More manne,
Ek sit met 'n dilemma op hande. Ek is besig om uit te kyk vir 'n teleskoop vir my nuwe .22 wat oppad is en sukkel onsettend met my keuse. Ek is ongelukkig ook baie vol nonsens as dit by teleskope kom en ek hou glad nie van die sogenaamde "rimfire" scopes wat met die klein objektiewe lense (28, 32, 33) uitkom nie. Dit lyk net vir my verkeerd. Ek sien ook almal gebruik deesdae op die nuwe kragtige windgewere en .22's teleskope met verstelbare paralax wat tot op 10y kan stel. Die meeste van die teleskope is ook egter van chinese oorsprong en ek is maar versigtig.....
Jammer vir die lang storie hierbo, maar my eintlike vraag is: Is dit regtig nodig om 'n teleskoop op .22 te gebruik waarvan die paralaks tot op 10y kan stel?? Hoekom kan mens nie net 'n gewone 3-9x40 teleskoop gebruik nie? Gaan die verstelbare paralaks rerig so groot verskil maak? Ek gaan maksimum 100m met die oukie skiet en hy gaan meestal diens doen op pesdiere en kleinwild, en ook gebruik word om sommer net lekker groepe op die baan te skiet en te speel.
As 'n gewone 3-9x40 kan werk sonder probleme dan is dit 'n maklike keuse. Leupold VX-1/2 3-9x40.
Groete,
Lourens
Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Zack Benade
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Hi
Ek het die naweek baie gekyk na die Hawke scopes. Dis baie gemik vir die windgeweer mark maar almal praat goed oor die scope. Sy kruishaar is ook inge-ets op die lense. Van die personeel by S&O het die scopes op hulle .308 en .22-250 gesit met super resultate.
Ek hou van vergroting en sal as dit my geweer was kyk na die 8-32x56 Hawke. Prys is ongeveer R3800. Dit het turrets vir verstelling. As jy klein groepiies wil skiet en akkuraat ver wil jag (duiwe, dassies, meerkatte,ens ) is 'n goeie vergroting nodig. Jy sal nie spyt wees met vergroting nie. Dit bederf jou met die jare.
Die Hawke se optics is Super in vergelykking met ander make.
Groete
Zack

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3125
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Weet jy hoe groot is n 8-32x56 scope? Ek dink bietjie te groot vir .22. As jy net wil lekker skiet is n 3-9x40 oorgenoeg. Nie nodig vir paralaks verstellig. En hoeveel keer gaan jy 10-20m skiet? Kyk na gamo 3-9/4-12 of mtc 10x44/3-12 of leapers/utg 3-12x44 of nikkostirling gameking 3-9x40/4-16x50(of as jy wil groot gaan 6-24) Scopes vanaf 4-16 word bietjie lank en ongemaklik op n .22 na my mening.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Ludwig
Toe ek die scopes op een van my ander gewere vernader het ek die Lynx 3-9x42 wat daarop was (of 40?) op my .22 gesit. Ek skiet baie lekker met die geweertjie so. Ek persoonlik hou maar van so groot as moontlik vergrooting op 'n teleskoop.
Groetnis
Christo

klipspringer
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Lourens
Indien jy vinnig op 20 m jou teiken wil vind sal 3x vergroting baie beter werk as bv. 8x a.g.v. die aansienlik groter sigveld. Op bv. 75 m of 100 m is 9x meer as genoeg vir my. Vir 'n 7mm gemiddelde nag-pupilgrootte en 5.7x optimale nagvergroting is 'n 40 mm objektief goed.
Miskien kan jy ook die volgende twee teleskope oorweeg:
Nikon Prostaff 3-9x40 Rimfire (BDC 150 gekalibreer vir .22 LR) sonder parallaksverstelling - Met die klem meer op jag, of
Nikon Prostaff Target EFR 3-9x40 Rimfire (Precision) + Verstelbare Objektief - Met die klem meer op baanskiet.
Albei het 1/2 MOA (1/4 duim op 50 tree) kliekverstellings.
Groete
Jan

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Die parallaks verstelling op hierdie teleskope word aangewend om in veldskiet die afstande te bepaal. Omdat 'n .22 en windbukse baie koe?lval het help dit baie as jy weet op watter afstand jy skiet. Die parallaks verstelling word dus as afstandmeter gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
As jy regtig wil fein skiet op die kort afstande is paralax n moet. Ek het my gewone 3 - 9 x 40 scope afgehaal en n kleiner een met paralax verstelling vanaf 7m opgesit, en my .22 skiet nou baie akkurater.
Meeste gewone jag scopes is paralax vry op 100 yards, en mens skiet meestal v?r onder dit met n .22, dus werk n gewone scope nie so goed soos een met paralax
Meeste gewone jag scopes is paralax vry op 100 yards, en mens skiet meestal v?r onder dit met n .22, dus werk n gewone scope nie so goed soos een met paralax
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3125
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Paralaks verstelling op .22 teleskoop??
Ja dis nou as jy regtig fyn wil skiet. Onthou om paralaks verstelling te gebruik om afstand te lees het jy n scope met baie groot vergroting nodig anders "range" hy nie so akkuraat. Iets soos 8-32 of 10-50 dan kan jy amper elke meter range tot op n sekere afstand.