nuwe intrekers. (vlekkie)

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by cassie_calvinia »

ek hou die 2 nou al vir so 3weke dop. eers het hul nie gevang, maar het nou teen spoed weg getrek. wil hul vanaand gaan soek. het lekker staanplek.
hul is nuwe intrekers wat heel duidelik vinnig gewoond raak aan hul nuwe huis. sal hul nou al agresief op jakkals roepe reageer, of nie. en, watter jakkals roepe.
begin ek met dit, of speel ek nog eers kos vir 'n ruk?
ps: het gister en eergister so 60mm reen op plaas gehad. trek op so 90 vir die maand.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by johann »

Cassie ek sou se begin eerder met kos of 'n lekker nuuskierige klankie, vir soo halfuur, n dan 'n alleen jak roep, jy kan jouself vandaar antwoord ook en wag vir vlekkie se opwagting. Staan net soo dat grootste deel van hul gebied windop van jou is. Sal graag wil hoor wat se die groot manne???
Groete Johann
25-06 Remington
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by Louis102 »

Cassie, ek dink Johann is in die kol, laat ek bietjie meer verduidelik hoekom ek ook so dink: 

Dis nie onmoontlik dat 'n jakkalsroep-afskop nou sal werk nie, ek sal egter eerder die tegniek gebruik in die omgewing / kerngebied waar die nes se kleintjies doodgemaak is verlede jaar, maar die stel ouers nooit gekry is nie.  My jakkalsroep sou beslis in so 'n geval eerder 'n enkel jakkalsroep wees (waar net een jakkals gesels) en ek sou sommer 'n lang stilte na die roep gee, voor ek met iets soos kos sou probeer karring.  Die standaard roepmetode (kos vir 40 min voor enkel jakkalsroep) is egter die veiliger roete soos deur die guru's voorgeskryf word, veral vir hierdie tyd van die jaar.  Die enigste rede hoekom ek egter daarvan sou afwyk, is omdat bo-genoemde tipe jakkalse dalk al so bietjie die roepery gewoond mag wees.  Iets soos jakkalshuil het vir my al goed gewerk in Mei, vir 'n geval soos hierbo beskryf, maar dit is nie sonder risiko nie.

In jou geval, waar dit nuwe intrekkers is en kerngebied nou mooi uitgesnuffel is, sou ek nou eerder afskop met iets soos bv. Allegaartjie Pikant (van foxpro, Heinrich of Taffie se klanke werk ook mooi).  Nie heeltemal suiwer alledaagse kosklanke nie, eerder waar so stukkie nuuskierigheid ook by betrokke is.  Gee net genoeg tyd en wees geduldig, reaksie op nuuskierigheid is dikwels stadiger as op suiwer kos.  Nie dat suiwer kosklanke nie sal kan werk nie, ek dink net die drang na kos is huidiglik so effe laer, veral wanneer 'n stelletjie 'n area vir hul liefdesnessie begin voorberei en merk - koue water en liefde is nou eerder aan die orde van die dag.  Die afwagting is groot, want hulle het nog nie gepaar nie.  Die piek van paartyd is maar eers in Junie. 

In areas waar redelik geroep word, ken hulle dalk ook teen hierdie tyd die meeste normale kos tune's en mag hulle jou dalk net ignoreer - daarom hou ek vannaf Mei daarvan om so bietjie nuuskierigheid in te werk by my roepery.  Sodra die teef eers goed dragtig is en/of wanneer sy kleintjies het, hier van middel Julie na Augustus toe, verander die situasie hand omkeer.  Let maar op hoe lekker eet swanger vrouens en hoe skop die behoefte aan sekuriteit (beskermings drang) in.

Hoop dit help.

Sterkte
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by Boertjie »

Louis en die ander manne

1) Watter jakals bepaal waar die nes moet wees.Die reun of die teef?

2)As die reun geskiet is,gaan die gate op die selfde plek bly? of
as die teef geskiet is, gaan die gate op die selfde plek bly?

Hoor graag
Boera
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by Chris101 »

Boera

Daar het al by my die meeste kere reuns oorgebly by neste dan is die neste volgende jaar weer daar in die omgewing.
Ek sou reken die teryn is maar net die lekkerste daar.
Selfs jongpare kom ook maar weer na dieselfde kol.

