Gisteraand kry ek n pm van Willem. Hy laat weet my dat daar n Nikon scope op pad is na my. Na my scope my soveel probleme gegee het en ek so ingeloop is deur n ander man het hy my laat weet hy sttur n scope vir my. Dit is nou om te bebruik om te sien of dit my scope is.
Die volgende pm is ekin kennis gestel dit is n GESKENK vir my!!!!
Manne, dis n Nikon 4.5-14X40 SF Fieldmaster!!!! Wat n scope!!! Ek voel soos n kind wat n nuwe speelding gekry het vir Kersfees!!!!!!
Willem, ek se net weer baie baie dankie. Mag GOD jou ryklik seen en hy sien jou hart. Jou skatte wag vir jou in die hemel by HOM!!
Ek sal van nou af al my goedjies by S & O warehouse koop. So man verdien ondersteuning want diens gaan jy nie beter kry op n ander plek nie.
Ek vra waar julle kan, ondersteun die man en ook die ander manne op die forum.
Met die jag van die seuns het ek n aanbod gekry om hulle velle verniet te looi, skede skoon te maak en van iemand ander om fotos te stuur en daar gaan n vergroting van elke seun gemaak word saam met sy bok.
As ek mag en toestemming kry sal ek onder dieselfde topic post wie hulle is sodat almal hulle kan ondersteun! Ons is tog een lekker groot familie so kom ons help mekaar en ondersteun mekaar waar ons kan.
Weereens baie dankie aan Willem!!!
Groete
Grumpy
