Jy smokkel nou met n PM vir my om ook iets hier te kom se.
Nou goed hier gaan hy. Jy sit met n 375H&H so te se amper klaar op jou naam. Ek weet nie wat jy en jou skonie se reling is oor die gebruik van die geweer nie. Ek glo hy sal seker nie n pyn he as jy hom wel gebruik nie, maar ek weet ook maar dat dit dalk so bietjie knaag aan jou.
Geno het gese kyk na die 9.3x62 en met bitter goeie reg. Jy gaan sukkel in die praktyk om die verskil in doodmaakvermoe tussen hom en die 375 te sien. Ek weet waarvan ek praat! Janus my broer het beide die 375h&H en die 9.3x62. Die geweer is n droom om voor te herlaai, daar is n groot seleksie koeels om van te kies en keur en oor sy lae spoed met swaarder koeels kom jy weg met konvensionele lood koeels sonder probleme. Janus skiet net PMP Pro-Amm met uitstekende resutate.
Jy weet ook dat ek n groot voorstaander is van dieselfde maak geweer. Dit skep selfertoue wat baie tel as dit kom by skiet. Ek het bietjie gaan loer by CZ se webtuiste en jy kan behoorlik deurmekaar raak met die keuses in die kaliber. Janus het die Fullstock 550 en wat n heerlike geweer! Mooi op die oog en n plesier in die veld. As hy hom uithaal staan almal nader en bewonder/begeer. Die 20 duim loop is baie handig en jy wat so lief is vir die varkjag kan amper nie vir n lekkerder geweer vra nie. Loop in n buffel vas of kry die geleentheid en jy hoef nie twee keer te dink oor of die kaliber kan of nie. Die manne wat die wette gemaak het moes hom insluit en klaar!
n 250gr Barnes TSX loop soos stroop in hom met n baie aanvaarbare trajek. Ek sal nie skroom om uit te skiet na 250m met hom nie. My aanbeveling aan Janus was om die 2.5-8x36 VX3 op te sit en dit komplimenteer nie net die geweer nie maar die kaliber mooi. Moet se ek is bietjie jaloers op die roer van hom, moet dit tog om vadersnaam net nie vir hom se nie!
Jy het gevra vir raad en daar het jy nou ook myne!
Groetnis
Wout


