Teleskope met rangefinders

Post Reply
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Teleskope met rangefinders

Post by matewis »

Middag almal,

Nie seker of daar al 'n topic hieroor was nie (seker daar was al), maar hoe ondervind jul die teleskope met ingeboude rangefinders. Koop jy 'n "hybrid" wat nie heeltemal 'n teleskoop is nie maar ook nie heeltemal 'n rangefinder is nie, of is dit die beste van twee w?relde?

Kom ons dink aan die biltongjagter wat wel nie kompetisie-skiet nie, maar wie se afstandskatting beperk is tot van sy voorruit tot die volgende verkeersknoop op die N1. Volgens my is afstandskatting in 'n vreemde veld 'n groot rede vir swak skote vir ons "geleentheidsjagters".

Pro's en Con's?

Ek luister graag..
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Teleskope met rangefinders

Post by BLOK »

Koop maar jy sal nie spyt wees nie.

Gebruik ook sommer die search funksie ek dink die burris en van die ander is al iewers bespreek
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Teleskope met rangefinders

Post by matewis »

Dankie Blok, baie interessante thread.

Nou kom die ander vraag seker, waar trek 'n man die lyn tussen die bok 'n regverdige kans te gee en die plig om hom so gou en skoon as moontlik te dood? 'n Scope wat jou wys waar om te skiet? Trek hy die sneller ook?

Maar wag dit is seker 'n topic vir 'n ander Sondagmiddag  ;)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Teleskope met rangefinders

Post by BLOK »

Daai is nou iets persoonlik, een ou jag net boog want hy wil n bok soveel kans gee en hom so hard toets as moontlik, ander ou hou van longrange hunting en probeer sover as moontlik skiet. Wie is ek om te stry solank die dier net die vinnagste, effektief en beste dood voor gegee word is alles seker reg.

Een ou jag een keer n jaar sonder oefening in bosveld met maksimum skote 50meter met n stokou loop uitgeskiete 303 sonder visiere en sommer miks match patrone wat is sy kanse minder om n bok te kwes as iemand wat op 500meter skiet beste toerusting en voorbereiding moontlik en klip hard al die hele somer oefen.

Sou se nie een is eties nie maar tweede sal bok beter effektief dood so seker nie verkeerd nie. Dit is mar n persoonlike ding en is al heelwat ook op die forum bespreek.

Sterkte en as jy daai scope koop kom gee terugvoering
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Teleskope met rangefinders

Post by Piet Breedt »

Matewis, gaan lees hier oor die toets wat ek oor die Burris Eliminator geskryf het. Ek was en is nogsteeds baie beindruk met hom.

http://jaracal.com/index.php/topic,8946.0.html

Ek het verlede Saterdag hom weer terug gesit op my .25 06 nadat ek die geweer met n Nightforce teleskoop op reg gehou het vir my "back up" geweer by die Nationals, en was weereens verstom oor hoe maklik ek hom ingestel het.

Ons het die gonge al te lekker met hom geskiet tot op 350m, en toe n gong gaan neersit op 525m. Daar was ook n dame teenwoordig wat nog nooit v?rder as 200m geskiet het, en sy het met haar eerste skoot op 525m die gong laat lui.

Ek dink die tegnologie is nog in sy babaskoene, en beslis die scope van die toekoms. Burris launch reeds sy nuwe verbeterde model in Julie in Amerika, en die prototipes is blykbaar fantasties.

Kyk hier waar hulle hom bekend gestel het

http://www.youtube.com/watch?v=v5rNZFHTeaY
Last edited by Piet Breedt on Wed Jun 06, 2012 8:47 pm, edited 1 time in total.
Post Reply