Wit Rooibok

User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wit Rooibok

Post by Jakkalsgat »

Carls wrote: Nee die mannetjie het swart oor punte, die swart om die gat ens. sy o? is normaal. Dit is nie albino nie.
Lyk vir my na 'n genetiese afwyking met 'n gebrek :o
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Zack Benade

Re: Wit Rooibok

Post by Zack Benade »

Dit bly 'n genetiese afwyking en soos Piet Breedt s? moet mens nie 1c meer betaal om dit te skiet nie. Dit is hoe ferm my standpunt is. Alle genetiese afwykings moet verwyder word
Ek is ook 100% gekant teen enige genetiese afwykings.  Ek dink die tyd het ryp geword dat die regering moet ingryp met regulering teen hierdie afwykings.  In die lange duur kan dit ons wild beter bewaar.  Sogenaamde geldmal telers jaag net geld na en vergeet van ons erfenis

Niemand sal my oortuig dat Genetiese afwykings in diere goed is nie. ??? ???
As jy wel probeer begin met geneitese afwykings by mense.  As jy my kan oortuig, dan sal ek dit by diere aanvaar.  Enige ou wat die uitdaging wil aanvaar?

Groete
Zack
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Wit Rooibok

Post by G-force »

Geno wrote: Pieter,
Daai springbok is baie mooi!
Dankie vir die moeite met die foto.

Groete,
Eugene
Daai bok is baie polities korrek lyk my. ;)
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Geno »

Manne,
Die van julle wat die ander kleur bokke so kritiseer:
As jy 'n wildboer is, en jy kry een van hulle in jou trop, wat gaan jy met hom doen?
Dood skiet op die plek, of verkoop teen 'n helse bedrag?
Kom nou, wees eerlik.....

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wit Rooibok

Post by Jakkalsgat »

Skiet hom en gooi hom in 'n gat :o

Geno

In die mens se soeke na finansieele welstand sal seker 60% van die mens hierdie dier verkoop of probeer verkoop vir klomp geld maar dit maak dit nie reg nie.

Ek reel jagte vir biltongjagters en sal ek sekerlik nooit 'n bestaan kan maak daaruit nie en op al die plase behalwe 1 dink die boere hy sit nou met goudmyn as hy van die kleur afwykende bokke in sy trop het en maak dit dit vir die Biltongjagter wat eenkeer in 'n jaar jag / skiet moeilik om te onderskei veral as dit by 'n koper Springbok en effense variasies op diere kom. Ek skiet nie sommer met klient hierdie variasies nie want dit is nie vir biltongjagter die moeite werd nie en moet hy altyd die beste waarde vir geld kry in my oe. Almal van hulle se pryse op hierdie bokke is dan ook astronomies duur en word hulle dus nie geskiet nie en verder probeer die boere nie werklik om daardie bokke te verkoop nie so elke jaar loop daai goed weer voor my jagters in en maak dit hulle moedeloos en elke jaar word hierdie bokke ouer en vrek hulle naderhand van ouderdom.

Op een plaas skiet ek Swartspringbokke van trofee gehalte vir dieselfde prys as gewone Springbok, het self al ram geskiet met 13.5" horings en hier het ek gesien dat hierdie afwykings dominant is en naderhand jou hele trop oorvat. Hierdie bokke word ook al hoe kleiner wat maar gebeur met enige inteling en die donners maak nog jou trop wild ook want jy kan maar kyk as Springbokke hardloop as hul net beweging sien is dit gewoonlik swartooi wat hele trop trek. Ek het die een boer nou sover gekry dat ons al die swartbokke kan uitskiet teen redelik normale pryse sodat ons nuwe Kalahari bloed kan insit.

Hierdie afwykings vat jou trop oor en verswak jou gene, as jy dan met die goed wil boer hou hulle eenkant want as ek jagters na jou toe bring gaan jy nie my jagter kwalik neem as hy dan nou per ongeluk jou koper Springbok ram geklits het wat tussen jou ander bokke loop nie. As jy dan hierdie bokke apart hou wys dit vir my jy is ook bereid om nog iets vir die dier in sy natuurlike vorm te doen en hulle so te probeer bewaar. Ek het klompie jare gelede by 'n man in die Suid Vrystaat gejag waar hy vir jou keuse gegee het tussen wit, swart, kalahari of gewone Springbokke en elke kleur was afsonderlik in verskillende kampe en kon hulle nie meng nie, as jy dan met die verskillende goed wil boer by all means maar doen dit dan so maar moet nie as jy agterkom die ander goed verkoop nie hulle saam gewone bokke injaag nie. Daar is nie'n mark groot genoeg wat hierdie geneties gemanipileerde wild se aanteling teen hierdie belaglikke pryse kan akkomodeer nie en stem ek saam die "bewarings owerhede" haha ;D moet hier ingryp en dit begin beheer.

Wat ek wel kan se oor witblesbokke is dat hulle vinnig agterkom hulle word nie sommer gejag nie en word hulle so mak dat hulle 15 meter van jagters in skietstoele af wei en is ek seker hulle sal nog kom kyk wat hulle gevreet kan kry rondom jou ook, hier het ek ook ondervind dat hulle dan die res van die trop ook rustiger en makker maak. Hulle vat egter oor sodat jy naderhand net met klomp wit blesbokke gaan sit wat niemand wil skiet nie want hy is te duur.

Elke boer is vry om met sy wild te maak wat hy wil maar hy moet besluit of hy in die bedryf is net vir die geld of dan vir die bewaring van ons wild vir ons nageslag want wildboerdery en jag is tog immers 'n manier van bewaring wat vir homself betaal.

my 2c

Groete
Jaco
Last edited by Jakkalsgat on Thu May 24, 2012 10:43 am, edited 1 time in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Zack Benade

Re: Wit Rooibok

Post by Zack Benade »

Dood skiet op die plek, of verkoop teen 'n helse bedrag?
Geno
Ek sal versker biltong maak.  Geld is nie alles nie in my lewe nie. So glo ek daar is ook ander manne en jagters met dieselfde waardes.

Gretigheid vir Rykdom het al baie mense vernader saam met hulle waardes.  Hopelik is ek nie een van hulle nie.
Niemand sal my oortuig dat Genetiese afwykings in diere goed is nie. ??? ???
As jy wel probeer begin met geneitese afwykings by mense.  As jy my kan oortuig, dan sal ek dit by diere aanvaar.  Enige ou wat die uitdaging wil aanvaar?
Geno,  Hoe voel jy hieroor?
User avatar
Allure
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Sat Sep 10, 2011 8:00 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Allure »

Interesting reading always nice to hear the other side of the coin.
I am involved in the trade of so called "color variation animals" some think it is unnatural others believe they are freaks of nature but as has been stated they are animals that do appear within natural eco-systems where there are no colour animals present the white impala from Mapungubwe is an example of this - I do a lot of walks in the Makuleke section of Kruger National park and here there are several White Eland.

Just to clarify a few things with color and animals.

White - called Lucism (they still have pigment in eyes - skin etc -normally hair is only affected) - able to breed
Normal Gene -
Black - Melanism (still have underlying natural colouration)

Albanism - No pigment anywhere (white with red eyes) animals are sterile.

Now for the otherside of the coin and please no-one take offence it is also just a humble 2 c.

These color variation animals have been around for much longer than we think - things like the golden and kings wildbeest fall among natural herds within the Tuli block in Botswana (not much hunting occurs here).
As in the case with most things man has had an influence in these color variation animals for many years already - man has a tendency to take out what he persevies as unnatural we still hear of guys that have shot out their sick wildebeest (actually golden's) and black impala because they assume that because they donot look natural they must be sick. this is a practise that has been going on since man has come to the continent with rifles. Why 30 years ago a 30' sable was considered a monster now 30 years on a 50" is a monster - man has a way of wanting to take out the biggest, strangest and coloured animals.
I have no hesitation in adding that animals that are colour varied are at a serious disadvantage particularly the black impala - I can't tell you how many guys this year have lost Black impala to Jackal, Caracal, Martial eagles and to Pythons - natural selection.
Man has always had a desire for things that are unusual and I agree wholeheartedly that some of these animals are just plain ugly - in my case the white Kudu with it's big yellow eyes however the True Black kudu with it's pearl white stripes is beautiful - the golden wildebeest (yellow one) is another beautiful animal.
I think another angle to this whole picture is that although there are a select few that have breeding programs for these animals they are essentially being farmed - no guy in his right mind is going to let a 300k black impala walk around on his 400ha farm and run the risk of predation - just about 90% of all color variants in SA are being farmed in camps often on their own.
Game farming or any farming these days is a costly practice and I believe this is an easy way to supplement income into a farmers pocket and I would personally see a few black imapla that have a minimal ecological impact on a farm than a farm that is overgrazed by cattle leading to sicklebush encroachment etc...

Anyways I hope I did not stand on anyone's toes but this is an interesting industry to be in and I am lucky to say that I spend every week up close and personal to some very weird and wonderful creatures in the African bush. 
“We are part of the earth and the earth is part of us." Chief Seattle 1853

Brno .22
Howa .22-250
Brno .308
Browning .458 win mag
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wit Rooibok

Post by Stefan764 »

Allure

Thanks for your very valueble inset!

Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply