Loopskoonmaak
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Loopskoonmaak
Waarmee en hoe doen mens dit?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Loopskoonmaak
JOHAN
ek gebruik maar sweets en m98 het ook al goeie resultate met tetra se skoonmaakmiiddels gekry.
ek probeer skoonmaak so elke 50 skote. maar met oes is dit maar elkde dag na die nag se skiet. of dit nou 5 of 200 skote is. akuraatheid word eers na omtrent 50 skote sonder om hare te kloof n issue...dalk kan jy wegkom met so 100 skote as jy moly gebruik... maar dis net my ervaring...

Shoot straight and tell the truth!
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Loopskoonmaak
Johan
Ek is ook baie lief vir Sweets maar vind dit moeilik bekombaar,M98 werk ook baie goed.Ek maak so gereeld as moontlik skoon en as ek voel daar is growegheid net na die kamer gebruik ek J&B so 10 vorentoe en agtertoe strokes.

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Loopskoonmaak
Raynie& Meso
Ek is vreeslik bang vir Sweets,dit is baie agresief en het n baie hoe % amniak in,toegegee dis n goeie produk.Ek het goeie resultate gekry met SHOOTERS CHOICE Copper Remover,dit werk net so goed as Sweets,is minder agrisief en is feitlik oral te kry.
My eerste keuse vir skoonmaak is egter SHOOTERS CHOICE Bore Cleaner gemeng met Croil.
Daar is egter seker n duisend tipes skoonmaakgoed op die mark,dink maar aan Hoppes en Butchs om maar twee te noem.
johan...QBE
Ek is vreeslik bang vir Sweets,dit is baie agresief en het n baie hoe % amniak in,toegegee dis n goeie produk.Ek het goeie resultate gekry met SHOOTERS CHOICE Copper Remover,dit werk net so goed as Sweets,is minder agrisief en is feitlik oral te kry.
My eerste keuse vir skoonmaak is egter SHOOTERS CHOICE Bore Cleaner gemeng met Croil.
Daar is egter seker n duisend tipes skoonmaakgoed op die mark,dink maar aan Hoppes en Butchs om maar twee te noem.
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Loopskoonmaak
Johan
Ek gebruik dit ook maar soos jy s? Sweets is meer agresief en werk vinniger na die tyd sal ek die MIX in die loop smeer vir die b?re slag.
Ek gebruik dit ook maar soos jy s? Sweets is meer agresief en werk vinniger na die tyd sal ek die MIX in die loop smeer vir die b?re slag.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Loopskoonmaak
ok as julle moet ratings gee...
1.Om koper uit die loop te kry wat is die vinnigste en wat is die beste..
2.Hoe kyk julle dat al die koper uit die loop is....(ek het nie n borescope nie)
3.gebruik julle moly op julle punte of nie..
4.skoonmaak proses.. gebruik julle 'jags' of borsels...
ek moet ook noem dat die boreguide vir my n moet is voor ek begin werk. en dan daai botteljie wat voor aan die loo vaskom om die lappies te vang het my baie frustrasies gespaar.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Loopskoonmaak
Johan
Ek het sweets, shooters choice en vele ander gebruik. Ek het nou die dag by Hendrik Bore tech copper remover gekoop. Man werk dit nou uitdstekend. Die beste wat ek nog teegekom het. Dit bevat ook geen amoniak nie. Ek het juis vir Hendrik gevra om vir ons 'n lys saam te stel van benodighede en PRYSE daarby.
Die ander ding wat ek gebruik is Butches Black Powder Bore Shine. Ek het nog nie iets gekry wat so vinnig kruitneerslag afhaal nie. Veral voor op die loop indien 'n silencer gebruik word. Die ander ding is maar net maak jou geweer gereeld skoon anders kos dit harde werk om dit skoon te kry.