101
Knou die gediertes AF.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by cassie_calvinia »

dankie louis
net nog 1 vraag. as ek na 40min se kos speel. reaksie kry op jakkals roep. die tyd van jaar, as jy reaksie kry, wat is die kaanse dat hul sal kom? bedoelende, as hul paar gevorm het, in hul gebied, kan hul nou al agresief reageer, of, kan hul nog net antw en nie kom nie?
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by Louis102 »

cassie_calvinia wrote: dankie louis
net nog 1 vraag. as ek na 40min se kos speel. reaksie kry op jakkals roep. die tyd van jaar, as jy reaksie kry, wat is die kaanse dat hul sal kom? bedoelende, as hul paar gevorm het, in hul gebied, kan hul nou al agresief reageer, of, kan hul nog net antw en nie kom nie?
Cassie, my gunsteling roep na kos/nuuskierigheid huidiglik is Rooi Alleen (daar is sekerlik ander van Taffie en Heinrich wat net so goed sal werk)  As 'n stel my antwoord op Rooi Alleen in die volgende paar weke, is dit volgens my net 10 minute stilte en dan kort grepies (letterlik 3 of 4 kreune) van Springbok Sopkop of Springboklam wat ek tussen wisselende periodes van stilte herhaal.  Dis niks nuuts nie, net 'n beproefde resep wat my meermale sukses bring, veral in hierdie tyd.  Na so 20 minute kan jy iets inbring soos Rooi Dood of Jakkals Baklei IV, sonder om dit vir te lank te oordoen.  Op 30 minute herhaal jy die enkeljakkalsroep en evalueer en reageer, soos omskyf in Heinrich se standaard roepmetode.  Ek hoop egter om voor dan al die stel onder skoot te gehad het, 80% + van die tyd.  Dit mag egter verskil van area tot area en van die jakkalse se ondervinding.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by cassie_calvinia »

dankie
ons praat more....
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: nuwe intrekers. (vlekkie)

Post by Louis102 »

Boertjie wrote: ... 1) Watter jakals bepaal waar die nes moet wees.Die reun of die teef? ... 2)As die reun geskiet is,gaan die gate op die selfde plek bly? of
as die teef geskiet is, gaan die gate op die selfde plek bly? ...
Boera, is dit 'n strikvraag?  Ek vermoed jy het minstens 'n goeie idee en vermoede, anders sou jy nie vra nie.  Jy't weer te veel saam met Taffie gekonkel, so tussen die herlaaiery deur, n??  So help maar reg, hierdie is maar hoe ek vermoed (en dis slegs 'n vermoede, asb.):

Ek stem so bietjie saam met Chris, maar het ook al ondervind dat die kerngebied by my maklik so twee of drie kilometer skuif, as hulle te veel te?spoed kry in een area, tydens kleintjie tyd.  Dink dit hang maar baie van die populasie digdheid van die jakkalse, beskikbare alternatiewe gebiede en nuwe stelmaats af. 

Ek dink nie by jakkalse werk dit noodwendig so dat een geslag die dominanste is, soos byvoorbeeld by hi?na's nie.  Ek raai by jakkalse, net soos by meeste getroude paartjies van die menslike spesie, is die een gewoonlik meer dominante as die ander een (sou s? gewoonlik die oudste, as die nuwe een in die stel bv. jonger is).  Dit is nie noodwendig die man ?f die vrou nie.  Altwee sal nie sommer ewe dominant wees nie, sulke huwelike hou selde.  So, by jakkalse, raai ek, sal dit eerder die mees dominante een wees wat die "waar" van die teelgat bepaal, meer so as wat dit noodwendig die reun of teef is.  Verder is daar baie ander faktore wat 'n rol speel, soos bv. hoe naar of lekker die ondervinding by verlede jaar se teelgate was.

Daar is seker maar gewoonlik die "beste" teelgate in 'n kerngebied, wat waarskynlik eerste beset sal word, maar as die ondervinding met mense naar is, sal hulle skuif, ongeag die geslag wat oorgebly het.  MAAR as jy my dwing met 'n rolliie teen die kop, sal ek s? die kanse is effe beter, dat as die teef oorgebly het, die gate op die selfde plek sal wees, eerder so as wat die reun oorgebly het.

Nou sal ek graag jou teorie wil hoor?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply