Lig tot niet.

Post Reply
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Lig tot niet.

Post by Johan04 »

Middag Manne

Donderdag aand het ek gaan jak roep. Ek sit gewoonlik als hier by die huis aanmekaar om die geskarrel te beperk in die veld.
My lig sit ek in 'n mus wat ek oor my kop sit vir die koue,op so 'n manier beskerm ek die lig teen krape ens.
Op een of ander manier het die skakelaar van die dimmer aangesit en ek kom dit eers 7km later agter.
Die lens(plastiek deurskynende gedeelte) het so gesmelt dat dit aan die mus vasgesit het, nou so 'n liggeel kleur en is natuurlik heel in sy m#@r.
Kan ek so n lens los koop? Het een van julle nie dalk ,n lig wat so stukkend is dat ek die lens kan oorkoop nie?Dit is die lightforse wat op die scope monteer.170mm

Groete

Johan

Ns.Ja dit ek wat so n paar maande gelede my chronograaf m$%rtoe geskiet het. Ek weet nie hoekom die ongeluk my so ry nie!!!!!
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: Lig tot niet.

Post by cg rossouw »

Johan dis nou n gatslag, ek soek ook n lens vir n 240 maar hulle is so duur los dat jy maar n ander lig kan koop, het so paar maande terug uitgevind. Kon nie help om te lag oor jy jou chronograaf geskiet het nie, wil jy ons dalk vertel?

Groete CG
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Lig tot niet.

Post by Johan04 »

Ek het vir Allen Truter gebel oor so n lens. Blykbaar is dit soos jy se CG die lens kos amper wat die lig kos.
Hy se ook vir my dat dit goed is om elke 2 jaar+- jou lig te vervang,omdat die lig se skerpheid met tyd afneem. Ek weet nie of ek my verbeel nie, ma my lig is nie wat hy was jare gelade nie.Hoe ondervind julle dit?

Groete

Johan
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Lig tot niet.

Post by Dirkie »

More Johan,

my lig se lens het ook gebrand,lens kos R900 en ek net besluit ek betaal nie dit vir die lens nie,sal eerder nuwe lig koop.

Hoop die ongeluksvoel los jou nou n slag.

Groete Dirkie
Ou honde loop laat...
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Lig tot niet.

Post by Boertjie »

As iemand een van die ligte wil verkoop, ek is opsoek na n reflector.Die blink gedeelte binne in die lig.My lens makeer niks.

Boertjie
PS Darem al op my 4de lig
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: Lig tot niet.

Post by cg rossouw »

Ja eks ook swaar op ligte, het ook agter gekom dat die lig vlouer word, my ander probleem met die ligte is dat die draad net onder die handvatsel afbreek, die binne braad is so hard dat as jy hom wil las breek hy weer af, het al baie ligte gehad maar niks kom by n light force nie
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Lig tot niet.

Post by Pvdw »

Johan Allen is reg, daai lamoies hou net 'n sekere tyd en moet vervang word al werk hy nog. Teen so R80-R100 per jaar behoort dit darm nie bank te breek nie. ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply