n Diknek minister word opgeneem in die hospitaal. Hy moet 'n paar dae bly vir waarneming. Hy het 'n klein probleempie. Hy is egter 'n yslike pyn in die nek vir die verpleegspan. Hy gebied hulle rond en bont soos wat hy doen met sy eie personeel in sy kantoor. Gou wil niemand meer iets met hom te doen h nie.
Die afdeling se stafverpleegster was die enigste een wat hom kon vasvat. Sy kom die kamer binne en kondig sonder seremonie aan: "Ek moet jou koors neem." Nadat hy verskeie minute beswaar gemaak het, kalmeer hy, vou sy arms en maak sy mond wyd oop.
"Ek is jammer," s die stafverpleegster, "die keer kan ek nie die orale termometer gebruik nie."
Die minister begin met die volgende rondte besware, maar eindelik draai hy onwillig op sy sy en trek die beddegoed beswaard van sy bas af.
"Nee," s diestafverpleegster, "hande viervoet met jou boude in die lug."
Onwillig luister die minister maar.
Hy voel hoe gly die KY-Gel gesmeerde termometer in sy onnoemlike in en met warm ore hoor hy die stafverpleegster vertel: "Ek moet net gou iets gaan haal. Jy moet nou net so DOODSTIL STAAN totdat ek terugkom. Moenie roer nie."
Sy stap vinnig uit en los die deur agter haar oop met die minister wat stert omhoog op die bed is. Hy hoor mense lag as hulle by sy deur verby die gang afstap en hy swets onderlangs.
Na ongeveer dertig minute kom die minister se dokter die kamer binne.
"Wat op aarde gaan hier aan?" vra hy uit die veld geslaan, terwyl hy sluk om nie kliphard te lag nie. Boos om so lank met sy kale bas langs die oop deur te l, antwoord die minister:
"Wat makeer jou, dokter? Het jy nog nooit gesien hoe 'n mens se koors geneem word nie?"
Na 'n lang ruk erken die dokter:"Ja, maar nog nooit met 'n angelier nie."
Moenie met die suster mors nie....
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Moenie met die suster mors nie....
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Moenie met die suster mors nie....
Mooi Gerhard, ek lag nog.
Mac
Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Moenie met die suster mors nie....
Dit sal hom leer...Sal darm self 'n paar ouens blom in die g...t wil sien.
Laat my dink aan wat 'n eks meisie van my, ook 'n verpleegsuster, vertel het. Een of ander Oom moes teater toe vir 'n operasie naby aan die familyjewels en al die hare moes af. Een van haar kollegas moes die ou toe skeer, silwerskoon alles af. So begin sy maar so rondom die lelie en later moes sy hom regop hou om rondom die basis te skeer. Na 'n rukkie s? die Oom:"Nursie, jy kan hom maar los. Hy sal nou self staan."
Groete
Laat my dink aan wat 'n eks meisie van my, ook 'n verpleegsuster, vertel het. Een of ander Oom moes teater toe vir 'n operasie naby aan die familyjewels en al die hare moes af. Een van haar kollegas moes die ou toe skeer, silwerskoon alles af. So begin sy maar so rondom die lelie en later moes sy hom regop hou om rondom die basis te skeer. Na 'n rukkie s? die Oom:"Nursie, jy kan hom maar los. Hy sal nou self staan."
Groete
Winners never quit - Quitters never win.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
- Robert
- Sr. Member

- Posts: 425
- Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm
Re: Moenie met die suster mors nie....
Kyk nou so 'n handige nursie en behulpsame oompie

Oorwining deur opleiding
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Moenie met die suster mors nie....
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Moenie met die suster mors nie....
Ja-ja....
Kan my daai gesig net voorstel...
Mooi loop
Francois
Kan my daai gesig net voorstel...
Mooi loop
Francois