Eland teen redelike prys

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Eland teen redelike prys

Post by grumpy »

Middag manne, ek is op soek na n Eland die seisoen teen n redelike prys. Ons is vier manne wat sal deel so as iemand weet van Elande teen n redelike prys laat weet my asb of pm my. Kyk na so Junie Julie se kant asb.

Die manne se enige iets in die R5 000 prys daar rond.

Dankie
Grumpy  >:(  8)
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by pietjacobs »

Grumpy is Kimberly te ver?
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by Marc »

Piet

As jy bulle het teen 5k ry ek dalk daar by julle om  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by pietjacobs »

Marc laat weet my ook as jy daai prys kry nader aan Gauteng. Ek kan jou help vir R5500?
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by Marc »

Piet

As ek iets hoor sal ek skreuuuuu, maar ek twyfel of ek dit gaan regkry. Hier rond kry ek vir tussen 7k en 10k biltong bulle.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by Evert »

Botswana Ghanzi Eland bulle onder 34" vir P5000
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by grumpy »

Pietjacobs, jong, ek dink nie dit is darem te ver nie. Stuur my meer besonderhede en verblyf kostes ens asb. Klink goed vir my. Kan dan sommer vir vrou by haar ma aflaai as ek gaan jag dan het sy ook darem bietjie tyd by haar ma.

Dankie
Grumpy  >:(
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by kopskoot »

Piet

Is dit n spesiale prys vir n vriend, of vir enige ou. Indien wel , sal ek ook asb die res van jou inligting wil ( dag fooi, verblyf en ander spesies)

Sal dit waardeer.

Groete
Ronald
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Eland teen redelike prys

Post by pietjacobs »

;D ;D ;D ;D ;D ;D Dis nie my plek nie, ek wens dit was. Dit is maar n jagplaas waarheen ek ook verwys is. Is self opsoek na n Elandtjie die jaar. Ons almal help mos maar mekaar op die forum so hierso is die website. Hulle pryse is heel billik.

www.vaalpan.co.za

Sterkte en hoop julle kom reg.

Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by grumpy »

Piet, die plek lyk mooi. Ek het gaan kyk en glad nie sleg nie en verblyf ook nie te sleg nie. Bietjie ver maar hang alles af van pryse op die wild. As jy na so plek gaan moet jy nog wild skiet want dis ver en jy moet dit die moeite werd maak om so ver te ry.

Ek is maar nog oop as iemand weet van n plek asb.

Die pajama donkie wat die vrou wou he is nou uit want sy het sommer n ou kommin mat gaan koop!! ;D

As daar nog plek is wat iemand van weet asb manne. As die pryse reg is dan wil ek sommer nog ander wild ook skiet.

Dankie.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by grumpy »

Nog iemand wat Elande teen redelike pryse kan kry asb.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by DWB »

Grumpy, hier is 'n bergplaas by Piet Retief (klem op BERG) waar hulle laat jag teen R28/kg R250 per jagter per nag
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by grumpy »

DWB, ek skiet mos nie die kg, ek wil die Eland skiet!! Ek kry pryse op 4500 en 5000 vir koeie. Goeie prys maar ek soek net plek wat nie te ver van JHB is nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by DWB »

Ja jong, ek verkies ook die prys per bok.... Maar nou ja
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eland teen redelike prys

Post by grumpy »

Ek ky maar nog rond vir iets nader aan my. As ek een krygaan ek hom haal, so nie sal ek maar weer Koedoe skiet en my twee seuns gaan ek laat n Rooibok elk skiet. Ek is genooi om Blesbokke te gaan skiet maar sal nog sien. So baie manne het my genooi en as ek moet gaan dan sal dit 9 keer wees! Ek het darem nie die geld om so baie te gaan jag nie.

Van die kinders wat ek afrig by die skool se pa s wil he ek moet saam met hulle gaan en so baie ander manne. Dit sal lekker wees maar jis, geld is nou nie SO volop nie om saam met almal n bok te gaan skiet.

Ek sal maar die opsies moet kyk en besluit en dan weer volgende jaar saam met van die ander manne gaan.

Lekker om so vriende te he wat jou so nooi! Hulle weet ek hou van jag en hoe ek jag en dit is wat hulle wil he. Ons gaan om te jag en nie om te suip nie.

Ek sal miskien n bier of so drink die aand voor ek gaan jag die oggend en vroeg gaan slaap sodat ek vars is die oggend en dan lekker jag. Die aand voor ek terug kom sal ek weer iets drink as ek so voel so nie suip ek die koeldrank vir hulle!! ;D Ek hou daarvan om te braai en lekker te gesels van die dag se jag om die vuur. Party manne is anders en vat kaste drank weer om te suip en nie te jag.

Ek het min vriende maar baie kennisse en dis hulle wat my nooi om saam te gaan jag.

Sal jou laat weet as ek iets naby kry as jy belang stel.

Groete
Grumpy :(
Post Reply