Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post Reply
viperian

Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by viperian »

Dagse almal.
Ek weet dit was al voorheen bespreek en ek stem heelhartig saam dat ons die wapenhandelaar in die dorp moet ondersteun.
Ek is self bereid om meer te betaal op goedere omdat dit vir my meer gemaklik is met die handelaar net hier om die hoek.

Ek het egter 'n onsmaaklike ondervinding beleef in net so n wapen winkel.

Ek weet dat dit mos lekker is vir die manne om te kuier en jag te praat in die winkel want daar hoor jy alles van 2000m kopskote op meerkatte tot die 25m mis op n eland. Toe ek die dag daar instap met die roer onder die arm, lied in my hart en 'n paar randjies om te spandeer, sien ek die manne is besig om lekker te gesels en soos dit n man met goeie maniere betaam staan ek toe maar geduldig en wag. Na so 10 minute se een van die kliente wat ook in die vreeslike gesprek betrokke is dat die eienaar my moet help want soos hy dit stel hulle staan tog net en gesels. Dit is toe dat dinge hierdie boer se bloed laat kook want die antwoord wat ewe ongeerg aan die man gegee word en deur my gehoor word is "Hy kan maar wag ek is mos besig". Nou ja as hy besig was met iets belangrik verstaan ek dit heeltemal maar self die klient het dan gese hulle gesels net.

Ek het toe maar gevra dat hy die ou deurtjie vir my oopmaak sodat ek by 'n ander wapen handelaar "kan gaan wag".

By die ander winkel het ek toe nie gewag nie en ek het lekker "gespend" Ek is daar uit met net so bietjie meer as R3000 se goed.

Dalk word die klein winkels net te persoonlik en hulle moet waak dat goeie diens nie daaronder ly nie.

Ek sal nie sommer weer daar iets gaan koop nie ek ry eerder die stad in en trotseer verkeer ens maar ek weet ek kry goeie diens.

Dit is nou maar my 2c

THX
Ian
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by Frederik »

Ian,

Jy het die regte ding gedoen dit voel partykeer as jy in seker wapenwinkels instap dat hulle jou 'n guns doen.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by Gerhard Smith »

Ja jong dit voel hier in die kaap ook soms so maar gelukkig het ek n plekkie gekry waar dit nie so gaan nie boonop is dit die beste pryse by vere

Groete
Gerhard
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by Marc »

Dis nou hartseer  :'(

Ek probeer maar die kleiner outjies ondersteun so v?r ek kan, want more as ek net gou ietsie klein soek wil 'n man tog nie 100km v?r ry om dit te gaan kry nie  ??? Dis nou omdat die winkel op die hoek moes toemaak oor niemand hom ondersteun het nie  :'(

Ek is gelukkig en het seker op 'n baie goeie voet afgeskop, my "handelaartjie" sou my verseker eers gehelp het as ek so moes instap.

Moet seker darem bylas dat ek gere?ld daar koop en dus ken ons mekaar nou al baie goed  ;) seker 'n ander prentjie as mens onbekend instap en nie 'n "gere?lde" kli?nt is nie  ???

Hoop tog julle kan opmaak, albei gaan mekaar een of ander tyd nodig kry  ;)

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by visstok »

Viperian, ek sou ook geloop het, as my paar sente en vriendskap nie vir hom belangrik is nie, vir iemand anders sal dit wel iets beteken. As hy n nuwe klient so behandel, het hy seker genoeg kliente! Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 307
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by jacojrdn »

Ian

Dan is daar die ander kant van die storie ook. Jy soek iets spesifiek en hulle moet dit bestel. Omdat hulle nie so veel afslag gaan kry van die verskaffer as hulle nie groter bestellings in sit nie, wag jy baie male Baaaaie lank.

Al daar gekom ses maande na ek iets bestel het en hulle kan dit steeds kamtig nie in die hande kry nie.
Ry dan 50 Km na die groter winkel en hulle het n verskeidenheid op die rak teen n baie laer prys. Ek ry gereeld , en daarom vra baie van die ouens van die skiet klub my dan om vir hulle ook iets te kry, so verloor hulle nie net my besigheid nie maar ook ander sin.

Ek wil graag die son sien skein oor almal, maar as so besigheid dit nie maak nie moet hulle nie vra waarom dit gebeur nie.

Lekker dag

Jaco J
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by grumpy »

Ian, ek het dieselfde probleem hier by my. Ek is nie bang om die naam te noem nie, Hi-tech. As jy daar in stap dan lyk die man so half deur diek-k. Hy kla altyd die pryse is duur. Ek het nie gese die prys is duur nie maar hy het dit gese. Of hy het nie voorraad of hy wag vir dit, altyd verskonings. Ek ry nou maar die ekstra paar kilos, kry goeie diens en pryse en daar is altyd voorraad.

Wanneer hy sy deure toe maak dan wonder hy hoekom!!  :'(
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Kleiner plaaslike wapen handelaars

Post by JPS »

Grumpy,
Oom Vic van Hi Tech arms het my maar nog net goed behandel en sy pryse is baie beter as 3 ander winkels waar ek verby ry om by hom aan te gaan. Gaan by accupalco, limopo wild en outdoorsman verby na hom toe enige dag.
Soos hulle se, elke man soek sy slaai maar op sy eie manier. ;D

Groete
JP
Post Reply