Groete
H

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Loopskoonmaak
Hein
Ja dis regtig hoogtyd dat Hennerik op die wa klim,ons het hom nodig hier
johan...QBE
Ja dis regtig hoogtyd dat Hennerik op die wa klim,ons het hom nodig hier
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Loopskoonmaak
ja interesting: hoe maak julle daai kroon skoon as julle met silencer skiet...
en hoe verkies julle die kroon van julle roere...(grade)'
ek is vreeslik punteneerig oor die kroon en sit nie my geweer met loop eerste in n lorrie nie....bere hom dan eerder in sy tas en los hom agterop...
kom johan... net soos die bedding en pak en blokke en ringe is die kroon ook vir my redelik tot mildelik belangrik...hoeveel grade sny jy daai kroon?
en hoe verkies julle die kroon van julle roere...(grade)'
ek is vreeslik punteneerig oor die kroon en sit nie my geweer met loop eerste in n lorrie nie....bere hom dan eerder in sy tas en los hom agterop...
kom johan... net soos die bedding en pak en blokke en ringe is die kroon ook vir my redelik tot mildelik belangrik...hoeveel grade sny jy daai kroon?
Shoot straight and tell the truth!
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Loopskoonmaak
Meso
Man daar sal maar weer 110 antwoorde wees, die goue reel is alles tot en met 25 nul kwes 11grade alles bo .25kal 14grade,en dan soos jy self se bewaar daai gat baie mooi.
As jy jou g-t met n mieliestronk afvee,is dit regso,ASSEBLIEF moet dit nie met jou geweer se g-t doen nie.
HANDLE WITH CARE is my benadering
johan...QBE
Man daar sal maar weer 110 antwoorde wees, die goue reel is alles tot en met 25 nul kwes 11grade alles bo .25kal 14grade,en dan soos jy self se bewaar daai gat baie mooi.
As jy jou g-t met n mieliestronk afvee,is dit regso,ASSEBLIEF moet dit nie met jou geweer se g-t doen nie.
HANDLE WITH CARE is my benadering
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Loopskoonmaak
Taffie
Jong ou swartekater het die naweek n keeloperasie gehad,daar is 20mm afgesny,die lands is nou weer mooi skerp.Hy het nou n match kamer met stywe speks.Ek het al die ou bedding van die blok afgehaal met n pencil grinder,dit was n halfdag se werk.Nuwe spacers onder die aksieskroewe gesny en ingesit(0.6mm),anders druk al die epoxy uit as jy die skroewe liggies optrek.Die epoxy aangemaak 2 op1 en getint met n katspoegie swart tinter.Die epoxy mooi ingesmeer op al die plekkies,die aksie mooi gesmeer met run-in wax en die hele spul aanmekaargesit.Ou kater hang nou in n horisontale posisie aan sy loop,en wag dat die epoxy set.Natuurlik sal jy weet van al die ander 110 dinge om te doen en na op te let.
Wanneer die epoxy mooi glashard geset het is dit uitmekaar,skoonmaak,terugsit en dan begin ek by die blokke,dan teleskoop opties zero,dan skietbaan toe en geweer met ringe instel,nie aan teleskoop stel nie.Dan weer teleskoop afhaal en ringe lap en blou,dan teleskoop terugsit en weer skietbaan toe om finaal in te stel,My ou ammo pas gelukkig as ek hulle met die bodydie bump,wat n verligting,maar ek sal die dopnekke moet dunner sny met outsidecutter.
Sal jou op hoogte hou

Hier is 'n uiteensetting vir die skoonmaak van lope deur ou "Groot Leeu"
RIGLYNE VIR DIE SKOONMAAK VAN 'N GEWEER SE LOOP.
Hendrik van Rensburg.
Ek is altyd half skrikkerig om oor hierdie onderwerp te praat, want daar is deesdae soveel ouens wat op die internet rond kuier, en 'n ou dan aanvat. Die probleem is dat jy moonlik met 10 ouens oor die onderwerp gaan praat, maar dan 10 verskillende antwoorde gaan kry - waarvan nie een antwoord regtig verkeerd is nie.
