Generator

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Generator

Post by boeta »

My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa
besluit lat hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag
onderbrekings.

My Oupa dink 10% is krag onderbrekings, die anner 90% is die
Munispaliteit se geld wat my pa innie borrelstoor bele. My pa se dit
maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is
wat sy krag afsny, of daai simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy
wil 'n generator he.

Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want
my Pa se my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se rekening.
As jy koop en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit. Ek
weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se
rekening. Ek reken die Budget gat darem lekker moerig wees as hy
uitvind wat my pa alles op sy rekening koop.

In elk geval ons gat loop koop toe die generator ding, en dis mooi
daar waar die moeilikheid begin.

Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af
nie, of van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens kan sien, dan
moet julle weet, hy weet bokkerol van krag af, dis wat my ouma se dis so.

Maar my pa worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry, toe
dink hy lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag
verstaan.

Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop,
solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met
'n fancy Japanese naam.

So, voor my pa die ding aan die krag loop Koppel, toe swiets hy eers
die generatortjie af, en hy se vir my " Dawie, as 'n ou met krag werk, dan
moet jy slim wees, en nugter"
Wel my pa is nie een vannie twee nie, so toe beginne ek worrie.

Maar ek het verniet geworrie, toe my pa daai drade vat, en hy shok
nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade mooi skoon
solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien aan die kragpunt te
Koppel. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die
kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie,
oorlat ek kan sien my pa weet van.

Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop, en hy maak reg om sy
generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te Koppel. Dis glo
solat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die
se krag sal die swietsbord maak werk.

Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle se lat as die
Akkies die fan tref, dan is daar moeilikheid. Daai ooms wat so se het
nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie.


Kyk ooms, toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai
generatortjie se krag draad so aan die swietsbord se rooi draad, toe
smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval kry of hy kry 'n senuwee
instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding.

Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk dog ek my pa gat die
ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los. Nie syne nie, maar een
innie muur daar waar die swietsbordtjie was.

Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy
skreeu ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou
kwaad is virrie swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige lyfie
rond bo op daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem.

Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe
gebeur dit, hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n
mens moet nie, toe verstaan ek hoekom party mense se " hy't daar afgemoer"
want daai wassie 'n val nie, daai wasse afmoer. Miskien hoekom Koeberg se
moer weg is, lyk met die krag saam het 'n ou maar probleme met die
moere.

In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar
sy lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lug trek, nes
daai ouens op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie lug
maak.

Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy allie val,
toe skrik ek, want my ma se my pa het 'n harde kop maar hy is 'n lamgat,
ek wil toe nie he my arme pa moet sy gat verder lam maak nie. Maar toe is
ek te laat, toe val my arme pa plat op sy blaker.

Maar toe sit my pa en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek kan
sien hy is nie heeltemal 'n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker
vinnig wikkel.

Toe ek my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my gesigte ok,
maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek sien net die wit
soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se trieks oorlat ek nie weet
wat anners om te doen nie.

Toe kom my oupa ingehardloop om te sien wat gebeur met die geskreeu.
Toe vat oupa so aan my pa en toe begin oupa ok Jaaif. Toe dog ek dis 'n
paartie toe beginne ek ok jaaif solat hulle kan sien ek kan ok jaaif.

Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe
staan ek ok maar daar rond. En kyk wat gat my pa nou met die genratortjie
doen.

Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan
die draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is
oorlat die plug binne in my pa se boud ingesteek het.

Toe gebeur daar 'n vreeslike ding, my pa vat daai genratortjie wat
Budget nog moet betaal, en hy gooi daai ding binne innie bure se
swembad en hy ruk daai draad uit die swietsbordtjie uit soos 'n
sweepslag.

Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer
toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is
alles weer normaal, behalwe lat ons nou nie weer 'n generatortjie het nie.

 
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Generator

Post by Christo »

Boeta , dankie, na die Cheetah's het ek dit nodig gehad.

;D  ;D  ;D  ;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Generator

Post by Freek »

Boeta wat kan ek se, great... ;D ;D ;D ;D ;D ;D Brannewyn het nie brieke nie.... ;D ;D ;D ;D ;D ;D Buiten die Bulle en die Cheetas se performance Saterdag, was hierdie grappie een van die beter goed wat ek gesien het die naweek.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Generator

Post by CHRIS »

Boeta

Baie dankie vir die grap.My krag was gister van 15Hoo tot middernag af en was ek nou lus om vanoggend a generator teloop koop, maar my bure se swembad is tever en ek het ook nie daai buget pal nie.

Dit is lekker start vir die nuwe nat week.
Chris
Post Reply