Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het gister gepost en die wetters het alles delete!!
Ek wil weet wat is die beter of beste 180gr koeel om te gebruik in my 30-06 om mee te jag. Nie te veel vleis skade nie maar penetrasie en vinnige dood.
Ek weet skootplasing maar ek kyk hier na koeel net in geval iets verkeerd loop dat daar nog genoeg skade sal wees om die dier te dood.
Geen solids!!!!!!!!!!!!!!!
Ek is gese om Hornady te gebruik maar wat?
Ek soek n koeel vir op die baan skiet en een vir jag.
Geweer: 30-06
PMP doppe
Sal S365 kruit wees.
180 gr koeels.
Hornady Interlock 180 gr op die baan en Hornady 180 gr Interbond vir jag
So sou ek s? as jy 180 wil skiet, maar ek weet die manne gebruik ook 150's met groot sukses in die 30-nul-kwes. Hulle loop mooi vinnig, maar dan sal ek kyk na monolities, soos GMX, Barnes of GS.
madako wrote:
Hornady Interlock 180 gr op die baan en Hornady 180 gr Interbond vir jag
So sou ek s? as jy 180 wil skiet, maar ek weet die manne gebruik ook 150's met groot sukses in die 30-nul-kwes. Hulle loop mooi vinnig, maar dan sal ek kyk na monolities, soos GMX, Barnes of GS.
Grumpy, nie alle monos tree soos solids op nie, as ek verstaan wat jy by die eerste
post gese bedoel het. n Solid is gebou om nie shape te verander nie terwyl die
Barnes TSX en Hornady GMX gebou is om om te klink. n Solid met n gat in is nie meer
solid nie...
Persoonlik glo ek nie so nie - nie nadat Hennie nou die dag een gebreek het nie. Ek dink
Jy gaan beter penetrasie met enige een van die monos kry, hulle is net sterker as die res
en jy gaan geen lood in jou vleis he nie.
So ver ek weet maak Barnes en Hornady ammunisie met hulle monos in. Dit beteken nie die
Aframe is sleg nie. Ek dink dit is een van die sterkste bonded koeels wat mens kan kry. Ek weet
Remington laai ook A Frames in van hulle ammunisie. (My eerste koedoe met so een uit n 30-06
geskiet)
Ek is ook bang dat solids my loop gaan opvreet en dus gebruik ek die interbonds. Die 150gr is net so goed soos premium solide koe?ls in die selfde gewig en beter as standaard loodkern koe?ls, hoekom soek jy juis 180gr Terloops ek het nog nie een Interbond herwin wat 'n "pedal" kort nie, die lood en koper klou aan mekaar soos pasgetroudes
My roer het 1:10 twist met 26" loop en 54gr S365 jaag daai outjies so 2800ft/sec. Hulle skiet plat tot op 200 {2-3"}en op 300 vat ek so 8-10 duim hoog.
Oorweeg dalk ook ligter premium koe?ls, jy sal nie spyt wees nie, hulle is redelik duurder as konvensionele koe?ls, maar hulle maak dood, selfs al jaag jy bietjie aan
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Marc, lyk my die GMX maak mooi. As ek kyk na die 150gr of miskien bietjie swaarder wat sal ek dan gebruik om mee te gaan oefen soort gelyk op die baan/
Die GMX mono lyk baie goed en minimaal vleis skade as jy nie been tref nie. Die Interbonds lyk net so mooi.
Elkeen hier sal natuurlik sy eie opinie he en die koeel wat die persoon die meeste al gebruik het gaan tien teen een as die voorgestelde een wees. Ek het al die meeste monos self getoets met die uitsondering van GS Custom. My opinie is dat Barnes TSX die titel dalk die gemaklikste sal dra. GS Custom kan sterk aanspraak maak maar aangesien ek nie eerste handse ervaring van die koeel het nie sal ek nie verder uitbrei nie.
Barnes TSX tiek net soveel boksies meer as die ander koeels. Die groot probleem met monolitiese koeels was nog altyd hoe druk en redelike koperneerslag in die loop. Oor die koeel nie vervorm in die loop(sit nie uit soos loodkern koeels nie) was akkuraadheid soms n probleem as die loop van die geweer aan die groot kant was. Met die inbring van dryfbande en groewe in die skag is hierdie bogenoemde probleme aangespreek. Daar is ook koeels soos die Rhino wat n uitstekende koeel is maar die kwaliteits probleme kelder die ontwerp. Ons eie Frontier Spartan is ook n uitstekende produk maar daar moet nog so bietjie geskaaf word aan hulle samestelling van materiaal. Hulle is bietjie te bros/hard. Swift A-Frame is n goeie produk maar het n paar tekortkominge en is buitensporig duur. Hornody se GMX gee uitstekende resultate teen n uitstekende prys. Dalk alles in ag geneem die naaste aan Barnes TSX. Kort dalk net so bietjie variteit in gewigte.
Nosler se E-Tip is vir my teleurstellend as jy hulle ander koeels se reputasie in ag neem. Hulle het op die bandwagon van mono's gespring sonder om genoegsame navorsing in hulle produk te sit. Dalk verras hulle ons in die toekoms met n nuwe produk. Ek glo monos is die pad om te gaan in die premuim klas en het die groot voordeel van geen lood nie. Ek weet nie hoe erg die loodvergiftigings probleem is nie maar wat ek wel kan se is ek en n paar ander manne leef nog! Maar ja dit is n probleem en die groepe wat druk daarop sit gaan nie weg gaan nie.
Ek het nie gepraat van die TTSX nie en glo vir algemene jag en die jagafstande waarop geskiet word hy oorbodig is. Die koeel kan wel oorweeg word vir ultra lang jag. Die uiteinde is nie meer vandag of jy nmono moet gebruik of nie dit is eerder watter een!
Hallo manne
Gee 'n ligter mono teen hoer spoed nie meer vleisskade as 'n swaarder stadiger loodkoel wat op dieselfde plek tref nie?
En is die ligter mono se penetrasie gelykstaande aan swaarder loodkern koeels?
Derdens waarom moet monos teen soveel hoer spoed lanseer word?
Dankie
Jacques
Die gebruik van dryfbande op groewe is in my opinie die pad om te stap. Die roete wat Nosler gevolg het om hulle kopersamestelling aan te pas om sodoende druk te verlaag is nie so suksesvol nie. Druk is hoer met hulle sowel as neerslag in die loop.
Tweedens is daar heelwat voordele met petals in die vorm van n X of Y wat gemaak word teenoor n solidiede mushroom met die vervorming van die koeel. Media kan deur hierdie openinge vloei wat penetrasie aansienlig verbeter sowel as reguitlyn penetrasie verbeter. Dit veroorsaak dat ligter koeels gebruik kan word wat gelykstaande penetrasie teenoor die swaarder koeels. Met Nosler moet jy nou na n swaarder koeel gaan vir hierdie penetrasie met die inboet van trajek agv laer snelheid. Die hoer spoed verkry met ligter mono's gee platter trajekte wat n groot bonus is vir alle skuts as dit kom by trajek. Permanente wondkenale lyk dieselde in beide gevalle.
Die gebruik van n plastiek punt vertraag ook die oopmaak proses wat einlik hulle voordele oorskrei van hoer BC. Die hoer BC kom eers tot sy reg verby 300m maar dan sit jy in elk geval met n lae inpaksnelheid wat nog altyd die monos se achlis heel was. Die plastiek punt vererger dan die situasie. Bietjie van n catch 22 storie! Vat nou nog ook die geval dat die Nosler stadiger is as die opisisie agv die hoer drukvlakke en swaarder koeel wat geskiet moet word vir gelykstaande penetrasie dan noem ek dit n werklike nadeel.
Ek se geensins julle sit met dooie stock op die rak met die E-Tips nie. Ek gebruik n E-Tip n honderd maal voor ek n bonded loodkern koeel gebruik maar ek was net teleurgesteld met Nosler se eerste probeerslag met mono's aangesien ek baie hou van hulle ander produkte.
Nosler het die partision en bonded roete geback en met die aanvang van die loodvrye beweging moes hulle inderhaas die mono roete volg en nie genoeg werk het in hulle ontwerp ingegaan nie. Soos ek se dalk verras hulle ons in die toekoms want mono's is hier om te bly vir die nabye toekoms in elk geval.
Jacques vleiskade word grotendeels veroorsaak deur sekondere projektiele. n Koeel wat bymekaar bly veroorsaak nie adisionele projektiele soos met n koeel wat opbreek nie. Sekondere projektiele wat veroorsaak word deur been fragmente gaan vleisskade veroorsaak en die hoer spoed vererger dit verseker. Die koeel wat nie vragmenteer met die tref van been vererger dit darem nie meer as die koeel wat wel opbreek nie al is die inpaksnelheid hoer van die mono. Hoop dit maak sin.
Hou ons op hoogte! Ek het myself so lus gepraat ek het sommer vanmore
by Camdix n pakkie GMX vir die 6.5 gaan koop. Ek sal more laat weet hoe hulle loop
en voor die einde van die maand sal ek iets met die geweer moet gaan jag!
Mooi vdWalt. My gat jeuk net so. Man het my gebel hy gaan al my kite kit kom koop. Ek sal genoeg he om my 375 te koop . maar ek gaan eers die 30-06 op lyn kry. Ek gaan nie dat dit my onder kry nie.
Miskien kan jy advies gee. Ek het nuwe pas maak kolf, nuwe loop, Lynx 3-9x42 scope, wat 2de hands is want die ou wat die nuwe loop op gesit het het my nuwe Bushnell 3-9X40 scope verloop of op iemand anders se geweer gesit. Toe ek hom vra waar is my scope na hy die loop op gesit het toe weet hy kastig nie daarvan nie. Hy het toe sommer ringe van sy werksbank af gevat en die 2de handse lynx op my geweer gesit terwyl ek wag. Nou wil die geweer nie lekker groepeer nie en dit is ge free float!
Kan dit die ringe wees of wat kan dit veroorsaak?
Enige iemand met raad asb want ek sukkel nou n rukkie met die geweer om mooi te groepeer. Ringe? Of wat anders kan dit wees?
grumpy
i hope i'm not out of line here but i've been following your posts about this rifle driving you mad and in my mind there's just too many things that can be wrong .
you've mensioned your reloads you not happy with , the scope which was changed , the rings to be lapped and i think you spoke of the new stock , the barrel which was changed and the crown . get someone ( someone clever ) in your neck of the woods to help you ,work from a point and go from there . check the rifle , check the scope or even swop it for the test , have the rigs lapped ,mounts checked ect and the load nice ammo with diff weight bullets or buy some ammo .
Good luck Grumpy, dis verkriklik demotiverend om met jou geweer te sukkel. Min dinge maak 'n man so gou moedeloos.
Begin maar op 'n punt soos Bobby voorgestel het. As iemand professioneel jou help, hou jy beter moed!
Sterkte,
Jacques
Ek dink die probleem kan moontlik net by die scope le. Geweer is ge float, alles is goed vas.
Ek gaan vir my n skiet staander maak wat ek die geweer in kan vas maak en dan skiet net om seker te maat die fout is nie by my nie. Ek flinch nie wat ek van weet nie so ek sal maar iewers begin!!