MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
GREYHOUND

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by GREYHOUND »

NEE MAAK NIE SAAK NIE, NET ALTYD INTERESSANT OM DIE GEWIG TE WEET. BAIE KEER LYK HY GROOT MAAR AS JY HULLE WEEG DAN KAN JY NIE GLO HY WEEG MAAR 9 OF 10KG NIE. MAAR EK MOET SE DAAI EEN AAN DIE LINKERKANT LYK NA N MENEER, EK SKAT HOM SO 12 NA 13KG, DIE SWAARSTE OOIT WAT EK VAN WEET IS 14.2 KG WAT N PEL VAN MY JARE TERUG IN DIE SENEKAL OMGEWING GEVANG HET, MAAR DAAI SIZE IS BITTER SKAARS DEESDAE. WAT SE DIE ANDER MANNE VAN DAAI MENEER SE GEWIG.

SIZE DOESNT COUNT AS DIT BY JAKKALS KOM, EK HET GISTER N MEESTER JAKKALS MET DIE SPOORHONDE EN WINDHONDE GEVANG, DIE KNAAP WAS OP DIE MOST WANTED LIST, NIE ROEP NIE NIE NIKS NIE HET VIR HOM GEWERK MAAR ONGELUKKIG KON HY NIE SY REUK WEGSTEEK NIE. DIE JAKKALS HET DERDUISENDE RANDE SE SKAPE OPGEVREET EN HY HET MAAR N SKRALE 9KG GEWEEG.

GROETE GREYHOUND
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Freddie101 »

Greyhound
Ek hoop jy het genoeg geld ook gekry vir daai jakkie. Ek stem saam die size se niks van hoe slim hy is en hoeveel skade hy maak nie.
Miskien moet ek jou eendag hier by my kry. Hier is ook nog so n female enetjie wat ek nie in ie hande kry nie.
freddie 
yol bolsun
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Raven »

Francois,
Die nag draai toe so uit....
Ek kry die nes, maar dit dik bebos in die area om die nes en die wind speel ook nie lekker saam nie. Ek vat stelling so 90 meter onder die wind maar dis moeilik om die nes duidelik te sien.Wag so 30 minute voor ek klein jak distress opsit.
Die teef antwoord toe onmiddelik skuins bokant my en daar waai 2 kleintjies uit daai gat reguit ma toe.

Ek lig daar waar daai teef roep, maar dis blou ver en tussen die bos, maar nou ja, dit was een laaang gooi en doep, teef is "uitgesort". Die kleintjies stop toe en kon een skiet, die ander een draai so tussen die bosse, sien net ogies so nou en dan en ek kry nie skiet kans op hom(probeer amper vir 'n uur lank), toe antwoord die reen skielik daai kwaai "challenge call" en ek antwoord terug met FX3. Daai reen storm in en so 50 meter stop ek hom met die "whaa whaa" en skiet hom.
Sit toe nog 'n halfuur stil sien nog so nou en dan die ogies van die ander kleintjie. Try toe die Foxpro fluitjie uit en skiet toe 'n nog 1 jakkals so 100meter wat inkom. So 4 jakkies, maar 1 laaste een le iewers innie veld, die spot gemis want ek het nader gery na hom toe en toe verdwaal ek die "spot" heeltemal.

So een kleintjie is nog in die veld( voel bietjie sleg daaroor).

Ek kry toe ook 'n jong kudu bul terwyl ek by die jakkals nes sit( so in die laaste uur) wat teen die draad af kom stap, skiet hom so in die loop 'n nek skootjie. Gaan paar lekker kudu steaks het vir X-mas en sommer 'n paar hou vir April maand se vistrippie ook.

Raven
Last edited by Raven on Fri Dec 11, 2009 10:52 am, edited 1 time in total.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Raven »

Hier is die jakkies..

Image

en die koedoe bulletjie

Image


Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Jaco Bezuidenhout »

Raven

Pragtig! Wat n goeie begin! Ek sien n baie goeie toekoms vir jou en die 25 06.

Groete
Jaco
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Raven »

Jaco,
Daai 25-06 maak my hart bly, veral toe daai teef jakkals val.... Die vertroue is nou meer daar om die lang gooie te gooi.
EK het daai scope gedraai vir 'n 200m skoot en die skoot was baie laag agter die blad in...so 'n amper onder deur  :-[

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Raven »

Kan die grootkenners sommer vir my se hoe oud die groepie ook is.

Image

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
GREYHOUND

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by GREYHOUND »

dit lyk vir my na laas jaar se oorskot, dalk n helper.

greyhound
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Freddie101 »

Raven
Geluk en lekker dat jy dit met forum deel Vir my ook lekker om te lees. Jy het jou dinge reg gedoen en nou het alles bymekaar gekom.
Groete
Freddie
ns Bere maar van die steaks nir daai trippie.
yol bolsun
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Francois Marais »

Raven

Mooi man, reken jy da was net twee kleintjie inni gate??

As man so lang skootjie gegooi het is die vertroue somme weer leka baie.

Jy moes die volgende aand weer daai kleintjie gaan soek het, reken jy sou die maklik gekry het.

Thanks virri storie, goed om anne manne se suksesse te deel.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by Raven »

Francois,
Ek het net 2 kleintjies gesien beweeg uit die rigting van die gat na die teef toe. Ek het ook maar gewonner hoe daar net 2 kan wees.
As dit nie vir my werk was sou ek weer daar gewees die volgende nag  >:( .

Ek het darem niks skaap in daai kamp nie, net blesbokke in kamp langsaan. Ek kan nou eers Vrydag weer plaas toe, en sal weer 'n draai maak in daai kamp. Ek het ook nog 2 kampe wat ek nou my eerste dag jag wil uitprobeer.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
hagar

Re: MOOI JAKKIES = DOOIE JAKKIES

Post by hagar »

Francois Marais wrote: JB

Daai linkerkantste een lyk soos n COYOTE.

Mooi loop
Francois
Nee man, hierdie is n coyote. So af en toe het ons een geskiet met n swart rug, maar die AZ coyotes was maar vaal. Maar definitief n paar vet jakkalasses.

Image
Last edited by hagar on Sat Jul 17, 2010 3:42 am, edited 1 time in total.
Post Reply