Lynx
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Lynx
Middag almal
Ek het 3 weke terug een van daai nuwe Lynx LX 5-20x 50 teleskope gekry en hom gaan toets. Ek is n swarovski man en het nie met baie moed veld toe gegaan nie. MAAR ek was aangenaam verras. Die teleskoop is in 3 weke nie n kliek gestel nie en skiet nog presies op dieselfde plek. Hy is enige tyd net so helder indien nie beter as my 4-16x50 swarovski nie.
Nadele van die teleskoop as jy dit kan noem is sy klein field of view. Gelukkig kan n mens aanpas en gewoond raak daaraan. Die side paralaks is baie los en verstel te maklik, ek het myne maar "vasgetape". Die verligte kruishaar is ongelukkig n ekstra waarvoor n mens moet betaal en hier by ons het dit nie regtig n doel nie. Die kruishare is baie duidelik selfs in swak lig.
Met die duitse teleskope wat so ongelooflik duur geword het kan ek regtig hierdie outjie aanbeveel.
Groete
Tomcat

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Lynx
Tomcat
Dit is goed om te hoor. Hou ons op hoogte hoe dit verder gaan.
Dit is sulke dinge wat die forum baie vir almal laat beteken.
Freddie

yol bolsun
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Lynx
My 2.5-10x56 het in die laaste 3 jaar nog nooit 'n verstelling nodig gehad nie ,Moeilik om Lynx te klop!
Raynie
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lynx
DIE 8X56 was al swarovski wat ek kon bekostig destyds...
Ons het al die twee 8X56 lynx en swarocski vergelyk...Ek moet se die swarovski het gemaklik gewen... maar hy het nie twee of 3 keer beter gekyk as wat die lynx gekyk het nie,
SO vir rand en sent kan jy nie lynx klop nie, alhoewel hullle nuwes ook maar duur is,,,se r10000 vir die 5tot20 by 56 ,,,maar ek moet byse as ek deur hom kyk, elke sent werd....
want die ander scopes het maar ook nou baie baie duur geword..

Shoot straight and tell the truth!
-
Gert P
Re: Lynx
Hi Almal
Ek besit n hele paar scopes op verskillende kalibers en kan eerlik waar lynx aan beveel.
Om net n paar voorbeelde te gee; op my 6.5X55 het ek n Lynx wat ek al meer as 10 jaar terug gekoop het, die kruis haar het aan die eenkant los gekom en hulle het dit vir my gratis reg gemaak alhoewel ek vir hulle gese het dat die scope meer as 10 jaar oud is.
Een van my 4-16X42 se doppies het op die skietbaan weg geraak, ek het vir hulle n mail gestuur en gevra om weer so n doppie te koop. hulle antwoord toe en vra my adress, n week later le daar n nuwe een in my posbus. Met komplemente van Lynx.
En nou toe ek n scope vir my nuwe .222 gaan koop het, het ek baie rond geshop en na baie ander maake gekyk en op die ou end was my keuse die 4-9X42 LX2 en ek was nog nie n dag spyt daar oor nie.
Gert

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Lynx
Gert,
Ek het vir jare met 'n Tasco op 'n .270 voere geskiet(my pa het dit nog laat opgesit), maar laas jaar het ek begin jakkals jag innie aand en toe na 'n scope gesoek wat nie so dof is. Koop toe Lynx 2.5-10x56IR, en ek moet se wat 'n verbetering. Alhoewel 'n man amper nooit kans kry om die "GROEN LIGGIE" aan te skakel het hy al op 'n paar lang skote gehelp.
Op die 300CZ het ek al 4 jaar gelede 'n 6x42 Swarofski opgesit, en ek dink die NUWE Lynx wat ek die jaar gekoop is beter as daai Swarov.
Lynx is goed, maar ai Swarofski of Zeiss se lense is maar net beter.
Lynx doen sy "job", definitief...'n man sal maar altyd wonder...
Is soos 'n Landy en 'n Toyta....

