Inligting 338 kaliber
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Inligting 338 kaliber
Frikjordaan, ek sien jy se jou geweer is baie swaer. weet jy dalk hoe swaer? ek het vir my n 300H&H laat bou en hom swaer laat bou sodat ek so min as moontlik recoil het omdat ek nie n silencer op n pasmaak geweer wou sit nie. my geweer weeg so amper 7kg maar hy skop nog lekker!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Nee man ons is nie vol fiemies nieChristo wrote: Ek sien juis my gunsteling, 50 Barret gan 4 keer meer skop as wat goed is vir my stopsels. Ek sal hom 'n die jakkalsstoel moet vasbout met 'n gasschock absorber ingemount. Miskien nog remote afsit ook.
Soms, net soms moet ons maar bietjie pyn verdra.
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Inligting 338 kaliber
Lyk my die 338 se skop is baie eenders aan die 375 H&H?
Lyk my die ouens op hierdie forum ken net die Win Mag. Is die Rem Ultra Mag en Lapua dan so skaars in RSA?
Ek sien hierdie kalibers werk ook teen geweldige hoe druk (~65 000 psi...)
Moet maar 'n goeie aksie op die roer he.

Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Inligting 338 kaliber
338 is bietjie meer as 375H&H? 
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Manne,
My eerste ervaring met 'n .338 wm was dat die terugslag nogal erg was en ek was na agt skote heeltemal tevrede om nie nog ammunusie onnodig uit te skiet nie. Dit was met 'n Ruger 77 as ek reg onthou. Ek vertsaan die ruger is op dieselfde kolf en aksie as die kleiner kalibers gebou en dus relatief lig.
Ek het onlangs my eie .338 wm lisensie gekry en die geweer het al twee jagtogte onder die belt. Dis 'n pasmaak geweer met 682mm (+- 27") dik Ferlach loop en FN mauser aksie. Seker 20 jaar gelede gebou. Die kolf is nie swaar nie en die geweer met teleskoop weeg 4.8kg. Ek het die "length of pull" laat verleng om by my te pas en die hoek van die kolf agter platter gemaak, sodat hy reguit terug skop en nie op nie. (Jammer ek ken nie die regte terme nie.)
Ek moet se ek vind die geweer uiters aangenaam om te skiet - ek weeg slegs 75kg en het nie te veel "padding" rondom die skouer bene nie, maar het geen probleem met die terugslag nie. Ek het twee weke terug 22 skote op die skietbaan geskiet -hoofsaaklik vanuit 'n le-posisie en geen pyne oorgehou nie. Gewone Pachmyer recoil pad -niks anders.
Vir die bosveldjag het ek probeer om die 9,3 se ballistiek na te maak met 250gr Hornady RN teen 2420fps. My swaer het twee blouwildebeeste geskiet met die 338 wat nie meer as 40 meter gehardloop het nie. Albei skote is dwarsdeur die bokke, selfs al het hy die bul se dik skouerbeen eers getref, het dit steeds reguit gepenetreer en 'n groot uitgangswond gelos. Very impressive!
My ander jag was in die berge in Mpumalanga waar ek 225gr Speer Spitsers gebruik het, gelaai teen 2820 fps. Met die inskiet by die jagplaas het ek twee skote in die middel van die kol geskiet op 150m -dit het my baie selfvertroue gegee. Ek het een rooibok en vier blesbokke geskiet op wisselende afstande. Die verste skoot was oor die 400meter- nie gemeet nie, een skoot was 270 tree-afgetree, en ek het lekker dooierus gehad om 'n kopskoot te skiet op 150tree -afgetree. Die andder skote was nader. Hierdie kombinasie veroorsaak redelik vleisskade met bladskote op die naby skote. Alle skote het egter ten volle gepenetreer en ek het geen lood of koper stukkies in die bokke gekry nie.
Ek is ongelooflik beindruk met hierdie kaliber. Dis uiters akkuraat en baie veelsydig, met maksimum doodmaakvermoe. Ek glo as die geweer jou mooi pas behoort die terugslag nie 'n probleem te wees nie.
Groete.