Ek is geneig om die metode toe te pas wat vir my logies sin maak, en wat werk. Op die Bench Rest baan, wanneer jy kompetisie skiet, is dit baie belangrik om tussen aflossings die loop so skoon as moontlik te maak. So het ek geleer dat jy die koper sowel as die kruit neerslag totaal uit die loop moet verwyder in die kort tydperk tot jou beskikking tussen aflossings - indien jy enigsins kompeterend wil skiet. Die koe?lpunt word deur die loop geforseer, en die dryfmiddel kom al brandende agterna. Dit is vir my dus belangrik om eers die kruitneerslag te verwyder en die aangepakte koperneerslag bloot te l?. Van tyd tot tyd is dit dan ook belangrik om die loop te polleer om hardnekkige koper te verwyder en die raak-oppervlak glad te hou sodat koper minder aanpak en makliker skoonmaak.
Daar is tans 'n geweldige klomp produkte op die mark om een of meer van hierdie skoonmaak funksies te vervul. Daar is ou tegnologie en "nuwe" tegnologie. Die sogenaamde "nitro solvents" waarmee 'n mens die kruitneerslag verwyder is in samestelling baie dieselfde tussen die verskillende vervaardigers (tipiese produkte in hierdie lyn is Hoppe's No.9, RAM, Bore Tech se nitro solvent en ander). Die neiging van vervaardigers is egter deesdae om "nitro solvent" ook 'n eienskap te gee om koper-en loodneerslag te verwyder en is dus meer agressief. Voorbeelde hiervan is Butche's Bore Shine, Shooter's Choice en Bore Tech se Eliminator. Hierdie produkte is volgens my baie meer effektief en vinniger vir die verwydering van kruitneerslag as die tradisionele "nitro solvent".
By die verwydering van koper ("coppersolvent"), raak die kontraversie / argumente altyd warm. Daar is algemeen hoofsaaklik drie soorte / tipes "coppersolvent" op die mark. Die "ou" tegnologie werk met ammoniak wat die koper aanval. Die vervaardigers van hierdie produkte waarsku op hul houers meestal dat die skoonmaakmiddel binne 'n paar minute geheel uit die loop verwyder moet word, aangesien die ammoniak ook die staal sal aanval indien dit langer in die loop gelos word. Ek het persoonlik deur onkunde 'n klompie jare gelede 'n loop afgeskryf toe ek die loop aan die eenkant toegeprop het en dit toe vol van een van hierdie produkte gegooi het. Ek het die loop so oornag laat staan, en die volgende dag was daar byna geen groewe oor nie. Voorbeelde van sulke middels is Sweets 7'62, Robla, Barnes CR10 en Shooter's Choice Copper Remover. Dit is gewoonlik enige van die middels wat jou laat snak na jou asem wanneer jy daaraan ruik.
Die "moderne" tegnologie werk sonder ammoniak. Die vervaardigers van hierdie produkte beweer dat die middels in die loop gelos kan word aangesien dit glad nie die staal aanval nie, maar baie agresief is met die verwydering van koper. Ek wou niemand glo nie en het 'n 300 H&H matrys (die) waarin 'n dop vasgesit het binne-in 'n bottel van hierdie skoonmaakmiddel gegooi en dit daar gelos. Na twee weke was daar geen merkbare of meetbare erosie aan die staal nie, dog die brons het baie verweer en ook bros geraak. Hierdie produkte werk regtig en ek gebruik dit met gemoedsrus. Voorbeelde hiervan is Bore Tech se Copper Solvent en Hoppe's se Elite Copper Terminator Bore Cleaning Solvent.