Groete
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Lynx
Ek het verlede week n 2de handse Lynx 6.5-25x50 Professional raakgeloop met n NATO RF reticle.
Hy het sommer dieselfde aand leplek gekry op my 243.
Daar was n Lynx 6-24x40 LX1 op gewees en ek was nog altyd baie ingenome. Net gedink die 50 lens maak meer sin vir die jakkalse, ek hou van daai dun Nato reticle ook.
My seun (11) het Saterdag bietjie gegooi met hom op n pret skietdag en dit lyk of die 2 mekaar mooi verstaan.
Ek het n Lynx 4.5-14x50 bestel vir my 308, miskien moet ek op hom ook n Nato reticle laat insit?
Ja soos Raven tereg opmerk, daars maar altyd n klomp keuses.
Mar maak myne n Lynx. o,ja -en n Isuzu.....
Hy het sommer dieselfde aand leplek gekry op my 243.
Daar was n Lynx 6-24x40 LX1 op gewees en ek was nog altyd baie ingenome. Net gedink die 50 lens maak meer sin vir die jakkalse, ek hou van daai dun Nato reticle ook.
My seun (11) het Saterdag bietjie gegooi met hom op n pret skietdag en dit lyk of die 2 mekaar mooi verstaan.
Ek het n Lynx 4.5-14x50 bestel vir my 308, miskien moet ek op hom ook n Nato reticle laat insit?
Ja soos Raven tereg opmerk, daars maar altyd n klomp keuses.
Mar maak myne n Lynx. o,ja -en n Isuzu.....
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lynx
Taffie
Jy sal maar bietjie geweld moet gebruik ...FORCE daai toyouta maa in daai rigting in, en maak maar die skoenveters vas....
sien saterdag..
soet wees
JB
Jy sal maar bietjie geweld moet gebruik ...FORCE daai toyouta maa in daai rigting in, en maak maar die skoenveters vas....
sien saterdag..
soet wees
JB
Shoot straight and tell the truth!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Lynx
Ja, die vraag lui mos hoe kling n stok ou oor die muur Land Cruizer.
Soos n nuwe diesel Isuzu.
Blok.
Soos n nuwe diesel Isuzu.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lynx
BLOK
Ek besef n isuzu kan nou nie ry waar die cruisers gaan nie, maar ...jy kan darem by jou bestemming uitkom in n isuzu sonder pyn.....en leiding....
en met albei niere nog in plek....
groetnis
jb
Ek besef n isuzu kan nou nie ry waar die cruisers gaan nie, maar ...jy kan darem by jou bestemming uitkom in n isuzu sonder pyn.....en leiding....
en met albei niere nog in plek....
groetnis
jb
Shoot straight and tell the truth!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Lynx
LYNX 10X42 MIL DOT RECTICLE... PARRALAX VERSTELLING OP SY..R3000.00
GOEIE TOESTAND..
JACQUES BOTHA
0833084452
RSJB@UFS.AC.ZA
GOEIE TOESTAND..
JACQUES BOTHA
0833084452
RSJB@UFS.AC.ZA
Shoot straight and tell the truth!
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Lynx
Oom Leeu,
ek krap mar net so bietjie, dis eintlik my gestremde begroting wat my so bekkig maak.
Jacques, jyt vergeet om te noem van die min diesel wat die Isuzu sal gebruik om daar uit te kom:D
Kyk nou bv na die bargain van Jacques -net 3 nulle.

As dit een van die Duitse handelsname was sou dit dalk 4 nulle gehad het.
Moet nou nie te kwaai klippe gooi ek grap sommer net.
Ek het respek vir ander ouens se keuses. Hy moet net reguit gooi en jou daai lekker gevoel gee as die jakkals se hare regop spring.

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Lynx
Jannie

Mooi maak
Louis
Ek weet. Wou maar net die reaksie gee, wat jy sekerlik te wagte was.Janjak wrote: ...ek krap mar net so bietjie...
Ek het dan gewonder hoekom hy so 'n fantastiese teleskoop sou verkoop (as ek al die getuienis op die Forum kan glo) Gewoonlik is dit nie die drie nulle wat my pla nie, maar die grootte en die hoeveelheid van die voorafgaande syfers.Janjak wrote: Kyk nou bv na die bargain van Jacques -net 3 nulle.
Mooi maak
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Lynx
Jacques & Janjak
Hoe ver het die Toyota toe gekom?
Ja die zuz sal jou dalk gerieflik daar kry, en boonop ekonomies ook. Maar da sal jy bly.
Die toyota sal jou da vat en weer terug bring om parte vir die zus te kom haal.
BLOK
Hoe ver het die Toyota toe gekom?
Ja die zuz sal jou dalk gerieflik daar kry, en boonop ekonomies ook. Maar da sal jy bly.
Die toyota sal jou da vat en weer terug bring om parte vir die zus te kom haal.
BLOK
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: Lynx
Christo,
daars tans net een red dot by Lynx beskikbaar. Daai een kan die vorige model wees. Ek ken hulle egter nie so goed nie.
RS604 Uni-dot, 3 minutes of arc, black or silver, including rings Electronic dot Retail- R2309.00
Groetnis