Biltong
Ek kan dink jy het lekker gejag, 338 is lekker kaliber soos jy nou bevestig het.
Ek dink waar mense die fout maak is om net enige iemand se roer op te tel wat hulle nie ken nie, length of pull is uit vir hulle, monte carlo stock, en al daai dinge wat nie lekker werk met groot kalibers nie.. dan skiet hulle paar skote en so kry hulle verkeerde indruk van die kaliber..
Soos jy gese het, joune is pasmaak geweer, dus is hy vir jou gemaak en jy ken hom al so jy is baie tevrede met hom en ken al sy maniere..
Ek is bly jy het so 'n goeie ervaring gehad met hom, mag daar nog vele bloed met hom getrek word
Groete

- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Inligting 338 kaliber
Middag manne,
Jy sal geen fout maak om 'n .338 Win Mag aan te skaf nie. Volgens my (en dis net my opinie, elke ou het sy eie gunstelinge) is dit die beste kaliber in die wereld. Ek het 'n Tikka Hunter in .338 en hy skiet soos 'n droom. Die geweer is aan die ligte kant en recoil is stewig, maar ek het al geleer hoe om hom te hanteer. Het ander dag 'n ander ou se identiese Tikka in 9.3x62 geskiet en hy het gevoel soos 'n .22 teen my geweer. Behalwe dat hy lekker recoil, is my 338 onsettend akkuraat. Skiet 5 skote op 100m met 250gr Barnes TSX onder 1 duim. In die veld slaan hy soos die hammer van Thor, die meeste goed wat ek skiet val omtrent waar ek hulle nog kan sien!
Ek sal hom enige dag vir enige iemand aanbeveel!!!
Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Lourens, ek stem natuurlik saam met jou stelling dat dit die beste kaliber in die wereld is. 
Ek sommer lus om my .243 weg te gee....
Ek sommer lus om my .243 weg te gee....
- Bosmeerkat
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Lourens wrote: Middag manne,
Jy sal geen fout maak om 'n .338 Win Mag aan te skaf nie. Volgens my (en dis net my opinie, elke ou het sy eie gunstelinge) is dit die beste kaliber in die wereld. Ek het 'n Tikka Hunter in .338 en hy skiet soos 'n droom. Die geweer is aan die ligte kant en recoil is stewig, maar ek het al geleer hoe om hom te hanteer. Het ander dag 'n ander ou se identiese Tikka in 9.3x62 geskiet en hy het gevoel soos 'n .22 teen my geweer. Behalwe dat hy lekker recoil, is my 338 onsettend akkuraat. Skiet 5 skote op 100m met 250gr Barnes TSX onder 1 duim. In die veld slaan hy soos die hammer van Thor, die meeste goed wat ek skiet val omtrent waar ek hulle nog kan sien!Ek sal hom enige dag vir enige iemand aanbeveel!!!
Groete,
Lourens
Groete
Martin
.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1

Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
Re: Inligting 338 kaliber
die manne praat oor die 338 Win.
Myne is op 'n Winchester 70 aksie met 'n match Badger loop 25 duim lank en 21 mm voor by die kroon.
Die knaldemper kom van Bloemfontein af, maar nie Terminator nie.
gebruik meestal 250 gr koe?lpunte met 65 grein S365 vir 2500' per sekonde.
die geweer is net 'n plesier om mee te skiet, swaar genoeg vir min terugskop en klop gemsbokke 350 meter en verder.
Skiet baie gereeld kleiner as 25 mm groeperings op 100 m.
Voordat die swaarder loop ingedraai was het die geweer mens redelik erg geknou, so KD en swaarloop is my aanbeveling.
mooi loop
Frik

Karasberge Namibi
- FrankH
- Jr. Member

- Posts: 98
- Joined: Sat Jan 09, 2010 6:20 pm
Re: Inflicting 338 Kaleb
I was also a bit wary of the .338 recoil , until I got one myself.
Make no mistake , there is recoil, but my 14 year old son is able to handle it. (admittedly with a bit of flinching , but we will work past that)

Last edited by FrankH on Sun Apr 01, 2012 6:08 pm, edited 1 time in total.
-
JacoVOS
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Wed Mar 21, 2012 9:12 am
Re: Inligting 338 kaliber
Ek het onlangs n 338 in n Ruger no1 gekry. Geweer is aan die ligte kant en 6-8 skote op die baan en dit is nie meer lekker nie.
Gaan nou maar n silencer opsit. Dit gese dink ek nogsteeds dit is n baie goeie kaliber en ek sal hom nie verkoop nie
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Inligting 338 kaliber
Jaco,
Die .338 se recoil is legendaries, maar so ook sy slaankrag. Vervang dadelik die recoilpad met 'n Pachmayer deccelerator en sit ook 'n kwikstaaf in die kolf. Op die Rugers maak dit 'n helse verskil. As hy jou dan steeds te veel seermaak sit ook 'n knaldemper op of probeer een van Baboon se trompremme. Dan sal hy so mak soos 'n vulletjie wees!
Wat jy ookal doen moet hom net nie verkoop nie, as jy eers iets met hom geskiet het sal jy verstaan hoekom nie! Daar is so 3 of 4 kalibers waaroor ek absoluut liries kan raak, en hy is een van hulle!!
Groete,
Lourens
Die .338 se recoil is legendaries, maar so ook sy slaankrag. Vervang dadelik die recoilpad met 'n Pachmayer deccelerator en sit ook 'n kwikstaaf in die kolf. Op die Rugers maak dit 'n helse verskil. As hy jou dan steeds te veel seermaak sit ook 'n knaldemper op of probeer een van Baboon se trompremme. Dan sal hy so mak soos 'n vulletjie wees!
Wat jy ookal doen moet hom net nie verkoop nie, as jy eers iets met hom geskiet het sal jy verstaan hoekom nie! Daar is so 3 of 4 kalibers waaroor ek absoluut liries kan raak, en hy is een van hulle!!
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Inligting 338 kaliber
Kyk ek hou baie van die 338 genoeg bokke gesien omval met hulle met kliente se gewere.
Beste gewone wild medisyne is daardie 225gr TSX met die .338 dan praat hy mooi Afrikaans.
Maar aan die ander kant ook die 8x68 S ook in aksie gesien loop net so mooi. Al verskil tussen die twee die een is Duits en die een is 'n Yank.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Ferdi
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Frederick
Daar is manne wat beweer dat die 8X68 daar is om vir die 300 en 338 te wys wat hulle eintlik moet wees. Ek het self al met 8x68 geskiet en gejag en in aksie gesien. Dit bly 'n Meneer van 'n kaliber.
Groete
Ferdi

375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Ferdie
Jy moet ook maar besef daar is maar baie oningeligte persone daar buite!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Ferdi
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Wouter
Ek sien jy is tong in die kies met daardie kommentaar.
Ek het soos gemeld al met die 8x68 geskiet en gesien hoe verskeidenheid wild val werklik 'n goeie kaliber. Maar met die wat ek 'n geweer gewen het het ek bietjie navrae gedoen en omdat ek alreeds 303 en 375 gehad het op die 300 besluit om die 2 aan te vul. Ek sien jy het 338 en 300 lekker man. Ongelukkkig het ek nog nie 'n skoot deur die loopvan die 300 nie
. Ek het laasjaar die 303;243 en 375 teleskope opgesit omdat ek mos al my wapens op die selfde tyd wou uitsorteer
. Gevolglik is die geldjies nou bietjie skraps om die teleskoop op die 300 klaar te betaal en ek jeuk om die ding brand te maak
. Ek is van die opinie dat maar 'n geval van smaak is met die 3 kalibers saam. Al drie is in my beskeie opinie en beperkte kennis goeie kalibers wat dalk met gemak as 'n redelike all rounder vir die eengeweer manne aanbeveel kan word wat nie groot 5 gaan jag nie en ook nie terugskopsku is nie.
Ek sien jy is tong in die kies met daardie kommentaar.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Inligting 338 kaliber
Ferdi
Ja ek is maar so bietjie verveeld so die stir-lepel word maar ingele. Ek het ook al so bietjie te doen gekry met die 8x68 en dit is veseker n baie lekker kaliber. Koeels is net n bietjie beperkend en dit laat baie mense eerder die 338 roete gaan. Wat wek gese kan word is dat wanneer n mens iets het soos n 200gr Barnes TSX waarvoor het n mens dan ander koeels nodig?
Ek se weer dit is n bitter goeie kaliber maar as n mens tegnies wil raak steek hy bietjie af teen die 338 Win Mag.