Herlaai data 303 British

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Bass
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Apr 15, 2012 11:25 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Bass »

Piet-Skiet my 303 het n 22" loop en met 215gr Rhino's is hy akkuraat,sien foto.Dis op 100 geskiet.Jy sal 2100'/s kry maar laai met S-355,dit werk beter met die swaar punte in die 303,beste vir wat jy wil doen.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Bass on Thu Apr 19, 2012 8:21 am, edited 1 time in total.
.22LR/410 3" , 12Br Single , 12Br Double ML ,  357Magn , 45ACP , 303Br , 300WM , 375H&H , .416 Ruger (in planning ) ,  .50Cal ML Inline
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Mnre,

Goed so hier is bietjie terugvoer.

Ek het 2 keer herlaai met die Sierra Pro Hunter (180gr). Wil graag daarmee gaan jag hierdie seisoen.
Gebruik S341, CCI200 primers en PMP doppe

Ek het die eerste rondte gelaai en soos die Somchem boekie se begin by 38.5gr en 0.5gr intervalle gelaai tot by 42.5gr
Dit blyk of die drukke in my geweer onder dit is wat die boekie gee so ek glo nie dit is n issue nie

Die groepering het so tussen 39.5gr en 41.0gr gekom met sub MOA (1") op 100m. Die wenner was 41gr met 0.8"(3 rondtes) en teen 2325vt/sek gemiddelde snelheid. As ek slegs die beste twee van die drie meet kry ek 0.39". My S/L was 56.7 teenoor boekie se 58.54.

Ek het besluit om n tweede reeks te laai, tussen die 39.5 en 41gr met 0.2gr intervalle. Maar het ook 42.0 en 42.5gr gelaai wat maksimum is volgens Somchem omdat ek bekommerd was oor die drukke wat bietjie laag was. Hierdie keer was daar weer goeie groepe maar 41.0gr het weer 0.87" vir drie rondtes gemeet en 0.3" vir die beste twee van die drie. Hierdie keer was my snelhede 2351 vt/sek gemiddeld en S/L 57.3.

Ek is gemaklik om vir die 41gr S341 te gaan, my vraag is is die 2350vt/sek genoem vir die Sierra Pro Hunter 180gr punte? Ek jag in die bosveld en die afstande is nie gewoonlik veronderstel om meer as 150m te wees nie, meestal minder as 100m. Ek beplan om algemene wild te jag die jaar en seker op die taaiste n bloubees of twee, tussen die varke en rooibokke of dalk rooiharte.

Enige kommentaar is welkom, dit sal die eerste seisoen wees wat ek met my self herlaaide koeels die bos gaan aanvat.

Groete

Henk
Last edited by Hilux01 on Thu May 03, 2012 1:29 pm, edited 1 time in total.
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Dit klink great man! Nou moet jy hom net zero op sy "maksimum point blank range" en jys reg vir jou jag.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Dankie *303*

Self nou lekker opgewonde.
Dink ek gaan die week n klompie rondtes laai en so 2 oefen sessies inwerk op die skietbaan voor Junie se jag.
Kan nou nie meer wag nie "6 weeks and counting!"

Groetnis
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
NUNAB
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Wed May 09, 2012 1:55 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by NUNAB »

Midag mnre.
Ek het nou al julle stories gelees, moer intresant. het so tydjie terug my skoonpa 303 gekry en sporting gemaak. Francois het hom vir my ingeskiet en kry 40mm groepering op n 100m met pmp174gr. Is heel in my skik met die roer.
sal herlaai rerigwaar n groot veskil maak op groepering?
knaldemper, wat sal dit aan die groepering doen?
Die lewe is n lied!
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Nanub

Welkom by die forum glo jy gaan dit baie geniet
Gaan stel jouself voor in die portaal gedeelte

Herlaai in my oe, as geen spesialis of kenner nie het my n paar dinge geleer.
Eerstens al hoe wel dit meer ekonomies is as fabrieks ammo gaan jy baie meer skiet - dis nie n slegte ding nie want nou ken jy en jou roer mekaar soveel beter
Ek is van opinie dat my geweer beter groepeer met die self herlaaide ammo. Moet se ek is bietjie van n pyn oor die presiesie van laai en alles word tot in die fynste uitgewerk. PMP kos deesdae so R350 per pakkie (R17 per rondte), ek het uitgewerk dat as ek my doppe meer as 5 keer gebruik kos n herlaaide rondte my so R7.

Knaldemper vraag sal ek nie op kan help nie, weet jy moet elke keer inskiet as jy met of sonder knalder was met vorige inskiet.

Ek sien dit so, in plaas dat ek soos altyd 2 pakkies PMP gekoop het voor ek veld toe is en dan so 5 rondtes geskiet het om te kyk of de geweer ge-zero is, spandeer ek nou ure op die skietbaan om my ladings te ontwikkel en dan "oefen" ek ook nog tussen deur, op verskillende afstand, staan, met stokke, le, oor n boom wat ook al moontlik in die veld kan gebeur, en dit bou self vertroue wat hopelik gaan maak dat ek nie sommer weer n bok in die veld moet los nie.

Want as jy n rooibok teen R900 deesdae in die veld los, kon jy net sowel al die helfde van n herlaai stel betaal het.

My 2c
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Basil
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Mon Jun 04, 2012 12:51 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Basil »

Ek het self die naweek vir die eerste keer my self gelaaide patrone gaan toets. 150gr PMP punte en gelaai vanaf 39 tot 42gr lading in 1gr variasies. Ek was baie teleurgesteld met die resultate. Vat toe ou Weermag patrone met 174gr punte en groepeer toe op n R5 muntstuk. Lyk my die antwoord vir n 303 is swaarder punte.
Lekker Dag!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Myne groepeer ewe swak met weermag sowel as pmp koop patrone. Wag net vir Petrus se Quest bullets in 150gr om hulle te laai en toets.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Basil

Sukkel self met 150gr rondtes om goed te groepeer
Ek kry fantastiese resultate met 180gr en op
Probeer ook volgende keer op 0.5gr intervalle werk, jy se nie watter kryt jy gebruik het nie maar uit jou begin en eind lading aanvaar ek dit is S335?

Henk
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Ek het nog nie baie met 150gr gespeel met my 303 nie.

Met 175gr en 180gr soek hy S335 en 215gr S355

Gehoop hy sal mooi skiet met S355 en 175gr maar skiet dan n sop bord vol.

Met S335 en 175gr gooi hy weer op n tiekie
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Hilux01 »

Ek kry sub MOA groepe met my 180gr Sierra Pro Hunter en S341 op 41gr
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Ek sal maar n blik of twee S341 koop omdat dit nog goedkoper as die S335 is.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

*303* wrote: Ek sal maar n blik of twee S341 koop omdat dit nog goedkoper as die S335 is.
Goeie besluit. Om een of ander rede hou die Lee Enfields van S341. Met 150gr en ligter gee dit goeie spoed en akkuraatheid. Andre Fouche het al baie lading ontwikkeling gedoen met S341.  Hy skiet bv die 130gr Impala met 45.5 gr S341 teen 3000 fps. Ek gaan nou hierdie kombinasie in Julie gebruik op 'n volstruis uitdun jag. 
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

Net 'n vragie ook al bietjie rondgespeel met QL en die 130gr impalas en ja om 3000 fps te kry of naby is nie so moeilik nie maar gaan die aksie dit hou al wys die druk dit is haalbaar ?
Last edited by Frederik on Fri Jun 08, 2012 11:04 am, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Ek was gese om liewer S335 te gebruik op ons ou gewere se aksies en dat dit n "skoner" kruit is?
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Frederik wrote: Net 'n vragie ook al bietjie rondgespeel met QL en die 130gr impalas en ja om 3000 fps te kry of naby is nie so moeilik nie maar gaan die aksie dit hou al wys die druk dit is haalbaar ?
Ek dink 3000 fps is onnodig, maar daai Impalas is mos lekker lank, so 2850 fps teen heelwat laer druk sal ook goed werk.  Ek het so 2 weke terug daai Impala's getoets. Die gweer was gezero vir 174 greiners.  Die Impala's skiet ontsettend laag, omtrent 8 duim onder die 174greiners op 100m.  Ek gaan nou maar eers kyk wat groepeer en dan die spoed meet. Sal laat weet. Daar was geen tekens van druk nie, so ek kan nie dink dat dit hard op die aksie gaan wees nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

*303* wrote: Ek was gese om liewer S335 te gebruik op ons ou gewere se aksies en dat dit n "skoner" kruit is?
Skoner? Moderne dryfmiddels is almal skoon so ver ek weet. Behalwe as jy nou 'n ou blik van 20 jaar of ouer in die hande kry soos ek.  Dan laat die dryfmiddel jou sommer gou weet hy brand swart.  As jy die sneller trek is daar 'n duidelik waarneembare vertraging voor die skoot afgaan. Baie lekker om ontslae te raak van 'n "flinch".
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Seker maar die ontbranding wat beter is of so iets.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Christo »

Iemand met voorstelle op spoed uit P14. Tans laai ek Winchester doppe met 41,5gr S335 en 174gr PMP. Laas week PMP doppe dieselfde gelaai en 2315v/s gekry terwyl boekie dit al aangee as meer as max maar spoed van 2400+. Tot waar kan ek gaan? So tyd terug gelees dat spoed meer die bepalende faktor is as die hoeveelheid kruit. Ek sien nie tekens van druk maar wil nie oorskry sommernet nie.

Die Winchester doppe het ook op 200m 7" laer geprint as die PMP doppe se skote. Dit is raaisel.

Ek kan nie teen daardie lae spoed gaan jag nie. Ek voel amper ek kort nou 'n gradeboog om te korrel mee.
Last edited by Christo on Mon Jun 18, 2012 6:38 am, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

51.5gr? Is dit n epps?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

*303* wrote: 51.5gr? Is dit n epps?
Moes n vinger oops gewees het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Christo »

Gerhard wrote:
*303* wrote: 51.5gr? Is dit n epps?
Moes n vinger oops gewees het...
Net so, reggemaak bo.

Die spoed sou sekerlik beter as verwag gewees het. :o
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by LUAN »

Ek sal graag wil weet wat jou spoed met 41 gr S335 is op die Speer 150gr punt. My No4 Mk2 is mal oor daai Speer punte met 42gr S335. Omdat my loop korter is, is die spoed onder 2600 fps.

My S355 lading waarop ek nou "gesettle" het is 45 gr in PMP doppe vir 'n 6 skoot gemiddeld van 2640 fps.  47 gr S355 in WW doppe is 20 fps stadiger as hierdie lading!

My persoonlike opinie is dat S355 die beste dryfmiddel vir 303 is, veral op die swaar punte. 45 gr (maksimum) S355 gee 2600 fps met die Rhino 175 gr!! Aldus die artikel in Magnum.
[/quote]

So wie hier skiet ook met S355 in hulle .303's? En het julle dieselfde ondervinding van die spoed wat hoer is as met S335 en S341?
Last edited by LUAN on Fri Jun 22, 2012 11:15 am, edited 1 time in total.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

My 303 soek glad nie 355 vir 175gr en ligter nie.

vir 215gr's werk 355 baie mooi.

Vir 175 en 180gr's skiet my 303 op n tiekie met 335
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Gerhard wrote: My 303 soek glad nie 355 vir 175gr en ligter nie.

vir 215gr's werk 355 baie mooi.

Vir 175 en 180gr's skiet my 303 op n tiekie met 335
Drywfmiddel is darem snaakse goed.  My vorige 303 het fantasties geskiet met 335, maar die nuwe een wil weer eerder 341 he. Duitser Engelbrecht het vanoggend my scope op die 303 gesit.  More is dit inskiet en kyk of daai 130 gr Impalas min of meer wil groepeer.  Ek sal dood tevrede wees met een en 'n half duim.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Post Reply