Luiperd Jag

Post Reply
User avatar
Robert86
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Mon Apr 09, 2012 3:26 pm

Luiperd Jag

Post by Robert86 »

Dag se Manne,

Kan julle my dalk help met n prys om n Luiperd te jag? Wat kos so iets vir my wat n Suid Afrikaaner is? Betaal ek dieselfde prys wat buitelanders sal betaal?

Prys moet alles insluit, bait, permitte, akkomodasie ens

Hulp sal waardeer word.
Groete

Robert Bezuidenhout

robertbezuidenhout@yahoo.com -                  073 22 22450
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Luiperd Jag

Post by Kallie404 »

Hello Robert

Dis n taai een om te antwoord...... Alles hang af van die omstandighede ens.

Uit my bietjie ondervinding sou ek se dat boere/ plaas eienaars gewoonlik probleem katte laat jag vir tussen R 15000.00 en R 30 000.00. ( baie keer vra die boer net n bedrag om ten minste sy verliese op te maak bv. n kalf of twee wat gevang is ) Dit sluit gewoonlik "bait" en verblyf uit.

"bait" vir katte is gewoonlik maar rooibokke wat gemiddeld deesdae verkoop vir R 1000.00 stuk en as jy in ag neem dat jy tot 5 "baits" op een slag uit het raak dit vinnig n duur speletjie !! Dis n ou vrou storie dat luiperds mal is oor bobbejane.( omdat dit gewoonlik verniet is)  Bobbejane werk nie goed vir "baits " nie,maar as daar niks anders is nie het mens nie n keuse nie.

Gewoonlik as n plaaslike jagter n kat jag bly hy teen normale tariewe in n jagkamp en doen "selfcatering" om geld te spaar.
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Luiperd Jag

Post by Kallie404 »

Weer ekke

Ek sal graag Frederik se opinie ook wil hoor, hy het meer met sulke goed te doen as ek ;)
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Luiperd Jag

Post by Geno »

Die goedkoopste bait is natuurlik donkies wat jy by die volk van 'n nabygele? trust kan koop teen ongeveer R500 stuk. Jy kry omtrent 4 baits uit een donkie uit.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Luiperd Jag

Post by JK »

Hier praat hulle van tot US$25000, het ek gehoor, so tot R25000  sal ook nie buitenspoorig wees nie, dis te se as jy n permit kry/het, wat maar skaars is. As die luiperds maar so skaars was.  Sonder n permit is hy eintlik niks werd.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Luiperd Jag

Post by Frederik »

Geno wrote: Die goedkoopste bait is natuurlik donkies wat jy by die volk van 'n nabygele? trust kan koop teen ongeveer R500 stuk. Jy kry omtrent 4 baits uit een donkie uit.

Groete,
Eugene
R500  :-X die laaste keer wat ek donkies gekoop het vir bait maar dit was in 1995 was dit R80 inflasie is lelik.

Kalie, ek sou nie se ek so veel meer ondervinding nie maar meer moet maar die woord uitsit vir 'n probleem luiperd by boere en dan moet die boer natuurlik die permit kry.

Die 50 permitte wat Limpopo elke jaar uitgee is baie gesog as gevolg van die CITES permit daarna verbonde en natuurlik wil die intl. jagters elkeen 'n luiperd he. So die luiperd gaan baie kos maak nie saak hoe jy daarna kyk nie maar die goedkoopste sal wees 'n boer wat 'n permit kry vir skade maar dan kan jy natuurlik nie die luiperd uitvoer nie. Hoe later in die jaar hoe meer geleenthede sal daar wees.
Maar luiperd was nog nooit maklik om te jag nie en laat in die jaar as die nuwe bokkies val en jy nog nie jou luiperd gekry het kan jy maar vergeet en wag vir volgende jaar.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: Luiperd Jag

Post by henrygriffiths »

die beste bait is die prooi in die opgewing wat die katte meeste jag, wat maar gewoontlik rooibok is het ook baie sukses met zebra dink dit het te doen met die vet!

soos julle hier bo noem luiperd is nie maklik nie, veral is bees omgewing waar die boere hulle slim leer. wat die jagte duur maak is bait en die feit dat die jag lank is (14dae gewoontlik) die voordeel wat die local jagter het is dat hy op kort kennisgewing tot op die plaas kan kom as die kat bait vat waar die buitelandse jagter net hier is vir sy jag tydperk.

vir wat dit kos kan ek ma net noem wat ek al betaal het, permit R15000 luiperd R5000-R25000 dagfooi met catering R1500/dag PH R1000/dag

ek darm een permit gekry vir die jaar waar ons 2 laas jaar gehad het die permitte is skaars en as een oor jou pad kom moet hom nie los want jy kry dalk nie weer so n kans nie!
Henry Griffiths
http://www.henrygriffithsafaris.co.za
Guns: 375 Ruger in n Ruger, Sako 300 H&H,308 howa varminter, 223 howa, 357mag, Glock 19 gen 4 9 mm
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Luiperd Jag

Post by FHM »

Robert 86,
dagse jagmaat!

Ek het nog nooit self luiperd gejag nie, maar ek jag gereeld op n plaas wat luiperd-trofees laat jag en ek het al vele kere saam met die boer rondgery en aas geplaas. Hier is bietjie agtergrond wat die boer doen - net vir interressantheid:
Dit klink reg wat die manne sover se - die aas wat die luiperd sal trek hang af waar die luiperd voorkom en gejag word. Byvoorbeeld die plaas waarvan ek praat is on Omaruru / Otjiwarongo omgewing en dis regtig vervuil met vlakvarke. Die boer het so 7 plekke op die plaas - meestal groot bome in rivierlope met dig bos om dit - waar hy die aas ophang en dan doen hy elke dag of tweede dag sy rondes en kyk waar hy n 'hit' op die aas het.
Dan hang hy op die 'hit-plek' elke 2 de dag vars aas (vlakvark) totdat kitty gewoontvormend raak en die plek elke aand besoek. Hy sit ook n automatiese nagkamera op wat die kietsie afneem. Dan bel hy sy jagter wat n kat bestel het en stuur vir hom n paar fotos en so word kitty dan n trofee.

Pryse weet ek nie maar hier is n link na die boer se e-pos as jy dalk hom wil kontak en hoor wat sy prys vir kitty is: Ongariwanda@iway.na Eienaar se naam is Oom Johan en sy seun is Johnny

Groete en sterkte
Last edited by FHM on Thu Apr 12, 2012 10:39 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply