Goeie naand almal
My pa het vir seker 20jr+ met sy leerboots gejag en dit was bitter swaar vir hom om dit uiteindelik te vervang.
Hy het dit met 'n lekker paar Wolverine boots vervang wat baie gemaklik is en ek dink nie hy was al 'n dag spyt nie.
Ek het 'n paar Hitech hiking boots waarmee ek al 'n hele paar jaar jag en elke jaar dreig ek om 'n ander paar te koop - grotendeels omdat my pa reken die sool is nie reg vir SAG jag nie (rice crispies).
Waar kan ek (bekostigbare) gemaklike dames boots kry in die Gauteng area?
Dames jagboots
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Dames jagboots
By M Gorcdon Footwear (Builders Shopping Center in Midrand) het hulle Oryx boots
wat by 5 grote begin. Hulle is gebou vir bekruip met baie sagte sole en hulle hakke en
punte is gerond om saam met jou voet te rol as jy loop.
Hulle is ook van die ligste boots wat ek al gevoel het. Ek het my myne in Chille al op
sneeu geloop sonder dat my voete nat of koud geword het.

- Myke
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Sun May 20, 2012 7:52 pm
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dames jagboots
Gaan kyk bietjie na Timberland ek kry baie goeie diens uit die mans stewels! Ek weet hulle is soms duur maar as jy wag vir die uitverkoping is hulle werklik bekostigbaar. Daar is sagte sool tipes, maar ek dink ' sekelbos gaan hom vir ontbyt eet.
Ek het vanoggend my DKW stewels aangehad, met die "anti fatique" sole teen middagete het ek ander skoen aangetrek toe ek boor werk doen. Ek voel nou die verskil daai fancy ding werk.
Ek het vanoggend my DKW stewels aangehad, met die "anti fatique" sole teen middagete het ek ander skoen aangetrek toe ek boor werk doen. Ek voel nou die verskil daai fancy ding werk.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Myke
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Sun May 20, 2012 7:52 pm
Re: Dames jagboots
Sjoe! Dankie Carls! Ek sien op die website daar is verskeie reekse... Weet nie of dit als by ons beskikbaar is nie.
Weet nie of jy die kennis/ondervinding met hulle het om dalk 'n spesifieke een voor te stel vir jag nie?
Weet nie of jy die kennis/ondervinding met hulle het om dalk 'n spesifieke een voor te stel vir jag nie?
7 x 57 Classic Mauser M98
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dames jagboots
Plesier, ongelukkig het ek nie spesifieke name nie. Hulle vervang redelik gereeld die reekse, maar kyk na hulle stap tipe stewel. As jy in die winkel is sal jy vinnig sien watter is beter vir jag. Gewoonlik 3 rye stiksel, enkel beskerming, nie te veel tierlantyntjies. Onthou net 'n goeie stewel is nie dadelik reg vir ver stap nie, loop hulle eers mooi in.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution