Was drie skaapniertjies in koue water, dompel vinnig in kookwater en trek dan die buitenste vlies af. Sny die niertjies middeldeur en verwyder die wit buisies en vet. Sny die twee helftes in dik kywe. Geur met sout en peper en strooi 15 ml meel oor. Gooi 'n koppie kookwater by en stowe dit oor lae hitte vir 'n uur.
Verwyder die niertjies en sny nog fyner. Plaas die niertjies terug en voeg 2,5 liter bouillon ( *Bouillon / Beesvleissop) by saam met die volgende:
2 rape, in blokkies gesny
2 uie, in blokkies gesny
2 wortels, in dun skywe gesny
'n handvol gekapte pietersielie
2 stingels seldery, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, in dun skywe gesny
Geur met nog sout en peper, indien nodig.
Kook stadig vir 'n uur.
Voeg 200 ml rooiwyn by en verhit tot dit deurwarm is.
Braai klein sampioene en gooi 'n paar in elke sopbord voor jy dit bedien saam met botter en rogbrood.
(*( Bouillon / Beesvleissop)
In die Franse kookkuns is bouillon een van die vier klassieke basisse vir 'n sop of sous. Dit is al "die siel van die sop" genoem
Voorbereidingstyd: 1 uur
Kooktyd: 5 uur
Totale tyd: 6 uur
Bestanddele:
vleis
groente
seldery
ui
prei
sout
vars naeltjie
peperkorrel
1 grypie neutmuskaat
Metode:
Jy hoef nie net beesvleis te gebruik nie, enige soort vleis kan bygesit word, maar die vleis moet vars wees.
Sny die vleis van die bene af. Sit eers die bene in ?n sopkastrol en daarna die vleis. Vul die kastrol met tweemaal soveel water as wat daar bene en vleis is. Gooi ?n bietjie sout in en laat dit stadig ? baie stadig ? opkook; skep die skuim gedurig af.
Laat dit ?n uur lank kook en sit dan die groente in ? enige soort ? saam met seldery, uie, preie, ?n paar naeltjies, peperkorrels en ?n grypie neutmuskaat. Laat dit dan stadig vir 4 ure kook, skep enige vet af en gooi dan deur ?n moeseliendoek.
Die sop sal nou helder en baie smaaklik wees. Dit kan nou net so as bouillon bedien word of as basis vir ?n ander sop gebruik word.
Niertjiesop
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Niertjiesop
Last edited by Frikkiedbr on Thu Oct 13, 2011 12:15 pm, edited 1 time in total.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: Niertjiesop
Klink lekker , dit met n koppie vol sherie
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Niertjiesop
Dankie Frikkie
Print en file
Klink heerlik, gaan hulle volgende maand probeer
Groetnis
Marc
Print en file
Klink heerlik, gaan hulle volgende maand probeer
Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
