Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne het ons nou 'n vervelige langnaweek gehad, het by die huis gebly maar kon darem 3 x jaggies inwerk vir die naweek, het Vrydag duiwe gaan skiet op 'n plaas naby die huis, Saterdag jakkies op Nigel en Maandag weer duiwe op dieselfde plaas. My suen kon ook sy eerste duif met die windbuks skiet, sy eerste vleis self braai in die vled langs die koring en ek kon my eerste jakkie in 25 jaar op 250m meter in die nag plattrek. Sien fotos van ons "vervelige" naweek.
Mooi gedoen Hansman en geluk aan die seun se eerste sukses!
Dis darem elke pa se trots as sy klong ook saam kan jag. Hoop jy leer hom mooi om van daai duiwe se borsies biltongtjies te maak of sommer net 'n lekker duifpastei!