Wat vang so?
-
Louis v R
Wat vang so?
Laas maandag is n 9mnde oue lam by my gevang. Daar is slegs aan sy een boud gevreet, omtrent so dubbellevuis grote gat, en hy het ook n bytplek aan sy ander agterbeen net bokant sy knie gehad. Ek kon geen spore kry rondom die lam nie, net 'n groterige kol bloed kon gesien word. Ek het die lam afgeslag en kon geen byt of kneus plekke aan nek , lyf of kop kry nie. Die lam het geen klokkie of band om sy nek gedra nie.
Ek het n foto geneem maar kry nie dit op die boodskap gelaai nie. Kan dit vir iemand e-mail as meer duidelikheid wil he.
Was dit n rooikat of jakkels? geen ander skape is intussen gevang nie.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Wat vang so?
Louis stuur vir my die foto per e-pos dan plaas ek dit op die forum.
Groete
H
Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Wat vang so?
Louis
Ek neem aan die lam was dood toe jy hom gekry het. Ek kan nie fotos op die forum sien nie en jy s? nie waar op die boud is gevreet nie.
Hein, email my bietjie die fotos, dalk kan ek ook help.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Wat vang so?
Louis
Jammer ek het so lank gevat om te reageer, het baie dinnetjies gehad om te doen. Daai vang was definitief nie 'n kat se werk nie. Ek sou s? ou jakkie is die skuldige, maar dit kan moontlik ook 'n hond wees. Ek sou egter my geld op 'n rooijakkals sit.
Jy sien die dier was nie groot nie, so min of meer die grote van 'n rooijakkals. Ek lei dit af van die hoogte waarop die wond op die been voorkom. Dan meld jy ook dat die ander been ook bokant die knie gebyt is. Dit lyk of die skaap weer gestaan het na die vretery, want die bloedmerke wys dat dit na die kloutjie se kant toe gedreineer het ( ditsou mos nie as die skaap platgel? het nie). Ek dink die skaap is van bloedverlies en skok (stres) dood want dit is 'n redelike groot wond daai.
Wat ek vermoed gebeur het is dat die skaap van agter aangeval is sonder dat die dier eers aan die keel probeer doodbyt is (my rede hoekom hond se kind nie uitgesluit is nie) maar ek sien geen subkutane bloedding nie, wat feitlik sonder uitsondering by 'n honde aanval teenwoordig is.
Maar di? tyd van die jaar jag die onervare jong jakkalse en vang die skaap instinktief aan die hoek van die kakebeen en verlam dit net en begin dan om die boud te vreet, terwyl die skaap nog leef (daarom geen groot bytmerke aan keel nie). Ek hoor baie klagtes spesifiek hierdie tyd van die jaar oor skape wat se gatte uigevreet is, en nog leef. Ek dink in jou geval was dit ook die geval, die skaap het net aan sy beserings gevrek na die tyd. Jy s? daar was nie 'n halsband of klokkie om die skaap se nek nie. Gebruik jy halsbande ?, want as jy hulle gebruik leer die jakkals om aan die gat te vang, al het die skaap nie 'n halsband om die nek nie.
Manne, as julle foto's van vangste neem, neem die foto's op 'n bietjie verder afstand en veral voordat jy die skaap afslag. Die maklikste manier om die skuldige roofdier te bepaal, is om te sien waar op die karkas gevreet is en hoe die wond lyk. Gee ook inligting van tekens in die omgewing, soos sleepmerke ens. Stuur maar gerus fotos aan ek help graag. Kan net nie die foto's op die forum oopmaak nie. Vra vir Hein my regte email adres, die een op die forum werk nie.

Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Wat vang so?
Freek
Wat wil jy graag sien?, my email adres. Ek vra maar om verskoning dat ek so onder dekking bly soos 'n jakkie wat net antwoord en nie inkom nie, maar dit bly eers voorlopig die beste.
Die wat wil weet wie ek is, vra gerus vir Baas Hein, hy sal sommaar verduidelik waarom.
Caller
Wat wil jy graag sien?, my email adres. Ek vra maar om verskoning dat ek so onder dekking bly soos 'n jakkie wat net antwoord en nie inkom nie, maar dit bly eers voorlopig die beste.
Die wat wil weet wie ek is, vra gerus vir Baas Hein, hy sal sommaar verduidelik waarom.
Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Wat vang so?
Ek en Freek (ONS ALMAL) wil graag die foto van die gevangde skaaplam sien,julle praat oor wonde ens en ons SIEN nie hoe dit lyk nie. 
Caller ons weet almal wie jy is en wat jou email adres is,ons weet ook wat jy als aanvang en ons weet waar jy woon en met watse jeep jy ry
;
johan...QBE

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Wat vang so?
Dankie Johan... ek kam net my hare so - maar ek is seker darrem nie rerig so dof nie 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Louis v R
Re: Wat vang so?
Baie dankie vir al die raad. verstaan wat julle bedoel en soos Hein uit gewys het met die vel wat oor die wond hang. Nee ek gebruik nie halsbande of klokkies of enige so iets nie. Glo ook nie dit was n hond nie, daar was net te min skade aan die lam.
Groete Louis
Groete Louis
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Wat vang so?
Hein sal u asb so gaaf wees om die foto te plaas?Freek sal graag daarna wil kyk,ek dink ons ander ook 
johan...QBE
johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
-
Izak02
Re: Wat vang so?
Hi Louis
My buurman het soortgelyke gevalle gekry by hom. Ons sak toe een aand daar in en skiet 3 tannemanne, so vinnig as wat jy 3 skote kan skiet. (Die eerste 2 het saam ingekom, na hulle het ek net omgeswaai en die 3de een aan die teenoorgestelde kant, toe al so 100m van my af, geskiet) Einde van die probleem! Syne was nie so groot weggevreet nie, maar jy sou jou vuis maklik daar kon in druk. Hy het ook gekry wat net agter die blad gebyt, vel weggeskeur, was. Seker om hulle handbriek vas te maak. Hulle was dan netso lewendig verder gevreet. Dit was wissellammers. Na die trio verwyder is, was dit stil daar. So dit kan dalk jou skuldiges wees.
Sterkte

- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: Wat vang so?
Louis
Dit kan dalk n jakkalsjagter wees wat n mistykie oorgekom het ook. Geweer is n gevaarlike ding...
Tomma

BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
Re: Wat vang so?
LvR ....hoop nie ek hi-jack jou 'topic' nie, wil nie onnodig n nuwe een begn nie.
Die gevreete Bloukraanvoel in vlakte gekry, klomp vere so 100 meter weg in veld sien le, 3 dae te vore ook daar verby gery, toe was daar nog niks gevang nie.Geen spore!
Kat of Jakkals ??
[img width=560 height=420]http://i1096.photobucket.com/albums/g32 ... 1-1014.jpg[/img]

Groete BR

Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Wat vang so?
Hallo Bokram
Kontak Mick D'Alton Voorsitter van die Blue Crane Group en vra hom wat so vang....
mandjdalton@omail.co.za
Kyk bietjie op die onderstaande link van hulle website .... "Threats & Actions". Ek kon nie sien dat predasie as "threat" getoon is nie.
http://www.bluecrane.org.za/index.php?o ... &Itemid=67
Hoor sommer of rooikat en jakkals as 'n bedreiging gesien word vir die vo?ls.
Cheers

- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Wat vang so?
Daai voel manne moet wakker skrik. Jakkies roei enige voel wat oppie grond broei. Ek het al in die lente eierdoppe in jakkie mis gekry.
Vandat ek hulle (jakkies) hierso roei sien ek nou weer Natal Francolin, Patryse en tarentale. Ek het hulle die somer met kuikentjies sien rond drawwe.

Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Wat vang so?
[img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... 1-1020.jpg[/img]Foxcreek wrote:
Daai voel manne moet wakker skrik. Jakkies roei enige voel wat oppie grond broei. Ek het al in die lente eierdoppe in jakkie mis gekry.
Vandat ek hulle (jakkies) hierso roei sien ek nou weer Natal Francolin, Patryse en tarentale. Ek het hulle die somer met kuikentjies sien rond drawwe.
[img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... 1-1018.jpg[/img]
Hier is 'n nes en bewyse
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
BOKRAM
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Fri Jan 23, 2009 6:15 pm
Re: Wat vang so?
Dankie Dawie, ek maak so!