Beesstertbredie

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Beesstertbredie

Post by Frikkiedbr »

3 kg beesstert (oxtail), met die vet verwyder
5 m? paprika
15 m? braaivleisspeserye (barbeque spice)
350 g wortels, geskil en in ringe gesny
250 g groenboontjies, in stukke gesny
800 g aartappels, geskil en in kwarte gesny
60 g beesstertsoppoeier (oxtail soup powder)
sout en witpeper na smaak

Voeg die beesstert in 'n groot kastrol saam met net genoeg water om dit te bedek.
Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte en kook verder tot al die water verdamp het. Die vleis sal verbruin in die vet.

Voeg die paprika en braaivleisspeserye by en bedek die vleis weer met water. Plaas die kastrol se deksel op en kook oor lae hitte tot die vleis sag is. Dit neem omtrent 2 uur. Die water moet ten alle tye die vleis bedek. Kyk gereeld en vul die water aan indien nodig.

Voeg die wortels, groenboontjie, aartappels en soppoeier by en kook tot sag ? omtrent 30 minute.

Geur met sout en peper en bedien.

Die 3 kg stert is genoeg vir 8 tot 10 persone.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Post Reply