SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Piet Breedt »

Soos julle seker weet is Safari & Outdoor die amptelikke agente vir Savage in SA, en het hulle my gevra om van hulle gewere te toets. Ek het die Savage Axis wat hul intree vlak geweer is getoets. Die een wat ek getoets het is n S/S model in .308 kaliber met n 22" loop wat hom n lekker bos en bakkie geweer maak. Hulle kom ook in blou staal.

Ek toets ook die nuwe Rudolph 6 - 25 x 50 Teleskoop wat spesiaal ontwerp is vir die veldskiet kompetisies. Meer oor die scope in sy eie verslag.


Lees meer oor die verskillende modelle hier: http://www.savagearms.com/firearms/model/axisstainless

So lyk die SAVAGE AXIS .308 Stainless steel

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope002.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope003.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope008.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope006.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope005.jpg[/img]

Ek was beindruk met die gevoel van die geweer, en veral die aksie. Die Savage aksies kom almal met n self "true" slot kop wat hulself true en dit dra by tot die akkuraatheid wat die nuwe Savage gewere nou so popul?r maak in die kompetisies in Amerika. Die aksie is redelik toe bo met n klein "ejection port" wat my baie aan die RSA aksie laat dink. Dit opsig self dui op n sterk aksie. Die kolf kom so bietjie te plastiek voor na my smaak, en omdat hy baie lig is, het ek verwag dat hy redelik kwaai recoil sou h?.

Ek het die toets met PMP fabrieks ammunisie gedoen, aangesien die teiken mark waarskynlik die geleentheids jagters sal wees, wat ook nie noodwendig sal herlaai nie. Ek het die 150gr PROAMM en die gewone bruin pakkie in 168gr gebruik.

Die geweer kom met die standaard 1/10 twist loop en die afwerking op die staal is baie goed. Die slotaksie was regtig baie glad en het baie goed gevoer uit die 4 skoot los staal magasyn met plastiek "bottom plate". Die sneller was egter n terleurstelling aangesien hy geweldig hard gebreek het, maar skoon. Ek het die kolf afgehaal en die sneller bietjie bekyk. Dit is nie vreeslik baie verstelbaar nie, maar nadat ek die veer waarteen die sneller druk so bietjie korter gemaak het, en daardeur sy verstelbaarheid verbeter het, het hy op n heel skaflike 2.9 pond gebreek wat heeltemal aanvaarbaar is vir jag, en veral vir iemand wat nie heeldag op die skietbane deurbring  en kompetisies skiet nie.


Ek het die Rudolph teleskoop op Warne se Weaver basisse en ringe ge monteer en kon dadelik sien dat die basisse goed opgelyn was, aangesien dit my slegs 3 skote geneem het om op lyn te kom en dat ek nie baie van die optiese senter van die teleskoop af was nie.

Sommer met die eerste skoot was ek verbaas oor die ligte recoil, aangesien ek verwag het dat die ligte geweer en plastiek kolf my redelik sou skop.  Die groeperings was nie te waffers nie, maar ook glad nie te sleg nie, in aggenome dat ek nie herlaaide patrone in hom geskiet het nie. Al die groepe was op 100m geskiet. Hy het met die 150gr en 168gr ongeveer dieselfde groepe geskiet, en sal beslis die biltong kan huistoe bring elke jaar. In aggenome dat ek gewoond is aan baie ligte kompetisie snellers, dink ek dat as ek hierdie sneller so bietjie meer gewoond raak, sal die geweer instaat wees om sommer lekker klein groepe te skiet, en ook so met herlaaide patrone. Daar is ook "aftermarket' snellers beskikbaar vir die Savage gewere van "Rifle Basics" wat baie goed is en op die selfde vlak is as die "Rolls Royce" van snellers, nl: die Jewell snellers. Jy het geen geweersmidt werk nodig om so sneller te pas op die Savage. Dit alleen is vir my n groot plus punt.


As mens die prys van hierdie geweertjie in ag neem, dink ek dat hy nog redelik popul?r gaan word in die nabye toekoms. Hulle verkoop vir so in die omgewing van R5500.00



Hier is van die groepe wat ek geskiet het met die AXIS en PMP Ammunisie

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope013.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope012.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ope010.jpg[/img]


Ek dink regtig dat hierdie geweer vir iemand met n stywe budget baie geweer vir min geld bied, en dat met so bietjie 'Fine tuning" jy hierdie sommer n baie lekker geweertjie kan maak, veral as jy hom vir lang afstande deur die bos gaan dra, want hy weeg maar net 6.5 pond.
Last edited by Piet Breedt on Mon Jun 04, 2012 6:22 am, edited 1 time in total.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by vlakvark1 »

Vir die prys lyk die geweer glad nie sleg nie
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Francois Marais »

Pieta

Kort en kragtig.....mooi report.

Die geweer lyk sommer reg vir die man wat net n paar keer n jaar gaan jag en nie groot geld wil uithaal vir n baie akkuraad geweer van die rak af nie....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Piet Breedt »

Francois, lekker om weer van jou te hoor. Jy was seker lekker besig met die oeswerk, want ek sien jy was maar skaars die laaste tyd.

Ja, ek dink dit is n goeie koop vir daardie geld. Ek gaan binnekort nog so paar toets, seker n .223 en natuurlik n .22 250 ook.

Ek is nou besig om hom mooi skoon te maak om hom terug te vat, en ek is beindruk met hoe vinnig die loop skoongemaak het. Dit dui gewoonlik op n baie mooi glad afgewerkte loop.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Marc »

Oom Piet

Dankie dit was nou lekker tot die punt. Alles wat 'n man wil hoor  8)

Laat my nou sleg voel dat ek nog nie so mooi verslag skryf oor my Savage nie  :-[

Een ding wat blatant jammer is, is dat hy nie ook die Accu triger het nie  ??? Ek is regtig beindruk met myne. Hy breuk lekker "crisp" en kan oordentlik verstel word. Ek gaan bietjie beter veslag daaroor probeer gee sodra ek kan sit en dink wat ek tik  ;)

Die lading ontwikkel ding hou my ook bietjie terug want ek het niks rekenaar sagteware hulp nie en doen alles maar nog met die hand  :-\

Dankie

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Francois Marais »

Pieta

Ja, oesery is weer mooi die jaar, begin reeds weer Donderdag-aand.....
Ek is nou besig om hom mooi skoon te maak om hom terug te vat, en ek is beindruk met hoe vinnig die loop skoongemaak het. Dit dui gewoonlik op n baie mooi glad afgewerkte loop.
Stem...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by BLOK »

Ek dink hierdie geweer sal ook uitstekend wees vir koop net om die aksie te kry vir n platform vir ander kalibers, soos wat die manne met die remingtons maak. Net dan die sneller vervang met die accutrigger.

Dankie vir die terugvoering
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Armand Steenkamp »

Blok ,

Hoekom wil jy die kaliber verander?Hy is dan reeds is 308win ;)

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by BLOK »

Armand

Die scopes wat ek gebruik het nie genoeg clicks vir n 308 se nie. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Armand Steenkamp »

Bahwhahaha! Goeies!


Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Marc »

BLOK wrote: Armand

Die scopes wat ek gebruik het nie genoeg clicks vir n 308 se nie. hahaha
Bwahhaaaahhaaaaa pasop as hulle terug skiet  ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Greyghost »

The Savage action is awesome, I have one on my 6XC and 260 , replaced the trigger with a SAV2 trigger from RifleBasix $155 and they are awesome , The main benifit from the Savage action for me is the INCREDIBLE short lock time , as you squeese the shot breaks , my pull weight is abt 5oz (Operational Range:  4oz.-3.0lbs.) so on the gongs at 300 + you hit where you aimed , I have sako and K98 actions all with trigger mods and the Savage runs rings around them  :laugh:

Shot all 10 gongs at Boland Open and most gong ranges in last 10 or so shoots either shoot full or a 120  :)

You cannot go wrong with a Savage , Safari & Outdoor has a winner  :)
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by RV »

Marlin maak n geweer wat presies dieselfde eienskappe en nog meer het vir dieselfde en goedkoper prys.Dit is hul XL7,XS7 en XS varmint hunter.
Hulle het ook die sogenaamde self"TRUE" aksie,Dit het n accurange trigger.Dit het ook n pikkitinie rale, Die aksie is gepillar bed.Die Marlins word deesdae deur Remington vervaardig.Die aksie lyk na n kruising tussen n Remington en die Savage.Hulle bring nou ook n dikloop van 26duim uit in 22-250 en 308.Dit sal nogal intersant wees hoe die Marlin,Howa en Savage teen mekaar opweeg.Die Marlins word hoog aangeskryf op die Amerikaanse Forums. Humansdorp Kooperasie het Hulle vir ongeveer R5000 verkoop vr die standaard model en R5360 vir die varmint hunter.Hullr kry binnekort nuwe besending.
Zack Benade

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Zack Benade »

RV

Ek het die Marlin by Kloppers in Bfn gesien.  Waarde vir geld. :P :P

Ek sal nog steeds vir Savage gaan maar soos jy se dit sal interresant wees on Martlin, Howa en Savege met mekaar te vergelyk.

R5000 tot R6000 is verseker 'n winskoop vir 'n gemiddelde geweer.  :angel: :angel:
Lope kos ongeveer R5500 + R1500 vir opsit. ??? ???

Dit laat mens dink ??? ???

groete
Zack
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by RV »

Zack

Jy is reg dit laat mens dink.Ek sien gerreld op die skietbaan hoe standaard Howas die duurder gewere uitstof. Ek het self vir my n Marlin gekoop in 25-06.Ek is so teverde dat ek nou ook n 308 varminter gekoop het wag nou vir lisensie.Ek besit reeds Sako,Remmingtons Rugers,Winchesters,Mausers en n paar pasmaak gewere. Die Marlin staan niks terug wat akkuraatheid betref vir die ander nie.Net my 6mmPPC doen beter.So waarom duur gewere koop in die toekoms.En geweer laat bou nooit weer nie.Dit het dieselfde kopseer as huisbou.
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Trevor »

Ek het mos vir my my 2x  seuns ook gewere gekoop en vir my die Marlin XS7 308 Varminter (net omdat hy met my gepraat het!!!). Het oorspronklik vir hulle 223 Howa hout kolf (R10 900)  en 243 Howa hout kolf (R8500) gekoop en die dag daarna gekanseleer want toe kry hulle nuwe specials in op Marlin en Savage, het toe vir hulle 223 Savage Axis (R4600) en Marlin XL7 270 (R5800) gekoop. Meer as  die helfte gespaar! Wag nou geduldig vir die lisensies....
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Armand Steenkamp »

Boskind,

As daai roere kom dan laat weet jy bietjie hoe hulle skiet!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by LUAN »

Net waneer ek dink ek het my mind opgemaak dan sien ek nou die Savage. My kolega soek sy eerste geweer en ek het die Howa hogue dun lopie aanbeveel. Hy is die tipe ou wat 1 of 2 keer n jaar jag en fabrieks ammunisie sal koop. Maar nou weet ek nie sal dit die Howa of Savage wees. Piet in jou eerlike opinie wat se een van die twee sal jy aanbeveel?
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by martinf »

As ek my opinie kan gee moet mens self gaan kyk. Ek het vrydag na die Savage Axis gaan kyk en sy aksie is baie beter en gladder as die Howa vir my. Maar sy kolf is te plastic. Die howa het 'n baie lekkerder kolf maar die aksie voel biejtie los. As mens die kolf vervang of die Axis of na die model 10 of 12 gaan kyk wat beide noog onder R10000.00 is wat beide laminated kolwe het sal ek die Savage vat.
Sako .22 Varminter
Musgrave 30-06 Mauser aksie
CZ 75 9mm D
CZ 243
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Trevor »

Ek maak so Armand ;)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Piet Breedt »

303, dit is vir my op die stadium nog moeilik om jou te antwoord en om een bo die ander te kies. Ek het nou n .22 250 Savage Axis gevat om ook te toets, sodat ek n breer spekrtum van hulle al onder o? kan kry en evalueer. My Howa het ook maar gesukkel in die begin met n plastiek kolf, en toe ek vir hom n gelamineerde houtkolf opsit, toe skiet hy op n tiekkie. So ek glo dat die Savage Axis ook effens benadeel kan word met sy plastiek kolf, net soos die Howa.

Ek gaan die .22 250 met PMP ammo en herlaaide patrone skiet en dan terug raporteer. Ek dink tog dat vir n een geweer eienaar wat slegs so een of 2 keer n jaar gaan jag, sal ek die een vat wat vir my die beste voel. Ek dink nie daar is regtig n groot verskil tussen hulle nie.

Die akkuraatheid van meeste Howas is reeds bewys, en ek glo dat die Axis ook in staat is om op dieselfde vlak te kan meeding.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dankie vir die goeie inligting en toets van die wapen,dit is baie goeie info.

Groete
Kobus
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by LUAN »

Hoekom is die plastiek kolf nadelig? Help dit nie juis omdat dit nie uitsit soos hout?
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by Piet Breedt »

Regte sintetiese kolwe of glasvesel kolwe is baie stabiel en sit nie uit, of word nie sag in die son soos plastiek nie. My eerste Howa kolf het glad nie aan die loop geraak, maar as ek hom in die son los op sy sy, dan word die plastiek sag, en raak hy aan die kant waarop hy l?. Ek het dit nie met die Savage Axis getoets nie, maar ek het geen rede om te glo dat dit nie met hom ook sal gebeur.

Egte sintetiese kolwe en glasvesel en gelamineerde hout, is maar die heel beste wat stabiliteit aan betref.

Die duurder modelle in die Savage reeks kom in n "Accustock" wat n alluminium blok binne in die kolf het wat hom baie stabiel hou, en waarop die aksie bed. Ander weer kom in glasvesel en gelamineerde hout. Hulle is baie goed en sal nie skuif nie.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: SAVAGE AXIS GEWEER TOETS

Post by LUAN »

Ok dankie Piet ek wag om verder van jou toetse te hoor. Ek het gedink Howa maar as ek hoor van die Savage en die modelle wat self headspace en accutrigger en al daai fancy dinge dink ek sal maar die ekstra uithaal en al die pad gaan...
Post Reply