Dassie probleem

Post Reply
Andren van heerden
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Dassie probleem

Post by Andren van heerden »

Hallo manne

Ek boer in die oos kaap en plant baie lande met koring en hawer vir weiding. op een plek het ek 'n groot probleem met dassies. hierdie probleem is so erg dat 3 van die 6 akkers wat naby hulle gelee is al opgevreet is. nou ek weet dis 'n baie lekker geleentheid om hulle te kan skiet maar daar is honderde en ek wil hulle so gou as moontlik so veel as moontlik dood kry. ek het gewonder of van julle manne my nie dalk kan helpmet planne om hierdie probleem van my te kan uitsort nie want eks al raadop???????

Groete
Andren van Heerden
ablm468

Re: Dassie probleem

Post by ablm468 »

Andren jy sal nou nie glo nie maar die mense in Sandton en rondom Montecassino het dieslfde probleem. Die dassie maak neste in die plaffonne van huise en ook in buitegeboue, hulle urineer orals en versprei pest en plae, die wetenskaplikes het hulle al probeer vang en hervestig maar dit werk net nie, daar is te veel kos, ergste van alles is die groenis wil nie h? die goed moet geskiet word nie, hulle lewe maaqr saam met die gemors. Laat my dink aan die hippies van die 60ger jare.

|Ek ken nie hulle gewoontes so goed nie maar ek sal maak soos die manne met die bobbejane, ek sal klomp manne reel met 22's en hulle vroeg in die oggend voorl?.

Mens kan ook slagysters in hulle gate stel as mens daar kan bykom.

Hoop dit help.

Hansman
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Dassie probleem

Post by wlm »

Andren
Dit klink simpel maar hierdie plan maak hope vrek.
Bou 'n "swembad" vir hulle. 'n Gat in die grond waarvan die wande loodreg is met water onder in. Dasse suip graag water en spring dan in die gat in en versuip.
Willem
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Dassie probleem

Post by Beretta »

Andren
Dus nou jammer as dit nader was het ek die probleem gratis met die223 kom oplos waar in die ooskaap is jy
Beretta
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Dassie probleem

Post by Beyers »

Kyk net bietjie wat word dasse voor verkoop op wild veilings
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Dassie probleem

Post by Smirre »

Naand
Hier by ons is n oom wat dieselfde probeem gehad het
Hy het Rotgif naby hul blyplek gaan sit en het nie meer 'n probleem nie

Hy se die blou blokkies wat soos seep lyk,,,,,,,, 14 in die pakkie seg hy

Probeer maar
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Dassie probleem

Post by VdWalt »

Beyers wrote: Kyk net bietjie wat word dasse voor verkoop op wild veilings
;D RW? Gemeet seker aan die tande want jy gaan sukkel om die horing te meet.
Hie hie!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Dassie probleem

Post by Spanner »

Ek hou nie van gif nie - te veel onskuldige diere word in die proses geraak, arende en aasvoels is veral vatbaar.  Probeer maar die verdrink-ding, hoop dit werk vir jou.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Dassie probleem

Post by Pvdw »

Ek self hou nie van gif nie maar RACUMEN kan dalk werk. Die das moet dit eers vir so paar dae vreet voor hy vrek. As roofdier nou een das eet kom hy niks oor nie. Hy moet eers vin 'n hele klompie dae vergifde dasse eet voor hy iets oorkom. Hopelik skip die roofdier 'n dag of wat voor hy weer een optel, so vrek net die dasse>

Racumen is na regte rotgif maar as daai blou blokke werk behoort Racumen dalk ook te werk???

Ek hou egter meer van daai swembad idee ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Dassie probleem

Post by Chris101 »

Andren

Waar in die ooskaap

.22 baie geduld lekker skerm om in te sit.
Soggens tot 10h00
namidag vanaf n15h00
n week of wat 1000 stingers later en probleem baie ligter.

101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Dassie probleem

Post by Gerhard Smith »

Ek is oorspronklik van oos london af en daar het ons net so probleem gehad met hulle. Vang hulle in vanghokke en gebruik vars witbrood vir lok aas hulle kan dit nie uitlos nie. Hoop jy kom reg.
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
Andren van heerden
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Dassie probleem

Post by Andren van heerden »

chris

Ek boer tussen Dordrecht en Barkly oos ek het al self 'n klomp .22 petrone uitgeskiet en baie van hulle dood maar dit lyk assof dit niks help nie dit lyk hulle word net meer

baie dankie vir die raad ek het sommer al klaar n plan hoe ek die swembad ding gaan maak met 'n ou dieseltenk as daar dalk nog mens met raad is ek luister graag

Groete
Andren van Heerden
Zack Benade

Re: Dassie probleem

Post by Zack Benade »

Hi Andren

Ek kom Donderdag vir Leon (Cowboy)kuier.  Ek sal kom kuier en dan is jou probleem nog kleiner.

Is dit daai lande op die linkerkant teen die randtjie?  (Barkley pad)

Ek wil versker jou kom ontmoet.  Sien jou Vrydag

Groete
Zack
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Dassie probleem

Post by hebron »

Ek het ook al die raad gekry, dat as n mens dasse skiet en om die land laat le en vrot; dit die ander dasse weghou en selfs laat trek. Weet nie of dit regtig werk nie want ek het dit nooit getoets nie, sal n vreeslike stank agterlaat!!!

Ek het maar geskiet soveel ek kon; kry nogal baie jong mense wat kom help.
Nogal goeie oefening!!

STERKTE met dasse....
LAAT-LOOP
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Dassie probleem

Post by Jacquesb »

Vriende
Ek is ook gekant teen die gebruik van gif.
Skiet of vang hulle en ja die veilingpryse is nie sleg nie.
Ek sou selfs betaal om van hulle te skiet, so graag wil ek jag! Dit is ook goeie oefening vir minder ervare en jong jagters!
Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Dassie probleem

Post by Jacquesb »

Kry 'n broeipaar arende! LOL
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Dassie probleem

Post by Boertjie »

Hou net al die sterte, dan kan jy later tel hoeveel jy geskiet het ;D ;D

Boera
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Dassie probleem

Post by wlm »

Boertjie
As jy hom aan sy stert optel val sy oe uit. :)
Post Reply