Die derde kategorie skoonmaak middels om koper te verwyder is die tiepe wat grootliks deur middel van 'n skuur aksie werk. Hierdie middels kom gewoonlik in die vorm van 'n pasta in 'n buis of potjie. Daar is ook verskillende grade van grofheid wat dien ooreenkomstig meer en growwer skuur en fyner en blinker skuur. Voorbeelde hiervan is J&B Bore Cleaner wat relatief grof is en dan J&B Bore Brite wat 'n fyner samestelling het. Wheeler maak Bore Braking-in Compound wat begin by 220 "Grid", 350, 420 en 600 "Grid" wat die fynste is. Iosso en Flitz maak skuurpastas wat in die omgewing van 5000 "Grid" fyn is. Hierdie skuurmiddels is nie net belangrik om hardnekkige koperneerslag uit te haal en die loop van tyd tot tyd te polleer nie, maar is uiters belangrik by die inbreek van 'n nuwe loop.
Die laaste middels wat uiters belangrik is by die skoonmaak van 'n loop is olie. Ek glo daar's drie tipes olie wat jy in jou skoonmaak kis moet h?:
? Industrie?le "pennetrating" olie. Daar is basies twee van hierdie olies op die mark wat ek vir 'n baie spesiale doel gebruik - "Kroil" en Hoppe's Bench Rest Oil. Hierdie olies gebruik ek soos volg : Ek deurweek die loop daarmee direk nadat ek klaar geskiet het, en los die loop so vir 'n paar dae. Tydens hierdie "los" priode laat l? ek die loop horisontaal en draai dit so van tyd tot tyd (twee keer 'n dag) om dat hy weer op die anderkant l?. Tydens hierdie tydperk deurweek hierdie olie alle neerslag in die loop en maak alles los. Ek het dit al met 'n loop gedoen en 'n paar dae later, wanneer ek 'n lappie daardeur stoot, kom daar letterlik sulke lang drade koper voor by die loop uit. Dit is dus belangrik dat 'n mens eers die loop skoonmaak voordat jy weer met dit gaan skiet.
? 'n Gladde mengsel van olies om op die dele te smeer wat teen mekaar skuur is baie belangrik. Daar is so baie soorte olies op die mark, maar ek het gevind dat die volgende mengsel die beste resultate gee waar yster op yster skuur: Neem 1 derde Wynn's Charge en meng dit met 2 derdes automatiese ratkas olie. Hierdie rooi mengsel gooi jy in 'n bruikbare olie botteltjie en smeer dit ook aan die grendel, en vee dit weer af. Dit laat 'n baie gladde oppervlak wat die gevoel gee dat die bewegende dele op ball bearings hardloop.
? Die laaste olie is gewone geweer olie wat die eienskappe het om vog af te weer. Bore Tech en Hoppe's maak volgens my die beste olie in hierdie verband. Hierdie olie gebruik jy om aan te wend nadat jy skoongemaak het.
Die toerusting wat jy nodig het om 'n geweer se loop deeglik skoon te maak, is die volgende:
? 'n Ordentlike skoonmaakstok. 'n Bore Snake is 'n belangrike "moet h?" item en is baie nuttig om saam veld toe te neem om stof en sulke dinge uit die loop te verwyder, maar dit kan nooit 'n goeie kwaliteit stok vervang nie. 'n Goeie stok se handvatsel moet absolute gladde rollaars (bearings) in sy handvatsel h?. Die stok moet ook met nylon of grafiet oorgetrek wees sodat dit nie die loop op enige wyse beskadig nie. Die stok moet ook lank genoeg wees sodat die lappie wat jy deur die loop druk reg deur gedruk kan word sodat dit voor uitkom.
? 'n Ordentlike "Bore Guide" wat die stok begelei om in die middel van die loop te sentreer. Bore Tech, Sinclair en Stoney Point maak goeie "Bore Guides".
? 'n Ordentlike stewige "cleaning cradle". Dit is die apparaat met twee mikke waarop jy die geweer neersit wanneer jy dit skoonmaak. Dit is volgens my baie noodsaaklik, aangesien jy die geweer nie net beter kan hanteer nie, maar dit so kan plaas dat die loop afwaarts wys tydens die skoonmaak proses. Dit is belangrik om te verseker dat die skoonmaak middels nie in die aksie terug loop nie maar voor uit.
