Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het vrydag heeldag duiwe geskiet, het met so 50 huis toe gekom, ek het Gordon Ramsey se program gesien hoe hy die goed de- breast, ek het die probeer maar kom nie lekker reg nie, kry nie die vel heel af of al die binne goed uit nie. Sal bly wees as daar iemand is wat weet hoe om dit te doen.
Ek het toe probeer om hulle gaar te maak in die pan met sout en suurlemoensap. Wat 'n gemors, dit was glad nie lekker nie.
Enige hulp/advies sal waardeer word.
Hansman
Last edited by ablm468 on Sat Apr 21, 2012 10:14 pm, edited 1 time in total.
Hansman, ek het erens 'n opgeskryfde metode wat vir my lekker werk, ek sal dit gaan soek en vir jou stuur. Ek maak gewoonlik pastei of pat? van die borsvleis - dis vrek lekker. Ek sal die resep ook hier plaas, dis regtig die moeite werd om dit te doen !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
As jonglat het ek deur die week kransduiwe met die windbuks geskiet en geslag, gevries en Saterdae as ek en my vriende gaan visvang het ons die duiwe soos flaties gebraai met net gewone braai sout. Was altyd lekker! Groete visstok
Sodra jy die borsies uitgehaal het dan vat jy een van daardie kombuis hammertjies wat mens die vleis met slaan om te tenderise en jy slaan daardie borsies goed plat(plaas die borsies met die vlieskant na onder op jou houtplank). Hulle sal nie breek asgevolg van daai dun vlies aan die eenkant. (regtig goed tenderise). Braai dan jou borsies in bietjie olyf olie saam met uie wat klaar bruin gebraai is. Voeg jou speserye by en laastens net voor jy eet gooi jy sommer n hele klomp van daardie spur basting sous of watse basting jy ook van hou saam worcestersous.
Sag en baie sappig. Moenie te droog braai nie.
Loop mooi saam pap of brood.
Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
Ek het ook altyd potjie gemaak of n stew,maar deesdae word al die duiwe sosaties.Selfs my meisie kind wat vol nonsens is eet saam.Soos met alle wild moet dit nie te dood gebraai word nie.
Groete.
vat daai borsies en maak vir jou sosaties,soos jy daarvan hou.laat le dit dan vir so 2 dae in 1000 island sous.braai hom dan en laat weet my.jy kan maar sout bysit na smaak.