Ek sou dieselfde gevoel het.
Ek gids vir suid afrikaners ook en of dit nou plaaslike jagter of buitelander is, as die PH gese het skiet, en boonop buite die jagter se gemak zone...is dit die PH se rekening!
Glo my ek het al daai skoolgeld al betaal, want ek sal eerder dat die klient sy eie keuse maak en hy kom volgende jaar terug na my toe en ons loop vriendelik weg van mekaar.
"Return clients" is wat mens wil sien en dis n teken jy doen iets reg.
Twyfel of jy sal terug gaan soontoe.
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Sako75 »

Manne,

Ek stem saam dat boere ook 'n soms 'n groot aandeel het in onsmaaklikhede wat met jag gepaardgaan.  Net so veel soos wat jagters ook jag onsmaaklik soms maak.

Ek het al gekry dat die boer sommer 'n paar bokke namens my skiet om dit wat ek graag wou he vol te maak sodat ons kan klaar kry want "die rugby gaan begin".

Ek was ook al in omstandighede waar ek lang gespaar het om iets buitengewoon te jag en dan op die plaas aangekom ry ons direk na die wild toe en is die verwagting dat die "jag" vanaf of naby die bakkie  geskied dat ons kan klaar kry.  Wat 'n anti-klimaks om na 'n vervullende jag vir iets spesiaal uit te sien en dan is die verwagting dat dit binne 20 min van die eerste oggend afgehandel moet wees?  En dan is dit vir trofee tipe diere en pryse......  Ek skiet dan sommer aspris mis of "kry nie 'n skoot nie".

Ek is ook al 'n paar gekeer vreeslik onder druk geplaas om skote te neem onder omstandigehede wat my nie pas nie.  Ons almal ken die "Skiet, skiet, jy sal moet f*n skiet as jy iets wil kry" storie.  Natuurlik is dit my plig/reg om te besluit om te skiet of nie.  Maar die probleem daarna is die stywe atmosfeer wat ontstaan.  Dan kan mens net so wel huis toe gaan wat daarna is niks meer lekker nie.  Ek is nie een vir konflik in die veld met die boer nie.

Oorwegend is die sentiment vanaf jagters na my mening dat jagters meerendeels wil "jag" en 'n holistiese ervaring wil he.  Dis nie billik om dit weg te neem deur die ervaring onplesierig nie maak nie.  Hoe lekkerder my jag op 'n plek is hoe meer wil ek daar jag en behou die boer my as klient en hoe meer mense verwys ek.  Dis mos beter as was ek weier om na 'n plek terug te gaan?
Last edited by Sako75 on Tue Jun 19, 2012 9:09 am, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by wlm »

Manne wat ek nou gaan se moet julle in die regte lig sien. Dink eers 'n bietjie voor julle vir my kwaad raak. Ek was een slag op 'n vergadering waar "missie en visie" goed bespreek is. Die man wat met ons klomp boere moes onderhandel het op 'n punt sy moer gestrip en vir ons gese dat al "visie wat ons het, is om te wil weet "visie baas hier".
As jy mense laat betaal vir 'n diens is jy nie meer baas nie. Die klient het sekere regte en moet op 'n sekere manier hanteer word. Ek dink daar bestaan 'n groot leemte by baie mense wat jagte aanbied t.o.v kliente-diens. Jy is nie meer besig om mense 'n guns te bewys as jy sy geld vat vir jag nie. Hy kan aanspraak maak op dieselfde respek en behandeling wat jy verwag  by die winkel, vakansie-oord of ander plek waar jy betaal.
Ek wil nie almal oor diesefde kam skeer nie, maar die hoeveelheid klagtes van mense wat slegte jagplaas-ervaringe met ons op die forum deel maak my onrustig. Die syfers wat jaarliks in die jagbedryf spandeer word is astronomies. Kom ons kry self ons huis in orde voor dit vir ons gedoen word.
User avatar
Taylor
Full Member
Full Member
Posts: 125
Joined: Tue Nov 17, 2009 1:35 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Taylor »

Ek glo vas dit was mis en daar was ook geen bloed spoor nie, die oom s? die skoot het getref en ek moes die bok betaal! Bok is oor die heining en dit is laaste wat ek hom gesien het!

Ek wil net 1 se: as die boer, gids, of enige een wat oor my aangestel is as verantwoordelike beampte , nie kan bloed kry nie, kan hulle daai geld onder daai spesifieke bok se sterk gaan haal. Vernaam as ek voel dit was mis.

Groetnis
Gooi daai lood reguit !!!!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by FHM »

Al die plase in Namibia waar ek al gejag het is dit eens dat daar moet bloed wees voordat jy kan 'kwes' roep. Tensy jy nou n been afskiet wat sigbaar sal wees voor die spoorvat, of pens skiet - wat min bloed gooi maar baie duidelik gehoor kan word en ook selfs sommige tye bloed-water los.

Hoe dit ookal sy - ek sal nie n bok betaal as ek / die gids / boer nie bloed kry nie, of as ek oortuig is dit was mis. Elke jagter wat betaal vir sy jag en diere wat hy jag het meer as die volste reg om n skoot te weier as hy nie reg voel nie - jy is die klient en jy betaal om n keuse van skiet of nie skiet nie te he, totdat jy reg voel en die skoot vat. As n boer of gids my begin pressure en aanjaag pak ek op en se vriendelik totsiens en sal nie weer daar jag nie, klaar.

Die dinge praat ek gewoonlik openlik met die boere voordat die jag begin, en dit was opmerklik dat die boere waar ek jag / al gejag het dit regtig wardeer as mens die goedjies wat n jag kan suur maak weeskante toe op n beskaafde en vriendelike manier voor die jag uitsort en tot n ooreenstemming kom. Dan jag mens ook lekker en jy weet wat word van jou verwag en wat die riglyne is.
Last edited by FHM on Tue Jun 19, 2012 11:09 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
ablm468

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by ablm468 »

Manne ek het nou regtig baie tips gekry, ek was al baie op sulke jagte waar die boer of die gids se "skiet skiet" , FHM jy het my nou goeie advies gegee, ek het twee weke gelede van so 'n jag af gekom waat die boer heeltyd s? skiet skiet f... skiet, gelukkig was ek nie by nie want ek sou hom in sy m... in gestuur het.

Die manne wat op die boer se bakkie gery het was so "flustered" dat hulle nie geweet het of hulle kom of gaan nie. Die oom het heulle heel ontsenu, as ek nou daaraan dink word ek sommer weer die m... in.

Ek het in 2919 'n bwb so verloor omdat ek geluister het na die gids wat ook gese het skiet skiet, en in 2011 het ek ook na die boer geluister en 'n swb betaal wat hy gese het ek gekwes het. Dit ook omdat hy skiet skiet geroep het.

Sal my waaragtig nie weer so laat intimideer nie.  >:( >:(
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by FHM »

Hansman wrote: Manne ek het nou regtig baie tips gekry, ek was al baie op sulke jagte waar die boer of die gids se "skiet skiet" , FHM jy het my nou goeie advies gegee, ek het twee weke gelede van so 'n jag af gekom waat die boer heeltyd s? skiet skiet f... skiet, gelukkig was ek nie by nie want ek sou hom in sy m... in gestuur het.

Die manne wat op die boer se bakkie gery het was so "flustered" dat hulle nie geweet het of hulle kom of gaan nie. Die oom het heulle heel ontsenu, as ek nou daaraan dink word ek sommer weer die m... in.

Ek het in 2919 'n bwb so verloor omdat ek geluister het na die gids wat ook gese het skiet skiet, en in 2011 het ek ook na die boer geluister en 'n swb betaal wat hy gese het ek gekwes het. Dit ook omdat hy skiet skiet geroep het.

Sal my waaragtig nie weer so laat intimideer nie.  >:( >:(
Hansman,
wonder nou net oor daai datum (2919) van jou wat jy die BWB verloor het. Kan tog nie 1919 wees nie....of 2019 nie...dalk 2010...?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
ablm468

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by ablm468 »

FHM

Jys skerp ;D, dit was 2019 toe ek uit my "spaceship"uit geskiet het, toe moes ek ongelukkig weer terug kom aarde toe, ons het daai tyd met lasers geskiet, die bok was sommer klaar gevacuumpac as jy hom met daai laser tref... ;) ;) ;D


Nee dit was 2010, in die vrystaat.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by FHM »

Hansman wrote: FHM

Jys skerp ;D, dit was 2019 toe ek uit my "spaceship"uit geskiet het, toe moes ek ongelukkig weer terug kom aarde toe, ons het daai tyd met lasers geskiet, die bok was sommer klaar gevacuumpac as jy hom met daai laser tref... ;) ;) ;D
Nee dit was 2010, in die vrystaat.
Vleis klaar gaar ok seker...
Eiiissshhh as k..k praat n siekte was.... hehehe
Last edited by FHM on Wed Jun 20, 2012 9:14 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Piet Pille »

Hansman wrote: FHM

Jys skerp ;D, dit was 2019 toe ek uit my "spaceship"uit geskiet het, toe moes ek ongelukkig weer terug kom aarde toe, ons het daai tyd met lasers geskiet, die bok was sommer klaar gevacuumpac as jy hom met daai laser tref... ;) ;) ;D


Nee dit was 2010, in die vrystaat.
;D ;D ;D ;D ;D ;D
Lekker lag ek nou. Ek hoor uit 'n betroubare bron dat rooi blouwildebeeste en blou rooibokke in 2019 so duur gaan wees, dat dit beter is om groen marsmannetjies te skiet....
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by FHM »

;D ;D ;D ;D ;D ;D
Lekker lag ek nou. Ek hoor uit 'n betroubare bron dat rooi blouwildebeeste en blou rooibokke in 2019 so duur gaan wees, dat dit beter is om groen marsmannetjies te skiet....
[/quote]


Pieter dis nie eties nie swaer.....
Last edited by FHM on Wed Jun 20, 2012 12:09 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Piet Pille »

FHM wrote: ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Lekker lag ek nou. Ek hoor uit 'n betroubare bron dat rooi blouwildebeeste en blou rooibokke in 2019 so duur gaan wees, dat dit beter is om groen marsmannetjies te skiet....

Pieter dis nie eties nie swaer.....
[/quote]

Hahahahahaha.................. sorry......... :angel:
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Christo Els »

Wanneer is dit nou regtig 'n kwes bok of net 'n raakskiet bok

Op vanjaar se jag het een van die manne 'n blesbok raak geskiet met 'n 308, maar hy het hom net skrams teen die horing en kop gevang. die vel was nie eers stukkend nie. Die bok het geval val van die skok teen sy kop/horing. Hy het op gestaan weer geval en toe is ons by hom en sy keel afgesny.

Volgens my sou die bok nog lank gelewe het, ja dalk met kopseer vir so 'n dag of twee.

Nou moet ek dan vir so 'n bok betaal as hy sou weg kom en daar is geen bloed/bloed spoor gekry nie?

So ek betaal as daar bewyse is dat ek die bok gekwes het en nie net hoor s? nie.

My 2c
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by FHM »

Christo Els wrote: Wanneer is dit nou regtig 'n kwes bok of net 'n raakskiet bok

Op vanjaar se jag het een van die manne 'n blesbok raak geskiet met 'n 308, maar hy het hom net skrams teen die horing en kop gevang. die vel was nie eers stukkend nie. Die bok het geval val van die skok teen sy kop/horing. Hy het op gestaan weer geval en toe is ons by hom en sy keel afgesny.

Volgens my sou die bok nog lank gelewe het, ja dalk met kopseer vir so 'n dag of twee.

Nou moet ek dan vir so 'n bok betaal as hy sou weg kom en daar is geen bloed/bloed spoor gekry nie?

So ek betaal as daar bewyse is dat ek die bok gekwes het en nie net hoor s? nie.

My 2c
Christo as die vel nie stukkend geskiet is nie - in my beskeie mening - is dit nie n kwesbok nie want daar is nie vitals getref wat bloed los nie. N skrams of vol horing-skoot (nuwe woord?) het ek al gesien laat sommige bokke val asof dit n doodskoot was - net om nader te kom en dan vlieg daai bok op en groet jou oor die horison. Ek sou se net bloed kan n kwesbok bepaal.
Last edited by FHM on Fri Jun 22, 2012 10:47 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by wlm »

As jy my horing raak skiet sal ek dit as 'n ernstige kwesskoot beskou. ;D ;D ;D
Zack Benade

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by Zack Benade »

net bloed kan n kwesbok bepaal.
Stem saam met jou FHM.  As 'n koel punt vel slaan op enige spoed sal daar verseker bloed spatsels wees teen die plantegroei en grond.  Dis waar spoorsny inkom.  As jy onseker is dan kry vir jou chemical middels wat bloed vinnig uitwys.  Dis in spuit kannetjies te koop.  Dit word baie ge adverteer in boogskiet tydskrifte.

African game is taai en skelm.  :police: :police:Hulle druk ook hulle ore toe en val op die grond as hulle skote hoor. ;D ;DDis nie te se dat hulle gekwes is nie.  ;D ;D  Eers as daar bloed is kan iemand se jy is gekwes. ;D ;D

In die army was daar oor projektiele en koeels in my rigting geskiet.  Dankie dat ek veilig gehou was.  Ek kan nie nou se dat ek gekwes of gewond was nie want ek het nie gebloei nie.  Dis die feite. :angel: :angel:  Ek het ook neergeval sonder dat ek bloei. :angel: :angel:
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Hoeveel eties is dit?

Post by theedge »

Gerhard wrote: As jy die skoot vat vat jy as jagter verantwoordelikheid om die bok te betaal as jy hom kwes.

Niemand anders behalwe die jagter kan jou maak die sneller druk nie...

Dit is die jagter se keuse oor hoe hy wil jag niemand anders nie...
+1
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Post Reply