? 'n Passtuk of "jag" wat voor op die stok skroef wat gemaak is om die lappie deur die loop te stoot. Ek hou van die tipe wat 'n pennetjie vooraan het wat jy deur die lappie druk. Die "Parker Hale" tipe waar jy die lappie om draai het te veel skerp punte en kante na my sin, en bowendien hou ek niks daarvan om 'n lappie deur die loop terug te trek nie, dit moet voor uitgaan en met vuilgoed en al afval.
? Skoonmaak lappies. Daar is deesdae lappies op die mark wat vooraf gesny is vir die kaliber wat jy mee skiet.
? Fosfor Brons Borsel. Baie mense hou nie van hierdie borsels in die loop nie, maar as ek sien hoeveel w?reldklas benchrest skuts sulke borsels gereeld gebruik, dan wonder ek hoekom. Ek gebruik dit om die kruitneerslag los te skrop heel aan die begin wanneer ek begin skoonmaak. Moet net nooit die borsel indie loop omdraai nie. Jy neuk nie net die borsel op nie, maar jy maak pitmerke in die loop.
? Nylon borsel met 'n staal draad kern. Ek gebruik dit gewoonlik om die loop te deurweek met "Copper Solvent" of met Kroil.
? 'n Ou lap. Daar mors gedurig tydens skoonmaak 'n klomp olie of iets dergliks op die geweer, tafel of vloer.
? 'n Muzzel Mate is 'n baie handige apparaat wat jy voor aan die "neus" van die geweer sit om al die spatsels en vuil lappies op te vang. Bore Tech maak ook 'n "Patch Hog" vir dieselfde doel waarin jy 'n 2 liter plastiese bottel kan skroef.
? Al die skoonmaak middels soos bo bespreek. Ek sal hierby nog 'n bietjie "bolt ghries" voeg. Dit is 'n spesiale ghries wat in 'n plastiese spuit beskikbaar is om aan die geweer se sluitnokke (locking lugs) te smeer.
? 'n "Action Cleaning Kit" om die kamer en aksie skoon te maak.
? Beslis 'n trommel waarin al hierdie skoonmaak parafinalia kan pas.
Wanneer ek 'n geweer se loop dan skoonmaak, is daar 'n paar stappe wat ek gewoonlik volg:
1. Plaas die geweer in die mikke van die "cleaning cradel" met sy loop afdraende. Plaas 'n Muzzel Mate oor die punt van die loop, en die teleskoop se klappe oor die lense (om te verhoed dat die skoonmaak middels op die lens spat). Plaas ook die "Bore Guide" in die kamer en 'n "stock boot" oor die kolf. 'n "Stock Boot" is 'n tipe kous wat van seil en 'n waterdigte binnekant gemaak is om die kolf te beskerm teen die chemiese effek van skoonmaak middels.
2. Neem die skoonmaakstok met 'n koper borsel en deurweek die borsel met een van 4 middels: Butch Bore Shine, Shooter's Choice, Hoppe's No.9 of Bore Tech Eliminator. Borsel die loop deeglik (ongeveer 10 tot 20 keer) en maak seker dat die borsel met elke borsel aksie dwarsdeur die loop gaan.
3. Laat staan die loop vir ongeveer 5 minute so met die skoonmaak middel daar binne. Plaas die "jag" of passtuk op die stok en druk 'n paar skoon lappies deur die loop.
4. Herhaal punt nr. 2 en 3 hier bo totdat die lappie relatief skoon uitkom. Die lappie sal die eerste paar keer swart uitkom en die swart sal algaande verander na 'n effense blou.
5. Plaas nou 'n nylon borsel op die stok en deurweek dit met "Copper Solvent". Moenie 'n koper borsel gebruik nie, want onthou - dis 'n "Copper Solvent" - die koper borsel sal opgevreet word. Gebruik verkieslik die nylon borsels met 'n yster / draad kern. Los die solvent vir ongeveer 5 minute in die loop. Stoot daarna weer ongeveer 3 lappies deur die loop. Jy sal sien dat die eerste lappie pot blou uitkom. Elk van die lappies moet deur die loop gestoot word en voor afgehaal word. Moenie die gemors wat jy uitstoot weer terugtrek deur die loop nie.
6. Herhaal die vorige punt totdat die lappie skoon uitkom.
7. Indien jy baie sukkel om die loop skoon te kry, kan jy die volgende doen: Of jy deurweek die loop met 'n mengsel van een derde Kroil of Hoppe's se Bench Rest olie en twee derdes Shooter's Choise, of selfs suiwer van hierdie olie, en laat l? die geweer vir 'n paar dae. Vol dan die stappe van 1 tot 6. Of / en wanneer jy die geweer skoon het, gebruik jy J&B bore clean of 'n soortgelyke skuur middel om die loop te polleer. Neem 'n lappie en drup 'n paar druppels olie op die lappie. Neem van die skuurmiddel / pasta met jou finger en vryf dit in die lappie sodat die lappie geheel deurweek is daarvan. Begin dan aan die kamer se kant en met kort hale skuur jy die loop heen en weer en werk hom stadig vorentoe totdat jy voor uit is. Wanneer jy by die voor kant van die loop kom moet jy dat iemand 'n harde stukkie hout voor teen die loop se punt hou om te verhoed dat die lappie by die loop uit glip. As dit eers uit geglip het moet jy weer voor begin. So moet jy dan seker maak jy skuur die laaste deel van die loop ook. Jy sal merk dat die lappie pik swart is en basies deurweek is met so 'n swart teer. Neem dan 'n nylon borsel en maak dit nat met nitro solvent en skrop die loop skoon. Gaan dus deur die volgorde soos punt 2 en 3 hierbo totdat die lappie skoon is. Moenie hierdie skuur metode elke keer doen nie. Doen dit so nou en dan wanneer jy 'n paar honderd skote geskiet het.
8. Gebruik 'n "action Cleaning kit" met 'n "bore mop" waarop jy Zippo Lighter Fluied drup om jou kamer skoon te maak. Gebruik ook die spesiale stokkie met die tandarts watte om die gedeelte skoon te maak waar die locking lugs van die grendel sluit.
9. Wanneer die loop dan skoon is, druk 'n nat olie (gewone geweer olie) lappie deur die loop en 'n droe? lappie daarna, sodat daar 'n dun lagie olie in die loop agter bly. B?re dan die geweer so.
10. Ek gebruik "Brake and Clutch Cleaner" wat jy by Midas koop om die grendel skoon te spuit. Hierdie blik skoonmaak middel is soos alkohol wat al die olie en taai vuiles van die slot verwyder, en ook die kruit aanpaksel van die gesig af verwyder. Smeer daarna 'n mengsel van een derde Wynn's Charge en twee derdes Automatic Transmission Fluied aan die grendel en ook 'n bietjie "Bolt Ghrease" aan die agterkant van die locking lugs. Plaas die slot terug en werk hom bietjie heeen en weer dat die olie lekker versprei op al die raakpunte.
11. Die beste olie vir die kolf is maar die getroue ou Schaft?l olie.
Onthou om altyd 'n geweer veilig te maak voor jy dit skoonmaak.
Al of meeste van hierdie produkte wat ek hier genoem het is verkrygbaar by Safari & Outdoor Warehouse buite Stellenbosch. Kontak my by die kantoor by 086 111 4330 of / en e-pos my by: hendrik@safariandoutdoor.co.za
Besoek ook ons web werf by: www.safariandoutdoor.co.za
Lekker Skoonmaak en lekker skiet.

- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Loopskoonmaak
Hendrik
Het al baie van jou gehoor en gelees, maar nog nie ontmoet nie. Sal baie graag wil.
Man dit is nou wragtag 'n ordentlike lesing wat jy ons hierbo gegee het, iets waarna ek al my lewe lank soek. Wel gedaan.
Stuur tog asb. vir die Man Magnum ook 'n afskrif dat hulle dit kan publeseer, want die loop skoonmaak inligting wat ek al daar raakgelees het kom nie naby jou skrywe nie. Ek het al gedink niemand weet regtig hoe om 'n geweerloop skoon te maak nie. Selfs in die weermag het ons destyds ook maar min inligting gekry. Moes mos net sorg dat daar nie "Samel's" en "Garry's" in die loop is nie.
Caller
ns. Wys tog daai manne in die Swartland (Rooivleis produsente) hoe om 'n jakkals in te roep.

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Loopskoonmaak
Ek het nou eers Hendrik se stuk gelees en vind dit vreemd dat 'n Amoniak gebaseerde produk bykans die groewe "weggevreet"het oornag.Meskien was daar nie groewe nie om met te begin maar net koperaanpaksel?Ek het baie lope oornag gevul met skoon Amoniak en die enegste verlies was koper verlies.
Doen 'n toets weeg 'n stukkie yster en gooi dit in 'n bottel amoniak los oornag en weeg weer.Amoniak is alkalies en nie 'n suur nie.
Raynie
Doen 'n toets weeg 'n stukkie yster en gooi dit in 'n bottel amoniak los oornag en weeg weer.Amoniak is alkalies en nie 'n suur nie.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
projag
Re: Loopskoonmaak
Gaan kyk op internet na KG12 -- dit vreet glo koper dat jy dit hoor. Daar is op die oomblik 'n agent in RSA volgens my inligting.
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Loopskoonmaak
Johan
Maar dit is mos presies wat ons wil h?,ek wil h? iemand moet vir my bewys dat Sweets 'n loop se groewe weg kan vreet.
Verder 'n brons borsel wat teruggetrek word nadat dit by die loop uitgestoot is? wat help dit dan om 'n presiese skerp kroon te laat sny maak geen sin.Baie min Benchrest skuts sal dit aan hulle gewere doen.
Raynie
Maar dit is mos presies wat ons wil h?,ek wil h? iemand moet vir my bewys dat Sweets 'n loop se groewe weg kan vreet.
Verder 'n brons borsel wat teruggetrek word nadat dit by die loop uitgestoot is? wat help dit dan om 'n presiese skerp kroon te laat sny maak geen sin.Baie min Benchrest skuts sal dit aan hulle gewere doen.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Loopskoonmaak
Raynie
Hoe sal ons te werk gaan om amtelik te bepaal of amoniak n loop eet of nie? Maar ons moet nie speel nie,dit moet regtig amtelik wees.Ek praat onder koreksie,maar Kevin van BloemCR het self n stuk loop vir langer as n maand in amoniak gedoop,sonder enige skade
Kom ons nader vir Sir en hoor of hy nie n stukkie van slingervel se loop wil skenk vir n proeflopie nie
Hoe sal ons te werk gaan om amtelik te bepaal of amoniak n loop eet of nie? Maar ons moet nie speel nie,dit moet regtig amtelik wees.Ek praat onder koreksie,maar Kevin van BloemCR het self n stuk loop vir langer as n maand in amoniak gedoop,sonder enige skade
Kom ons nader vir Sir en hoor of hy nie n stukkie van slingervel se loop wil skenk vir n proeflopie nie
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Loopskoonmaak
Johan
Tuffy het so baie ons gebruik sommer sy hele loop.Ernstig ,ons moet koppe bymekaar sit en aan iets dink ek moet nog erns 'n stukkie HART stainles loop h? volgens almal is amoniak mos stainles se dood.Ek sal dit soek,meet weeg en in amoniak gooi.Ek het baie lope weer laat skiet deur Amoniak en HadyAndy 50/50 te meng en deur die loop te pomp.Werk uitstekend op chromemolly lope.
Raynie
Tuffy het so baie ons gebruik sommer sy hele loop.Ernstig ,ons moet koppe bymekaar sit en aan iets dink ek moet nog erns 'n stukkie HART stainles loop h? volgens almal is amoniak mos stainles se dood.Ek sal dit soek,meet weeg en in amoniak gooi.Ek het baie lope weer laat skiet deur Amoniak en HadyAndy 50/50 te meng en deur die loop te pomp.Werk uitstekend op chromemolly lope.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
Dirk
Re: Loopskoonmaak
Raynie
Ek dink nie ammoniak sal die groewe uit jou loop vreet nie. Om 'n proef te doen moet jy eerstens 'n "bore scope " h?. As jy kan sien wat in die loop aan gaan sal jy weet wat is die effek van elke skoonmaak middel. Baie mense is baie slim oor watter produk is die beste, dan het hy nie eers 'n "bore scope" nie. Ek glo dat die Amerikaanse Benchrest ouens seker op die voorpunt van tegnologie is. En ons kan baie keer vir ons self vra hoekom doen hulle dit nie. Bv: Fluted lope, As flutes akkuraatheid verbeter het sou al die bechrest ouens met flutes geskiet het. Jy ken oom Chris, en hy kyk weekliks seker in 10 lope met 'n "bore scope". Hy sien hoe lyk lope wat met verskillende middels skoon gemaak word, en hy sien hoe lyk lope waar daar verskillende patroon punte en kruit deur is.
Daar is basie twee tipes ammoniak. 'n O en H die een is blou en die ander een is Groen. Die blou een is totaal van NASA sie teryn af verban (Sweets ens). Die groen een is beter. (Hoppies ens) Dit vreet nie vlekvrye staal nie. maar dit "edge" die metaal molekules. As jy met die "bore scope" in die loop af kyk, lyk dit soos 'n grond dam wat droog geword het. Dit maak die loop baie skurf, en die loop pak nou baie meer koper aan. (As ek in leke taal kan se dan maak te veel, of die verkeerde ammoniak jou loop skurf skoon.)

Gooi daai stukkie loop in die amoniak, laat l? dit vir 14dae,bel vir Sir dan kom kyk ook ek en Dirk deur jou borescope hoe lyk dit,hou ook n kontrole stukkie.
Die kontrole kan ons met Hoppes ens skoonmaak en dan vergelyk?
Gooi daai stukkie loop in die amoniak, laat l? dit vir 14dae,bel vir Sir dan kom kyk ook ek en Dirk deur jou borescope hoe lyk dit,hou ook n kontrole stukkie.
Die kontrole kan ons met Hoppes ens skoonmaak en dan vergelyk?
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Loopskoonmaak
Dirk
Wat bedoel jy met 'n O en 'n H amoniak "blou en groen" amoniak is NH3 Dirk ek het nog nooit iemand met 'n NASA loop sien skiet nie is hulle goed? of skiet hulle net "Lasars".Waarvoor het NASA sweets gebruik?
Raynie
Wat bedoel jy met 'n O en 'n H amoniak "blou en groen" amoniak is NH3 Dirk ek het nog nooit iemand met 'n NASA loop sien skiet nie is hulle goed? of skiet hulle net "Lasars".Waarvoor het NASA sweets gebruik?
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Loopskoonmaak
Raynie.
Ek dink die een met eienskap van koper aanval sonder die amoniak in hom,,,(nitraat) is die groen een..
Die een met amoniak is die blou een...maar ek raai ook maar...
Die m98 produk wat goedkoop en redelik efektief is vir my (sonder n borescope) natuurlik , het julle al dit probeer en hoe is die reaksie vir julle manne gewees....?

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Loopskoonmaak
Hallo Almal,
Het julle manne al die produkte van BARRELMAGIC gebruik
Gee bietjie terugvoering as julle het. Dit is blykbaar baie goed.
Dit lyk vir my dit moet nog deur SABS approve word as ek reg verstaan.
http://www.barrelmagic.co.za/
Raves

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Loopskoonmaak
Raves,
Daar was nou onlangs 'n opskif en toetse in die Magnum, blykbaar werk dit uitstekend

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.